Môre vriende,
Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?
Hier is die fb skakel.
Jors se Kampstories op fb ...
SKUINS BEDONDERD.
As jy nou vanoggend skrik en wonder wat het verkeerd geloop met Jors se Kampvuurstories FB blad, dat die man nou oor bedonerdgeit wil praat, ek is nie so nie.
Ek dink ons almal kry seker maar so nou en dan sulke bevliegings maar dit is oorgaande van aard. En as jy dit het en dit is verby dan besef jy dit was nie lekker nie. Dat jy dalk skaamkry vir jou eie reaksies en of dade.
Ek wil jul vertel van Oom Bedonderd (Koos) en Tannie Bedonderd (Stienie). Name is vir my eie veiligheid verander, ek glo jul sal verstaan. Jy mors nie met n atoombom nie.
Wat baie interessant is, is dat, hoe het die oumense nou weer gesê, hulle trek mekaar aan. Nou die oom en tannie moes mekaar aangetrek het. Geen regdenkende mens sal andersins met so iemand kan regkom nie. Hulle is altwee skuins bedonderd, soveel so dat dit n wonderwerk is hulle en die rondom hulle leef nog.
Dan sê hulle mos n ou moet elke dag dieselfde wees. Nou hulle is nou van daai soort mense, hulle is so. Elke dag so bedonnerd jy kan met hul toor.
Die meeste mense is bang vir hulle. Hulle loop ook altyd en skoor soek. Hoe meer moeilikheid hul kan maak hoe beter. Ek ken hul darem nou al n paar jaar, in my lewe het ek nog nie een van hul sien lag of smile nie. As jy jou beste trick trek sal jy op die meeste so skuins grynslag op hul lippe sien. Dan moet jy ook vinnig kyk voor dit weg is.
Oom Koos is n groot man, groot van postuur. Aan sy stap kon jy al sy persoonlikheid bepaal. Sulke ouens stap mos op n sekere manier, hou hul net dop. Hulle stap aggresief. Hulle loop hard, elke tree met n doel, asof die skoen hard op daai spesifieke plek geplaas moet word. Elke tree met presiesie afgemeet en teen n sekere trant. Hy is ook altyd haastig, dit moet vandag klaar, nie môre nie, vandag.
Tannie Stienie is korter en meer rond, sy het net aan haar bokant n lont gekort wat so sparkle, n lopende bom. Sy het in haar lewe menigte ouens agter n spitvurk of kruiwa uitgeklap as daar nie gedoen word soos wat sy gesê het nie. Maar boetie, kon sy kook. Haar hande staan vir niks verkeerd nie.
Hulle is ywerige werkers by n kerkbasaar. Jy kan maar op hul knoppie druk. Sulke mense is ook mos ouens wat eerder alleen funksioneer, in groepe kom hul nie reg nie. Jy split hulle ook nie, hulle moet saam bymekaar bly en werk, dan is hul happy sonder dat hul dit wys. Jy gaan meng ook nie in by hul tombollatafel nie. Jy koop jou goedjies en jy gee pad. Tensy jy nou wil hê broer dominee moet jou nog dieselfde week begrawe.
Oom Koos sal jou graf ook self gaan grawe. Hy is nog een van daai ooms. Die naasbestaandes grou die graf en na die tyd word elke sooi weer deur hulle terug gegooi in die graf, niemand anders nie. Baie respek vir die dood.
By hul kan jy ook al die nuus kry, met skindernuus was hul op datum. Het alles tot in die fynste detail geken. Tannie Stienie sal met haar styf gespanne lippies vir jou presies kan vertel van enige gebeurtenis. Asof sy n ooggetuie was.
As sy iets gemis het sal om Koos aanlas.
Het hul vriende, nie veel nie. Eintlik dink ek hul is eensaam. Maar ja ou broer, so verskil ons maar van mekaar. Leef en laat leef, het my oorle Pa altyd gesê. Sit vir ons nog so ou stompie op die kampvuurtjie jong, dan maak ons nog n bietjie koffie. Die pap is ook nou omtrent reg, gaan ons n worsie saam met hom braai?
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Ek gaan vanoggend probeer om vir jul n hakkelstorie te vertel. Julle moet net saam hakkel soos wat ek vertel anders gaan ons dit nie mooi regkry nie.
O O OUP OUP OUPA SE F F FORDJIE.
Me me me my oo o o ou oupa het n n n For Fodde fodde Fordjie gehad.
Een een eendag t t t toe wi wi wil h h hy vvvv vvvv vir ou ou ouma l l le le le leer be be bestuur da da daar oppi oppi oppi pl pl pl plaas.
Ma ma ma maar d ddd d die for ford fordtjie he he g gg g het nie br br bri briek g ge ge gehad nie.
O ou o o oupa si si sien o o ouma ga ga gaan vivi vi vir di di die ho ho hoe ho hoenderhok, en hy sê, o o o ou ou v v v vrou, n n nnno n o nou m m m mo o moe moe moet jy b b b bri briek.
M m m ma ma ma maar d d d die ford fordjie he he het nie brbr brieke nie. O o o ou ou ou ouma ry d d dw dw dwarsdeur die ho ho hoenderhok. J j j jy si si sien net ve ve vere en p p p po p poep po po pote trek.
Nodeloos om te sê oupa het dit nog eenkeer met ouma probeer toe het d d d i die l l long long longd longdrop in die slag gebly. Ag ek dink n ou moet dit eintlik self vertel maar nou ja, julle mag mos nou nie kom kuier dat ek jul self kan vertel nie.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Ek gaan vanoggend weer probeer om vir jul n hakkelstorie te vertel. Julle moet net saam hakkel soos wat ek vertel anders gaan ons dit nie mooi regkry nie. Lees maar sorgvuldig en hakkel saam. Ek hoop nou nie julle leer regtig hakkel nie.
Gister vertel van o o o o oupa sse se se se Fo fo fo fo Fordjie. Vanoggend vertel ek waar het oupa aan sy hakkel gekom. Dit is nou wat hy vertel, ouma sê hy lieg hy hakkel van kindsbeen af.
OUPA-HULLE SE HUWELIKSNAG.
D d d d di di DIT i i i IS NOU b b b bai BAIE j j JARE t t t te te te TERUG. D d d daai j j j j jare he he he het ek n n n nie, het ek nie ge ge ge gehakkel nie. So so som som sommer g g gou g g g gou h h h het ek j j j jou o o oum oum ouma g g g ge ge ge gevra o o o om te tr tr te trou.
D d d dada dar wa wa was was wasie ge ge ge geld vi vir ll ll l l lang h h honey honey honeymoon daai j j j jare nie.
N n n na d d d di di die troue i i i het on on ons ge ge ge gek geka gekap m m m m, e e ek m m meen m m m met dd dd die k met die k k k kapkar in in ing g g ge ge gery do o do do dorp toe. B b boek ee ek o o on on ons in in dd die h h h ot hotel in.
S s s so so som sommer g g gou g g g gou is o ons ii is ons i i in o o o ons k k kamertjie. G g gr grênd j j j jo jo jong, sê e e ek vv vir d d die v v vrou.n nn B b b bad m m met s s su su sulke g g goue l l le le leeu pote. M m m met n n s s stoel w w wa ek m m my br broek kan op op ophang.
n nn k k k katel w w w wati wati ka ka ka s s s st st st stil s staan nie. W W W we weweet jy o o ou maat. O o o om om omdat d d dit net n n n o o ou,e e ek b b bedoel, o omdat d d dit n n k k kort o o ou di di di dinges, d d die honeym m moon s s so k k kor kort is e e en e e ek ek ni wou h h hê d d d dit m m m oet ophou nie. H h hak e e ek d d da v vas. T t te lekker.
En n n net da He h het ek en net da da daar het ek b b begin h h hak hakkel, o o om d d d dinge n n b b biet bietjie u u uit te r r rek.
D d dit is h h hoe d d dit g ge ge gebeur het, sê hy.
Ouma sê, my kind, moet hom nie glo nie, hy jok vir jou.
Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf Google geleen

Jors se Kampstories op fb ...
EERSTE KARAVAAN.
Almal kan seker n storie vertel oor hul eerste keer. Of dit nou hul eerste kamp met n tent of n karavaan was. Die meeste gaan jou vertel hulle het gesukkel met die tent se pale. As jy nie n idee het nie kan hy jou nogal laat kopkrap.
Kuier ek eendag by bekendes in die kampfamilie. Ek glo nie hul gaan kwaad wees as ek hul name noem nie, Daan en Ilze Burger daar van Vanderbijl se wêreld.
Vertel ou Daan my van baie jare gelede, toe hulle nog jonk was. Hy ry n XR6 Cortina. Yep, so n witte met die windgat swart strepe langs die kant. Vet tekkies met blink mags.
Daan het in die mooi dorpie Clarens groot geraak. Hy en sy groot pêl Charles was groot in die kar bedryf en die opfix van enjins. Charles se universiteits suster se volla het maklik oornag van enjins verwissel as die twee skool knape besluit het hy kort n warmer enjin.
Nou ry Daan hierdie Cortina. En wat gaan jy nou anders verwag as dat hy nog warmer gemaak gaan word. Alles wat kan verander word om hom meer performance te gee, die doen Daan.
Hy word geboor, ek dink as hul hom nog groter moes boor het die silinders buite die kar rondgeloop. Elke tweede part wat in hom is begin met die woord Racing. Racing cams, die toetie.
Kyk, hy is soos hul nou sal sê witwarm. n Ding wat kan loop moet ook weer tot stilstand kan kom. Daar is aan sy remme verander om darem n torpedo te kan briek. Die volgende stap sou seker net valskerms wees.
Vir effek moes daar darem ook na sy klank gekyk word. Die beste uitlaatstelsel word opgesit wat die enjin tot sy reg kan laat kom. Hy moet raas. Die ander klank wat ook op daai jare se motors belangrik was vir jong mense, was natuurlik die sound system. Hoe meer speakers hoe beter. Daan-hulle was gewoond aan spoed. n Ding moet kan loop.
Nou weet jul hoe lyk Daan se trekvoertuig en ken jul ook so n bietjie nog die jongman Daan Burger wat by hierdie kar pas. Nou meer oor hul eerste karavaan.
Op daai stadium besluit hul om eerder nou met die gesin n karavaan te koop. Die soektog begin. Hulle loop n tweedehanse Fleetline Een raak en koop hom. Op daai staduim bly hul in Rosendal waar Daan by die polisie werksaam is. Dieselfde dag na die wa omtrent net afgestof is word hy gelaai en gehak agter die monster motor, en hul vertrek. Bestemming Clarens, Golden Gate om meer presies te wees. Die wat die pad nie ken nie, jy ry van Rosendal af eers terug Ficksburg toe, dan Fouriesburg Clarens na Golden Gate. En as jy nou gedink het dit is Vrystaat, hy het reguit paaie, nee, jy is verkeerd. Die Oos Vrystaat het passe en draaie, tussen die berge deur.
Daan sleep daai Jurgens dat hy soos n vlag agterna wapper agter die al die perde en sommer chop chop stop hul by die karavaanpark. Hul staan aan die verste punt van die park, oos van die hek. Nou ry hy deur die park om daar te kom. Die kombinasie met die enjin wat brul trek aandag. Daan sê dit het gevoel of die mense n erewag opgestel het vir hulle langs die paadjie.
Afgehak en geparkeer, het die mense kom kyk wat is onder daai enjinkap. Hul begin toe die goed uitpak om op te slaan. Uit kom die tent. Hamers en penne. Daar is nie n paal te bespeur nie. Daan hulle is omgekrap, hoe kan die man aan hul n wa verkoop sonder pale. Hy en vroulief wissel n paar woorde oor hierdie koop van hulle. Die tent lê uitgegooi en hulle is die heel tyd in en uit die wa opsoek na pale. Onder die karavaan in, daar is ook nie n pale boks nie. Een van die bure, n omie wat kom kyk het na die enjin sien naderhand hul dilemma en stap oor.
Daan vertel hom van hierdie karavaan wat hul so pas aangekoop het sonder pale. Ou seun, wag laat oom jou wys, sê hy en trek n flappie by die hak oop. Daar lê die pale mooi ingestoot in die trekraam van die wa. n Hele bondel pype mooi binne die vierkantyster, in die lengte van die karavaan.
Die bure het gehelp en vinnig het hul tent gestaan en begin die mans karre praat. Die ouens wil weet hoe trek hy. Daan sê hy sal moet gaan kyk wat is fout met sy kar. Hy sê, ek weet die pad is maar kronkelrig hiernatoe maar hy het nie gedink die karavaan gaan maak dat hy net 160, honderd en sewentig sal kan ry nie.
Na n goeie kopwas van sy medekampeerders het Daan hul toe lekker gekamp en dit was ook die laaste van vinnig tou. Hy het besef, met die kar is niks fout nie, die fout lê by hom.
Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf google geleen.

Jors se Kampstories op fb ...
WILLE WILLEM SPEEL WEER TENNIS.
Sit ek laas week hier en is verveeld. Ek besluit om sommer by my ou tennis klub n draai te gaan maak, vat sommer my raket saam net ingeval ek lus voel om daai bal teen die muur te gaan staan en slaan. Daar gekom is daar nie juis karre nie, n paar bekendes se motors en so n wit daklose Porsche. Man dit is darem vir jou n mooi kar. Ek sien al klaar in my geestesoog hierdie girltjie met haar kort tennis rokkie daar uitklim. Blonde haartjies so in n ponytail vasgebind om tennis te kan speel. Seker uitgery daar van Umhlanga af om bietjie uit te kom uit haar bekende omgewing. Al gehoor van die vroutjies het ryk mans en kan nogal so bietjie rondhang in klubs. By die klubhuis gekom sien ek n stok ou omie in sy spierwit tennis kleertjies waar hy n lemonade staan en drink. Die omie is so oud sy naam is in Hebreeus of Latyns geborduur op sy hemp se sak. Sy partner het nie opgedaag nie. Looking for a game vra die omie my . Ek dog so by myself, ai Oom jy is al klaar oor die muur.
Ek is ook nou al so bietjie oud maar ek is wragties nie oor die muur nie. Hy lyk al in elk geval of die wurms al begin vreet het so maer en skeletonerig is hy al. Hy lyk nou wragies of sy pêlle al besig kan wees om sy begrafnis te reël. Sy partner is seker n vrou en is heel waarskynlik besig om frikkadelletjies en hoenderboudjies gaar te maak vir na die teraardbestelling. Die ouetehuis se koor oefen seker ook n paar stukke in vir hierdie geleentheid. Onder sekere kulture is die gebruik dat die lyk n draai by sy huis gaan maak of plekke waarvoor hy lief was. Hy is egter so wit soos n spook. Vinnig kam my oë deur die parkeerarea om te kyk of daar nie dalk n lykswa daar staan en wag vir die ouman nie, miskien het ek hom gemis. Hy sien ek kyk na die karre waar ek weer die Porsche raaksien. Yep, my car, sê hy windgatterig. O, dog ek, een van daai oumans wat nou hier op sy ouderdom wil begin lyf rondgooi.
Okay, sê ek vir die Oom en hy sê dat hy sommer eerste sal afslaan. Dink so by myself, vandag begrawe ek jou ouman. Ek dog nog ek sal maar eers sagkens met die Oom speel, ek wil nie sy dood op my gewete hê nie. Die ou slaan af en die bal wip net so 5 millimeter binne in die speelveld en ek mis sy afslaan. 15 -love sê die ou. Sy tweede afslaan, ek hardloop waar ek dog die bal sou land en slaan, die is ook mis en ek bekyk my raket om te sien of daar nie n gat in is nie. 30-love se die Omie. Sy derde afslaan na die anderkant en ek hardloop maar daar kry my bene n Death Wobble julle weet daai jou enkels, knieë en heupe kry nie betyds die sein deur na die brein nie, ek hardloop gesig eerste in daai diamond draad vas, neus velaf en n permanente tatoo van daai diamond draad op my onderste lip.40 - love se die ou.
My afslaan, en ek dink jou ou bogger, nou gee ek nie meer om of jy n hartaanval, angina aanval en of jou testament op datum is nie. Kyk ek is nie n slegte speler nie, was nou wel nie op die klub se top 10 spelers nie. Ek haak daai bal, sal die ou Omie nie soos n ratse springbok na die bal spring en slaan hom met oorgawe terug, net so oor die net. Ek het hom glad nie daar verwag nie, om eerlik te wees ek het hom glad nie terug verwag nie. 0 -15 sê hy. Okay nou het jy daarvoor gevra, ek slaat daai bal so hard dat hy skoon oor en uit die speelveld vlieg. 30 - love. Love se dinges, dink ek en sit my beste poging in net om die bal teen die net vas te slaan. 0 - 40 sê die papegaai, my serve 2 sets to nuffin .
OK, sê ek, Serve the damn ball. Haak die oubaas af, no swearing on the court please. Kry ek n pak slae daai dag. Ek is druipstert daar weg, nie eers iets kouds gedrink na die tyd nie.
Nou probeer ek regtig hard om nie verveeld te raak by die huis nie. O ja, ek hou ook nie meer van n Porsche nie.
Vreugde en vrede vir julle.
Fotos vanaf Google geleen.


Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
WILLE WILLEM SE INGELSMAN SWAER.
Met die Covid virus storie raak almal van ons mos DIY ( Do It Yourself ) spesialiste. My suster is met n opregte Ingelsman getroud, sy Ma was engels en sy Pa ook, so dit maak hom mos n true Pommie. Wel sy het hom ingevoer vanaf Engeland voor die Brix storie anders was hy baie minder werd as vandag. Wille Willem sê, hy is nou n regte bleeksiel pen pusher.
Sy vertel my van die keer toe haar maer Engelsman te veel van Riaan se DIY programme gekyk het. Sy Afrikaans is maar so-so dus het hy meer gekyk as geluister. Met die lock down probeer hy toe sy hand aan allerhande nutsman probleme waarvoor hy in die verlede nie kans gesien het nie. Maar hy begin agterkom dat sy "kyk-en-luister" metode van jare gelede nie een honderd persent idioot bestand is nie. Sy eerste taak is om n gat in die muur te boor, sy Afrikaans laat hom in die steek, want hy gebruik n gewone staal boorpunt en brand amper die boor uit.
Hulle het so n takhaar seun met n ponytail. Hy weer is te sleg om enige iets te kan doen. TV games met allerhande controls en revolvers is sy spesialiteit. Die kan hy meesterlik in n lêende posisie vanuit n sitkamerbank doen. Daar sal hy die heel dag lê en bier suip, en die wit waks uit robot mannetjies skiet.
Ewenwel, die swaer van my. So gaan hy aan en probeer sy bes om homself nie aan stukke pyp of hout vasgeplak te kry nie. Een aand besluit hy dit is tyd dat hy vir die bedlampie ‘n nuwe skakelaar aansit. My suster baklei nou lank genoeg om hom sover te kry om die laaste stukkie koord met skakelaar en al te vervang.
Hy kry die lamp en die nuwe skakelaar en die koord wat onder die bed lê bymekaar en gaan sit op die kant van die bed.
Met aanvanklike Riaan DIY behendigheid en konsentrasie skroef hy die skakelaar oop en probeer uitwerk hoe die klomp drade daardeur moet gaan. Die instruksie boekie is ‘n mors van tyd. Die instruksies is vir ‘n nuwer model as die een wat hy vashou. Hy tel die koord op en trek aan die ‘insulation tape’ wat dik om die draad gedraai is. Dit is taai en sit mooi vas. Dit is omtrent hier waar hy weer nie mooi geluister het wat Riaan gesê het nie. "Maak seker jy skakel die krag by die skakelbord af voordat jy met elektrisiteit werk"
Sonder om te aarsel druk hy die koord se punt in sy kies en byt daardie ‘insulation tape’ vas en trek dit dat sy kop so skeef draai.
Dan kom die taai gedeelte los en sy tong en lip raak aan die koperdraad. n Koperdraad wat vol "No Load Shedding this week" elektrisiteit is. My suster sê sy het nog nooit so iets gesien nie. In die sekonde wat dit geneem het vir die skakelbord om te ‘trip’ het al daardie skop skiet en donder elektrisiteit deur Engelsman se kop getrek met die spoed van weerlig en hom so hard geslaan dat hy bo-oor die bed gevlieg het en aan die anderkant van die bed op die grond geland het. Sy bek het gekwyl soos n Cafe vlieg wat n bord chips gesien het. Die vasgebyte tape steeds in sy mond vasgebyt en in n string uitgerafel. Die draad was nog in sy hand vasgeklem waar sy hand vasgelock het toe die skok hom getref het. In die sitkamer het die cowboy seun net n swets gegee vir sy game wat onderbreek was.
Swaer het nog steeds op sy rug gelê, thup thup thup... spoeg hy die tape uit sy bek. Sy eie tong het plek gemaak vir, lyk soos n rooierige beestong soos wat hy opgeswel is en halfpad by sy bek uithang, toe sy seun die skakelbord se krag aan die anderkant van die huis aansit om sy game klaar te maak. Trek die krag weer deur Engelsman se hand wat vasgeklem is aan die draad. Dit lyk kompleet soos in die flieks soos wanneer die ouens n pasiënt met daai twee ronde strykysters choke. Hy hop so n meter op in die lug en val net weer so terug aarde toe. Slaan sy kop teen die muur met die valslag. Sy dun Ingelsman hare lyk nou soos springs wat in sy kopvel ingeboor is. Teen hierdie tyd het hy homself nou al nat gepiepie en earth hy nou oordentlik. Die draad het hy laat val en die kaal draad lê nou teen sy spierwit London been. ‘n Sekonde later skakel die geiriteerde cowboy weer die krag aan wat dan nou bly trip. Die krag gaan deur sy regterbeen reguit nat kol earth toe en Engelsman hop met ‘n skreeu eenkant toe en stamp sy kop weer teen die muur, sy tong nou al halfpad deurgebyt. Die rook trek by sy oopgebarste zip uit. My suster kry asem en skreeu vir die seun om die krag uit te los en te kom help. Die seun storm die kamer in met " what happened dad, you look like a ghost"
So kry hulle toe die arme Engelsman op die bed en gekalmeer. Die ambulansmanne het hom en my suter toe daar weg hospitaal toe. My suster sê hul het hul hande vol gehad met die man in die ambulans. Hy was so vol van die elektrisiteit, as hul weer kyk het hy soos n magneet met stretcher en al aan die binnekant van die dak vasgesit. Die magnetiese velde het al die noodtoerusting in die ambulans se naalde laat vasslaan. Tot die sirene het soos n maer vark so n lang gwoeiiii.. gwoeiiii.... geskree.
Hy is toe darem na n paar dae ontslaan nadat die dokters hom heeltemal ontlaai kon kry. Die swart gebrande broek met die stukkende zip het sy maar weggegooi. Die dokters reken sy earth en sy tong sal nog n rukkie vat voordat hulle heeltemal gesond sal wees.
Die Engelsman weier om enige DIY programme te kyk en hy het vir ‘n lang tyd geweier om enige elektriese goed te gebruik.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
BRAKPAN HORMONE
Vertel Wille Willem my die ding toe hy nog daar in Brakpan gewerk het. Hy is n appy, so hy is nog besig met sy ambag.
Brakpan is mos n plek op steroids. Dinge gebeur daar. Sommer baie dinge, en boonop gebeur dit vinnig en so aanmekaar. Dit is ook daar waar Wille Willem se naam vandaan kom. Hy vertel dat hy so gedoop is. Nou begin ek uitvis daaroor. Nee vertel hy sy van is Wille. Hy is eintlik Willem. Dit moes Willem Wille gewees het. Dit is hoe sy pa hom geregistreer het daar in Brakpan by Binnelandse sake daai jare. Hy vertel dat die dominee wat hom gedoop het vaak was en die dag by die doopvond deurmekaar geraak het en toe die fout maak deur te sê, ek doop jou Wille Willem. Sy pa het dit so laat staan, hy weer het gedog dit is maar hoe hul dit doen, eers die van en dan die naam. Sit ek die dag na die langnaweek in my werkswinkel en Oom Apie kom ingestap met sonbrille op. Hy lei my op. Oom Apie is self maar n rowwe omie. Dit is nogal donker in die werkswinkel, al die ligte is nog nie aan nie. Maar hy haal nie die brille af nie, en ek dink, Ai, was die oubaas in n barfight of het hy dalk vir n katerak operasie gegaan. Gewoonlik loop diesulkes met sonbrille op selfs in die nag. Ek vra hom, en nou Oom, die donker bril, was oom in n barfight of in vir n oog operasie? Wafferse operasie vra die ou? Nee sê ek vir die katerakte. Nee sê hy, dit is nie n operasie nie en hy haal die bril af maar sy oog is pot blou en toe geslaan. Ek sê, ag nee Oom moenie vir my sê Oom was weer met die tannie se 125cc na n biker naweek toe nie. Die het hy n ombouing gegee en n driewiel van gemaak vir die tannie. Sy het beginne swaar loop en beweeg. Alles om dit vir haar makliker te maak. Hulle raak nou oud. Oom Apie kort duskant aftree. Hy was baie trots op die bike wat hy so verander het vir die ou vrou en het orals gebrêk met hom.
Nee ok nie, sê Oom Apie en hy kyk rond in die werkswinkel of daar nie iemand is wat hul kan hoor nie. Maar jy sê vir niemand nie gehoor, ek maak jou dood as dit uitkom. Ek maak daai Cross my heart bra teken en hy beginne vertel .
Jong die auntie het mos daai hormoon probleem, jy weet die “hot flushes“ en al daai ander goeters saam, so sy kry inspuitings. Nou ek weet nie wat die inspuitings aan haar doen nie maar sy gedra haarself al hoe jonger by die dag. Drink ook elke dag n handvol pille wat die aptekertjie heel gewillig aan haar verkoop. Hoeka gesien ons apteekrekening skiet die hoogtes in.
Vertel Oom, vertel sê ek, ek meen hy moet my mos leer en as jong man is ek ook nou die ene ore om te leer. Hy sê, gisteraand sit ek op my stoel in die voorhuis en sy kom daar in met n mini rokkie en sulke net stockings aan met n draagbare radio /tape speler en sit hom op die tafel. En sy sê, Pappa vandag gee ek vir jou n “striptease “ wat jy nie sal vergeet nie, sy trek allerhande goed daar uit n plastic shopping bag. Toe weet ek, ek is in vir n ding. Maak sy my daar vas aan my stoel met allerhande goete, glo dat ek nie die show kan onderbreek nie. Sy klouter daar op die tafel en sit die tape aan, sulke disco musiek en sy begin haar lyf te swaai, my eie paaldanser sonder die paal. My ou vrou wat sukkel om deeske dae te beweeg het nou n bounce in die ledemate wat ek nie ken nie. Sy gooi sulke handevol blinkertjies in die lug en blaas hul so oor my, te pragtig man. Sy het so lae bloes aan en die houers bons so rond en toe sien ek die Tattoo. n Tattoo Oom, waar vraag ek ? Hy sê hier so op die bors nogal, n klein seuntjie wat op n rots piepie, soos daai beeldjies wat hul in die tuine sit, wei hy uit. Toe hy so na sy bors beduie terwyl hy vertel, toé sien ek eers sy hande is aanmekaar vasgeboei. Heng Oom sê ek dit is nogal n gedoente. Ja sê die ou en sy dans so woes dat die seuntjie naderhand die klip mis piepie en net daar gee die tafel in en sy val daar af maar in die valslag skop sy my in die gesig met haar hoëhak skoene. Ek is onderstebo met tafel en al, in die val breek sy haar heup en ek lê op die grond met die boeie aan die gewrigte en vasgebind aan die stoel. So het Maria ons vanoggend daar gekry en op gehelp. Met die ouderdom saam kan die vrou om de dood nie onthou wat sy met die boeie se sleutels gedoen het nie.
Man sê hy nou sommer vererg, wat sal ek jou nou al die dinge staan en vertel, bring die grinder dat jy my kan los kry, die vrou wag vir my by die hospitaal.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampstories op fb ...
Die volgende storie is nie vir taalgevoeliges nie. Nie vuil taal nie, net gemeng.
KARRE OP STEROIDS.
Net gister vertel ek julle van Brakpan hormone en allerhande dergelike dinge, toe dink ek, ek moet dalk n bietjie praat oor manne en hul karre, of wil jul eerder hê ek moet sê motors. n Warmgemaakte kar klink net vir my warmer as n warmgemaakte motor, is dit nie? Dit klink ook n bietjie meer tappid en of dit meer by n kar pas.
Dit is hoe daai ouens gepraat het. As jy so n bietjie mallerige goed aanvang sal die ouens sê jy is lekker tappid. Nou praat ek van die manne van daardie jare. Die brylcreem en zol agter die ore tye. Ja, die rowwer ouens het maklik n sigaret genip en hom so agter die oor ingedruk.
Daai ouens het ook mos n spesifieke manier van stap gehad, so asof hul nie hak eerste neersit nie, en dan sit hul so n bounce in die bal van die voet as hul so n hop in die stappie insit. Die manne se arms was ook nie heeltemal reguit nie, die het soos n gorilla sin langs en verby die armpit geswaai.
Materiaal was ook skaars daai jare, Stovepipes wat so n bietjie kort is was in. Jou wit sokkies en skerppunt skoene moet ook darem kan wys. Dan het hul vir effek sulke blink stud tipe goed agter in die skoen se hak ingedruk wat dan so geklap klap het as jy loop. Amper soos n perd wat met nuwe hoefysters beslaan is.
Maar dit is nou genoeg van die drywers, nou meer oor die karre.
Hulle was warm. En as jy nie geld gehad het nie moes hy darem ten minste net warm gelyk het. As die enjin nie oordentlik kan raas nie, slaan dan n paar gate in die silencer in die exhaust laat die ding darem net warm klink ook.
Die enjins het alles ingehad wat met racing te doen gehad het. Tot op maksimum uitgeboor. Groter enjins is ingedruk in die plek van kleintjies. Stel jou voor n Oshkosh enjin in n Anglia. Nee, darem nie so erg nie maar baie naby.
Dan was die rims en die tekkies ook van kardinale belang. Hulle moet breed en vet wees. As hul kan blink nog beter.
n Vuil kar was uit, hy moet silver skoon wees, Sy tyres moet blink gepolish wees. Hulle sal die hele Saterdag spandeer om daai wa inry gereed te kry. Saterdagaande was inry toe gaan saam met jou cherry die inding. Na die rolprent was dit roomys by die roadhouse.
O ja, en jou arm moet by die venster uitsteek, anders lyk dit net nie reg nie. Dit is darem afterall die eienaar van die kar wat agter die wiele is.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
DUCKTAILS
Eergister het ek jul vertel van Brakpan Hormone, en gister so bietjie gepraat van karre op steroids. Nou lyk dit vir my ek het n ding hier kom oopkrap wat baie herinneringe terug gebring het van daai jare.
Ek kry die gevoel hier is n paar manne (ducktails) wat lus is om die brylcreem en kamme agter uit die kas uit te krap en die paar haartjies wat nog oor is so met n windgat kuif eenkant toe agter die oor in te wil kam.
As karre nog aerials gehad het, het hy dadelik gaan kyk of daar nie n plastic lemoen in die kleinkinders se speelgoedboks is nie. Die aanvraag vir hondjies wat hul koppe so skud in die karre se agterruite gaan so hoog wees, die Chinese gaan skeepshouers vol kan invoer.
Moenie vergeet van die chrome stuurknop op die stuurwiel nie. As jy regtig "lanie" was, dan was hy van rooshout wat so blinkglans gehad het.
Maak jy daai karre se bonnets oop. Man, mooier as mooi. Chrome tappet covers. Chrome dipstick en airfilter cover. Alles wat gechrome kan wees blink.
Vertel iemand my van haar suster wat op n blind date gegaan het, sommer met die wegtrek sê die outjie vir haar, "Draai bietjie die agterruit oop dat jy sy beat hoor" , iemand anders vertel van haar broer wat een gery het, sy vloere was al deur geroes, jy kon sien hoe blits die teerpad onder jou deur.
Die exhaust is maklik vervang met n staight pipe vir ekstra beat. Agter by die bumper kom daar sulke dik blink pype uit. As hy mooi loop moet hulle grys brand. Dan is hy gefine tune. Baie van hulle het egter maar lekker gerook.
O ja, en toe ruk die ooms en tannies gister na my plasing hul "onthou jy nog kaart uit" Ja ek onthou. Ek onthou die Sondagaand in Klerksdorp se hoofstraat met die karre. Die windowshopping. Die uittrek tapes wat fullblast Beatle Songs speel. n Pel van my met n Cortina was n Countryman, sy klank ook voloop gedraai.
Ek onthou die dice straataf, die straat word eers daai aand bepaal sodat die cops ons nie kan kom pla nie. Die speedcops op hul bikes.
Ek onthou die inrye, hulle second shows, hoe gewild die agterste rye in die inry was. Die gesoek na n speaker wat nie suis en kraak nie. Hulle kafeteria met vars hamburger en chips. Ek onthou die manne wat met die speaker steeds in vensters wegtrek en dan hul fout agterkom. Die toeter druk van die ouens vir n ou wat laatkom en dan die screen kom verlig met sy kar se ligte soos hy oor die hobbels ry. Ek onthou die ligte flits op die screen as die pouse te lank duur of die man by die projektors vat te lank om weer die film te las. Die rooi gloed op die doek as die skerp lig die film afbrand.
Die toegewasemde ruite, ja ou broer, ek onthou.
Vreugde en vrede vir almal.
Jors se Kampstories op fb ...
JUWELE VS SUURMELK
Baie van julle dink seker nou hoe gaan die man hierdie twee bymekaar bring.Ek wil jul vanoggend vertel van die menslike juwele en dan die suurmelk mense.
Nou vat ek jul terug na die sestiger jare. Moeilike tye, swaar tye maar seker van die beste tye vir baie van julle wat nou al n bietjie ouer is.
Ek het jul al vertel ek is n boorling van Ventersdorp en dat my oorlede ouers n melkery bedryf het neffens grond buite die dorp langs Schoonspruit n standhoudende spruit gevoed uit Die Oog, n fontein.
Eintlik moes ek gesê het menslike juwele teenoor suurmelk mense. Kom ek vertel jul eers van die suurmelk mense. Aan die buitewyke van die dorp bly daar n gesin, man en vier kinders in n huurhuisie. Hulle was nuwe inwoners daar van Westonarea se wêreld. Die man het blykbaar sy werk verloor.
Hul was regtig arm, die man het stikwerk gedoen. Die vrou was ook werkloos en het seker maar bedags die opgeskote kinders versorg. My pa het hul jammer gekry en gesê hul kan elke dag n gallon melk gratis kom haal by die melkery. So gesê so gedoen. Na n ruk kom daar n vreemde werker daar aan en sê hy werk nou vir die mense en dat hy net hul melk kom haal. Ja, jy het reg gelees, die arm mense het nou iemand gehuur om hul gratis melk daagliks te kom afhaal.
Die vrou en kinders het egter die dorp vol geloop en aalmoese aanvaar. Dit terwyl die man dikwels by die huis gesit het. Dit blyk toe te wees dat hul te sleg is om te werk.
Op n staduim het hy n meer vaste werk gekry by die spoorweë waar hy n spooroorgang moes beman. Daar het hy dan die verkeer met n rooivlag gewaarsku sou n trein aankom.
Die werk kon hy ook nie lank hou voor die drank hom uit die werk gehad het nie. Net daar het my pa die melkkraantjie toegedraai nadat hy die man goed die kop gewas het. Dit blyk toe te wees dat die werker as deel van sy betaling met van die gratis melk vergoed was. Melk wat by hul gestaan en suur raak het. Ja, die suurmelk mense.
Dan was daar ook n ou oom en tannie in die dorp, oom Koot en tannie Drien. Die juweel mense. Hulle was al bejaard. As ek nou moet skat so in hul laat sestigs. Arm mense, hul enigste vervoermiddel, n swart bicycle. Oom Koot het n paar beeste gehad, die het gratis op my pa se grond geloop bedags, laatmiddag het hy hul kom haal met sy sweep in die hand en dan is hy dorp toe met hulle. Daar op sy erfie by n sinkplaat stalletjie is hul dan gemelk vir huisgebruik.
Die volgende oggend is hul weer gemelk en die beeste is dan weer veld toe gevat.
Hul huisie was n sinkhuisie. Een slaapkamer, sitkamer, badkamertjie met n sinkbad,tafeltjie met n waskom en beker, en n kombuis met n Welcome Dover stoof. Daar het hul gebak, beskuit, koekies, die heerlikste gebak. Die het hul verkoop, asook tannie Drien se eiers wat sy uit haar hoenderboerderytjie agter in die erf geproduseer het. Vars gebak en vars eiers verkoop elke dag vir n inkomstetjie. As daar n pint of twee melk te veel was, is die ook verkoop.
Hul huisie was altyd silwerskoon. In die sitkamertjie het n bal en klou bank gestaan met twee los bentwood stoele.Teen die muur n portret van Bloedrivier, kan jul daai portrette onthou. Teen die ander mure ou geraamde fotos van hul ouers, donkerbruin ovaalvormige houtrame met swart en wit verbleikte fotos. Houtvloere, blink gepoets. In die kamer n gietyster bed met n hangkas. Bokant die bed n gebed in so n dun swart raampie.
In hul huisie was jy altyd welkom, sal nooit die reuke van daai stofie, koffie en gebak vergeet nie. Altyd swaar in die lug gehang.
Hulle het nie kinders gehad nie. Kon blykbaar nie het ma-hulle vertel. As jy loop word daar n paar koekies in n papiersakkie gesit wat vir ma gegee moet word.
Ek sien oom Koot met sy sweep weer agter sy beeste, ek ruik weer tannie Drien se kombuis en ek verlang na die vrede en stiltes van daardie tye.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagse vriende,
WILLE WILLEM EN SY SPANNERS.
So vertel Wille Willem se vrou my die ding van Willem en sy spanners. Nou hierdie dinge het alles in n plek gebeur waar dinge regtig gebeur, daar in Brakpan. Sy sê die plek se naam kon net sowel Oliepan gewees het, want die ou wat nie een het in Brakpan nie hoort nie daar nie.
Omdat die hele Brakpan mechanics is, is n spanner n belangrike ding. Tot die penpushers is deeltydse mechanics. Dit is nou net hier waar die moeilikheid begin. Die ouens het nie genoeg tools nie en begin dan oor en weer leen. Van die manne is traag om die goed terug te bring. Willem het naderhand ń in en uitboek sisteem in plek gehad, hy moes nog steeds sy spanners loop vra. Toe besluit hy, tot hiertoe en nie verder nie en trek sy dinges in n krul toe hy die handbriek vastrek op die spanner lenery.
Sy vertel Willem werk weer die dag daar aan sy kar. Die trek hy altyd so langs die kombuisvenster en agterdeur. Dit is nou sodat as hy parte moet was dat hy naby die wasbak kan wees. Natuurlik help dit ook om nader aan die yskas te wees. Die garage se deur is dan ook so meter of wat verder voor die kar se bonnet. Daar is al die tools teen die muur uitgestal en langsaan n rak met brakefluid, enjin cleaner, n bottel antifreeze en dan natuurlik n bottel of twee brandewyn wat so agter n oliekan weggesteek word. Sy sê, sy is ook darem nie van vandag af met Wille Willem getroud nie, sy ken al daai tricks.
Die dag dra hy nou n klomp tools daar uit, timing light en allerhande goed waarmee jy fine tuning doen. Hy sê, vandag is die dag, hy gaan vir hom nou mooi instel. Naderhand skree hy daar vir haar om twee biere te bring, sy is sommer dadelik die dinges in, dat hy nou twee biere order. Sy stap uit en sit hul op die kar sê dak neer, hy is nog steeds besig onder die bonnet. Amper klaar sê hy. Sy tel n dertien en tien spanner op. Sy weet mos nou al wat gaan gebeur, hy gaan uitkom en die kar kom start, dan ref ref ref hy hom so om te hoor hoe klink hy nou.
Sy hou haar hande agter haar rug, n spanner in elke hand. Hy kom uit, sê ewe, hy is nou witwarm, ek gaan ou Frans nou in sy dinges in wegry, jy gaan hom nou hoor. Hy start die enjin, terseldertyd begin sy die twee spanners so teen mekaar tik....tik....tik, hy vlieg daar uit vorentoe onder die enjinkap in, ref ref hy hom so, pas sy net haar ritme aan. Sy was darem nie verniet op laerskool in die konsert met daai driehoek goedjies wat sy so laat tieng tieng tieng het met die ysterstafie nie, en dit nogal op tyd. So het sy Willem lank besig gehou, naderhand bring sy haar hande vorentoe en slaan die twee spannertjies so teenmekaar. Hy sien dit, sy moes hardloop vir haar lewe, so is hul n paar keer daar om die huis. Naderhand was hul stokflou. Hul kom daar tot stilstand langs die kar waar hy te pragtig staan en idle. Hul val in mekaar se arms, hy sê, hier is vir jou ook n bier en stop hom in haar hand. Ref ref hy hom so en sê, magties hy is nou gaaf. Ek gaan jou terug kry sê hy en vat nog n sluk.
Môre krap sy dinge nog verder om.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
TAPPETS.
Ek het jul gister vertel op Jors se Kamvuurstories van Wille Willem en sy spanners. Hoe hy sy kar altyd hier naby die kombuisvenster park dat hy naby die wasbak kan wees as hy olierige parte moet was.
Nou die Brakpanners se eintlike mechanic werk is oor naweke, Saterdae. Dit is wanneer die vrouens in die tuin werk en die manne aan hul karre vroetel. Deur die week word daar al beplan wat hul op die dag gaan doen. Die manne is ook nogal gewillig om mekaar te help as iemand hulp nodig het. Dit is ook die enigste plek in ons land waar jy sal hoor ek het vinnig vinnig die enjin uitgepluk, die pistons en ringe vervang en die enjin terug gedruk. So ruk en druk hul n ding vinnig reg.
Willem verkoop sy warmgemaakte Anglia en koop vir hom n 3 Liter Ford. Dit is nog iets wat n Brakpanner vinnig kan doen, dit is om karre te swop. Hulle wissel baie van motors. Hulle word ook so effe de hel in as jy praat van n motor, n motor is n enjin. Net n enjin, n kar is n enjin, wiele en al die ander goed wat jy saam n kar kry. Dan moet jy ook check hoe jy enjin sê, jy sê hom "engin" met die klem op die GIN. soos in drank se gin.Nie dat hul dit eintlik drink nie, hulle is Klippies en Coke manne. Die Gin los hul vir die vrouens wat kan, die wat kan grasnyer stoot.
Nou sê vra Willem, ken jy n 3 liter Ford. Pappie, hy is wild, willer as die wildtuin. Hy rol n teerpad sommer nou nou op dat dit lyk soos bale wat in n boer se teflande lê. Ou maat, hy is witwarm.
Kom sy pêlle daar aan, gewoonlik met n bottel so onder die arm vasgeknyp, om te kom kyk wat werskaf hy groet hul mos ook anders, hul groet so met n wysvinger en pinkie in die lig, die res van die hand in n vuis,🤘"Howzit my bra" , sou hul naderhand weer loop groet hul net met n "ek check jou" Enig in hul soort man, enig sê ek jou.
Maar kom ek kom terug by die 3Liter Ford. Willem vertel dat dit nou n lekker kar is, maar as jy nou vir hom oordentlik gery het is sy tappets geneig om los te kom, hulle lock nie lekker nie, elke Saterdag stel hy hulle.
Nou sê sy vrou, wag dat ek vir Jors vertel.
So is dit weer sulke tyd Saterdag middag en Willem is onder die kar se bonnet besig om tappets te stel. Die kar is in die agterplaas, weer so reg langs die kombuis venster indien daar parte gewas moet word. Ek sien hom so onder die bonnet vroetel en ek kry n plan, sluip so na die kar en glip by die passasiers kant se deur in wat oop staan. Nou loer ek vir hom tussen die dash en bonnet deur die venster, hy het geen idee ek is in die kar nie. Hy is omtrent klaar gewerk en check nou net dat alles reg is. Hy wil die olie check en druk so met sy een hand op die radiator en rek vir die dipstick, as hy hom raak, druk sy die hooter so n vinnige toet. Ou Willem skrik hom lam, slaan sy kop teen die bonnet soos sy kop agteroor ruk. Doen weer dieselfde, druk en reik, vroutjie blaas die toeter. Net die een vinnige toet. Weer die kopslaan gedoente en spanners wat val , toe hy buk om die spanner op te tel sluip ek vinnig uit die kar terug kombuis toe. n Rukkie later kom Willem met so frons op sy kop die kombuis binne En nou, vra ek? Nee sê Willem, die damn Ford het n short êrens elke keer as ek aan die dipstick vat blaas die toeter. Hy is nou weg, maar ek sal moet soek, netnou brand hy uit.
Sy sê, sy was nie daai dag lus om te hardloop vir haar lewe nie en het net doodstil gebly. Eers een aand om n braaivleisvuur vir hom en pêlle daarvan vertel. Lag hul te lekker oor hiedie short met die hooter.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
GHOLF EN CONTACTS.
So hoor Wille Willem by n pêl wat n garage besit daar in Brakpan dat dit die plek is waar jy contacts optel, op n gholfbaan. Die pêl, ou Spanner, dit is sy bynaam, vertel dat hy ook eers onlangs begin speel het en steeds n beginner is, speel op n 24 voorgee. Maar boetie, het hy nou al pêlle gemaak, veral as jy nou meer Joburg se kant toe gaan speel. Daar tel jy nou die ouens op met engineering shops wat n kar se engin tot op maksimum kan uitboor, eienaars van spares shops, scrapyards, al daai tipe ouens. n Windgat ducktail se droom, sê ou Spanner.
So begin Willem shopping doen, hy soek n gholf stel. In Brakpan weet jy sommer waar om te soek. Die ouens wat kan speel gaan Pro-shop toe, ouens wat begin gaan Pawnshop toe.
So koop hy n stel Ping's. Hy vertel as jy die bal reg slaan maak die klank so n ping geluid. Syne het net altyd n doef geluid gemaak, hy dink sy stokke was n dut.
Hy en Spanner en nog twee Brakpanners ou Wedgy en ou Smokey, almal beginners begin saam oefen. Ou Wedgy se naam kom nie van n gholfyster, n wedge vandaan nie. Die het hy gekry oor sy broeke so op getrek het. Willem sê dit is die enigste ou wat hy ken wat goed nie afsak nie, syne gaan op. Smokey weer het sy naam gekry oor sy kar wat so rook. So spreek hul weer af om die Saterdagoggend vroeg af te slaan vir nege gate. Maar n Brakpanner gaan nooit onvoorbereid nie, sê Willem, hy het n liter brandewyn en n 2 liter coke in die kantsakke van die gholfsak. Vier plastic glasies vir die wis en die onwis.
Nou kyk om vier Brakpanners op n golfbaan los te laat op n Saterdag oggend sonder “supervision “ is om moeilikheid te soek. So sê hy voor hul afslaan “Ag man die golf is vervelig kom ons speel n slag anders .” Okay so wat het jy in gedagte vra Spanner. “Right “ sê hy “ Ons slaan gewoonweg af maar die ou wat die verste van die putjie af lê moet n strafdop drink” . ”Dit kan werk “ sê Wedgy. Hulle slaan toe af. Dit blyk toe almal het n liter of wat saam gebring. En so drink die ou wat die verste lê van die gaatjie elke keer sy strafdop. Ek natuurlik vat my golf ernstig op en ek bly tussen die voorlopers. Naderhand slaan die ouens sommer net omdat die brandewyn lekker is.
So nou en dan slaan ek om die lyf soos ek hoor hul praat op die baan, dan slaan ek hom heel weg. Bosse toe.
Op n staduim is ek daar in n bos en ek roep na my caddy, "caddy, waar is jy" , ver weg hoor ek "hierso my baas", ek skree, los die bal en kom soek my. Ja sê Willem, die drank het my laat verdwaal.
Hier by die 7de putjie is daar van die manne wat al warm is, hulle loop met die hande om mekaar se lyf en sing iets van “As ek moeg word vir die lewe in die stad ” . Die wat nie caddy's het nie, sleep hul sakke sommer so op die grond. Ek besef ek sal moet nugter raak voor ek by die huis kom. Sien van daai water sproeiers wat so spuit, daai wat so tjik...tjik.....tjik en gryp 1 en drink monde vol water. Ou Spanner duik my skoon uit my skoene uit .” Hey nee man, jy moenie hierdie water drink nie dis riool water “ Ek sit op my allie en trek weer my skoene aan “Hoe voel jy “ vra hy. Nee sê ek, ek voel goed, die water het mos nog nie al die organe ontmoet nie. Hul druk n brandewyn bottel in my bek en sê sluk, dit sal die kieme doodmaak. So speel die manne klaar strafdop golf. En vaar die klubhuis al singende in.
Ek besluit ek gaan maar huistoe ek wil die rugby by my eie huis gaan kyk. Sê al my Ghoebaai’s en vat die pad. By die huis gekom sê die vrou ek ruik soos n rioolplaas wat n shebeen ingesluk het, ek het net my bek gehou. Maak ek myself tuis voor die TV met “snacks” en drink goedjies. Teen die tyd het die riool water nou kennis gemaak met al die organe en hulle goed die dinges in gemaak. Al verdediging wat my maag het is om gas op te bou en ek voel hier kom die 1ste een maar ek laat loop hom sommer so bolangs met burp. Mensig man, ek staan op en gaan maak die voordeur oop. Toe die 2de een kom besluit my lyf hy vat sommer die roete wat die minste weerstand bied, net soos my 3liter Ford, exhaust toe. Daar sit ek en backfire soos n kar wat se timing heeltemal uit is. Die hond wat langs my op die bank gelê het spring op en gee my so vuil kyk en loop lê buitekant.
Ek voel hier kom n ding, my oë raak so waterig, die TV en alles daarop raak uit fokus. Skop Naas pale toe dan cheer die skare, dit terwyl ek self gesien het hy was regs verby. Ek trek daar weg, gang af. My toonnaels krul soos n kat sin om soos wat hul vastrapplek soek in die gangmat.
Paul Kruger en Bloedrivier se portrette het so skeef gehang in die gang soos wat ek by hul verby is toilet toe met die rukwinde.
Ek skree soos n karoovlermuis wat se radar opgepak het en wat nie landingsplek kan kry nie toe ek die deur ooppluk en my vrou op die toilet sien sit.
Na skoon klere en n shower het ek eerder in die bed gaan klim. Helaas was dit nie die einde nie. Teen drie uur skrik ek wakker, vir n oomblik gedink ek is weer op die grens en dit is n mortierbom aanval soos wat die goed ontplof.
Vir die res van die nag het ek soos n chopperpilot loshande daar op daai troontjie bly sit.
Ses uur het ek soos n wafferse bokser op die skaaltjie neffens die wasbak opgeklim en ingeweeg. n Volle 4 kg ligter as gister voor die gholf.
Na n draai by die dokter en n bakkievrag medisyne is ek darem toe oraait. As jul van iemand weet, my gholfstokke is te koop.
Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf google geleen.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
DELWERS.
Ek het al n paar stories oor die ouens geskryf, veral oor Kimberley se manne. Ek wonder of jul geweet het hoe om na my stories te gaan delf.
Kom ek leer jul gou om self delwers te word. Op die groep waar jy nou lees kan jy bolangs kyk dan sien jy n vergrootglas, click op hom, tik jy daar Jors van Heerden in kry jy al my storie bymekaar. Tik jy Jors van Heerden Kimberley in haal hy daai stories uit wat die woord Kimberley bevat. Is jy lus vir spookstorie, "Jors van Heerden spoke" en fiola, daar is hulle. Andersins kan jy net by die gewone FB blad dieselfde gaan doen. En daarsy, daar is jul ook nou delwers.
Op jou groepe kan jy nou lekker gaan rond delf. Sou jy iets wou weet sê nou maar van houtvrot op karavane, haal hy al die dinge daaroor uit op daai groep.
Maar kom ek kom terug na die delf storie. Ons ry vandag n bietjie Drakensberge toe, nogal diep in die berge in. Ek vat my siwwe saam, ek gaan delf vir stories. Ons is so n groep van nege mense. Tussen hulle gaan daar al n klomp stories uitkom. Kyk ek ken hulle, hulle leer nie om nonsens te praat nie, dit het hul geleer doen toe hulle nog geleer het, en dit was voor 40. Jare se ondervinding ou broer, jare sê ek jou.
Nou daar gaan ek n bietjie delf. Baie goed val dwarsdeur die siwwe, ander steek so bietjie vas. Die bestes hou ek om jul te kom vertel. Baie stories neem vorm aan deur waarneming, dikwels mede vakansiegangers, baie keer dinge in die natuur en mense se reaksie op dit wat hul waarneem.
Ek gaan so n paar dae afvat, so jul moet maar n bietjie gaan delf vir my ouer stories. Maar as daar nou regtig een soos n vlakhaas hier reg voor my opspring gaan ek hom jaag en julle van hom vertel voor my geheue my in die steek laat. Ek sal so nou en dan n fototjie opsit, net om jul lus te maak as ek na julle verlang.
Dit is nou amper twee jaar wat ek elke dag n storie vertel, so daar is baie, julle behoort nie te sukkel nie.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Man, het ons nou vir jou lekker gekuier daar in die Drakensberge. So n klomp lekker mense kan mos net lekker kuier. Daar is nou boerdery gepraat, gastehuis stories, modeontwerp, binnenshuise versiering. Jy noem op, ons het daaroor gepraat.
DIE JONG VERS WAT WOU BUL VAT.
So vertel een van die manne daar van die ou wat stroopwerk doen. Maar blykbaar was die ou redelik bekend daarvoor dat dinge nogal kan verkeerd loop waar hy en sy mense is. So is hy eendag op pad om met die stropers te trek. Julle weet mos n stroper loop redelik wyd. Twee van sy drywers ry elkeen met n stroper deur die dorp, die pad word n drielaan eenrigting pad en die twee besluit om te dice.
Die wat n stroper ken sal weet dat dit nogal n moeilike ding raak om te beheer as hy te vinnig loop. Hulle sweef amper soos van meleë se karre oor die pad. In die hoofstraat sweef hul inmekaar in en daar word al drie bane geblok. Die hele dorp se verkeer is ontwrig. Hy bel die boer waarnatoe hy op pad was en sê hy gaan laat wees.
Van daardie dag af het die dorp se speedcops die man fyn dopgehou. Hy besluit toe om vir veiligheidsonthalwe in die toekoms die stropers self, een een, deur die dorp te vat.Die bakkiedrywer ry hom heen en weer. Dit het goed gewerk tot n ou hom eendag so aan die buitewyke van die dorp met loeiende sirene en blou ligte verbygaan en wil aftrek. n Stroper stop nie soos n renmotor nie en die verkeersbeampte het nie daaraan gedink nie. Kort voor die stroper gaan stop hy.
Daai man probeer uitswaai, pure verniet. Met sy een breë stroperwiel beklim hy daai wit BMW se gat en trap hom in die grond in, dit terwyl die beamte besig was om uit te klim. Dié het heeltemal van kleur verander en is so wit soos n spook.
Ry hy daai bloulig karretjie met lig en al in die grond in. Die ou alarmpie het so moeisaam en flou nog so gewooie .... wooei.... en toe stilgeraak.
By sy boeteboek kon hy nie uitkom nie, die lê vasgetrap op die sitplek. Bel hy die boer wat vir die stropers wag, baie verleë dat hy gaan laat wees. Hy vertel toe van die BMW vers wat nou net wou bul vat, toe was die bul al die tyd n stroper.
Vreugde en vrede vir julle.
Stroper foto vanaf google geleen.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
OU RY EN SITGOED.
Sit ek gisteraand so skuins op n bank, bene ook so skuins oor die sitplek, maar my voete was af, hoor, ek belowe!
My regterarm rus so op die bank met my regterhand in die lug, weet nie hoekom nie, dit is net of my hande rus as hul so regop staan. Seker maar omdat hul die heeldag soos n bobbejaan sin so langs jou hang. Kyk nogal 50/50 op daardie staduim. En weet julle wat sien ek? Ek sit vir my regterpols en staar en sien hoe my hart die bloed deur my polse pomp. Die aar bult en sak op reëlmatige ritme.
Man, toe loop hierdie kop van my darem wilde draaie. Met groot dankbaarheid weet ek waar elke polsslag, elke sekonde vandaan kom. Die een volg op die ander. Tydperk onbekend. Ook maar genadiglik.
Miskien sal n ou n bietjie mal geword het as jy geweet het op water datum en tyd die "THE END" vir jou begin flits het. Selfs dit sal jy nie eers sien nie.
So wonderlik as wat ons aanmekaar gesit is, net so stupid kan n mens ook wees. Nou praat ek van die dinge wat ons kan aanvang. Kyk, ons kan mos heeltemal uithak.
Dit is eintlik waaroor ek wil gesels. As n ou nou so ouer raak dan raak jy nog meer so n bietjie snaakser. Man, nou het ek dit darem mooi en ligtelik gestel.
Jare gelede vertel n prokureursvriend my van snaakse boedels wat hy al hanteer het. n Baie snaakse geval was die een suster wat met die broer baklei het oor die erfporsie. Nee, nie oor assuransie geldjies nie, oor hul ma se koekroller wat sy altyd in die kombuis gebruik het. Die dogter het gevoel hy kom haar toe omdat sy n vrou is. Die seun wou hom hê omdat dit meestal sy taak was om die deeg uit te rol omdat hy sterker was. Hulle pols slagte het ook later stil geraak, kwaad vir mekaar die graf in. Oor n koekroller.
Die ander een was selfs erger het hy vertel. Die ouma was in n rolstoel omdat die ou bene moeilik beweeg het. So het sy naderhand n erfstuk, n "commode" in haar kamer begin gebruik. Ouma het ook later die tydige met die ewige verwissel. Vir jare was die commode vergete en het met jare se garage skoonmaak êrens n nuwe baas gekry. Waar hy is weet niemand nie. Toe begin die moeilikheid, die een kind begin hom soek. Waar is ma se commode, word gevra? Man wat n storie. Hy is weg. Weg soos in weg. Was die kinders nou vir mekaar kwaad oor daai commode. Dit het selfs oorgespoel na die kleinkinders toe. Niemand wil met niemand praat nie, en dit oor n commode.
Kyk ou broer, n mens is n wonderlike ding. Maar partykeer dink ek ons is net vol dinges. Miskien het ons n commode nodig vir ons halstarigheid.
Vreugde en vrede vir julle.
Fotos vanaf google geleen.



Onthou nou, as 'n amper oupa…
Onthou nou, as 'n amper oupa groot, ken ek daai goed op die fotos![]()
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
PLAASVROU MOET DORP TOE.
Vanoggend gaan ek nou moet mooi trap dat ek nie n anonieme leser se identiteit gaan weggee nie. Netnou ken of liewer erken julle haar.
Kom ons noem haar Alta, as enige Alta nou hier lees, dit is nie jy nie. En kom ons noem ou Sakkie sommer Bennie, net sodat julle nie weet van wie ek praat nie. O ja, Bennie, dié is nou haar man.
Ewenwel, Alta het baie stories. Sy sê sy wil nog n boek skryf oor al haar dinge. Ek gaan jul van so een of twee dinge vertel.
Hul het nog geboer. Nou julle weet mos, plaaspaaie is nie jou maat nie. Sy en haar man ry bakkies. Dit is nou vir die plaas en die normale dorp toe en terug ryery. So moet sy die dag dorp toe en Bennie gaan haal vroegoggend haar bakkie uit die stoor en kom trek hom hier vlak voor die agterdeur.
(Man, julle moet my n bietjie help onthou dat ek jul die storie van n plaashuis se voordeur vertel.)
Op n plaas is die agterdeur maar eintlik die deur wat gebruik word. Hy trek die bakkie sommer vir haar reg. Neus, rigting dorp, bestuurskant naaste aan die agterdeur.
Daar is ook redelike beweging tussen n plaas se stoor en die agterdeur. So beweeg hy ook die oggend die heel tyd daar rond. Sy het later die oggend n afspraak in die dorp. Eers moet die oggend take afgehandel word, julle weet mos, die hoenders moet kos kry, die ganse, eende en honde ook.
Die melk moet in die yskas kom, die seperatortjie se slinger moet gedraai word om die room af te skei, sy klokkie moet ook reg kling... kling....kling, sulke dinge. Die afgeroomde melk gaan varke toe asook al die oorskiet kos en kombuis afval produkte, dit is nou skille en sulke goed.
Gewoonlik is die werfboerdery die vrou se verantwoordelikheid. Vroegoggend word die pap dan al gemaak en staan op die koolstoof. Neffens die pappot staan die koffieketel met sy bruingevlekte moerkoffiesloop wat so al smilende soos n tong tussen die deksel en ketel uithang.
In die louoond staan die casserole met die vorige aand se oorskiet vleis, besig om warm te word. Hier teen nege uur is dit brekfis tyd.(Ek weet die engelse spel hom verkeerd). Dan sorg ou Bennie dat hy huis se kant toe staan.
Na brekfis begin sy haarself toe regkry vir die dorp toe gaanery. Bennie se koöperasielys in die handsak. As die volk nou sien jy wil ry, dan sal hul nou kom sê, die papmeel is op en die illovu stroop is gister al klaar. Elkeen kom dan ook met al hul versoeke van alles wat gekoop moet word. Dit is nou Golden Arrow, BB of Boxer twak, Liezbet met haar Ntzu of Singleton snuif, brood, suiker en al sulke dergelike dinge word dan per naam op n lysie geskryf. Mies moet dit by die boek skryf vir die einde van die maand, is die verdere opdrag.
Nou al reeds laat haas sy haar na die bakkie, klim in en start. Met dié, sien sy ou Bennie van die stoor af al skreeuende en arms waaiende aangehardloop kom en dog hy wil nog iets van die dorp af hê. Dalk breekboute vir die skare, hy is hoeka besig in die lande. Sy draai die stuurwiel nou rigting stoor en trek weg. Daar duik daai bakkie linker neus eerste skuins in die grasperk in. Steek soos n steeks donkie vas, sy ref en los die clutch, maar kry nie die bakkie uit die gat nie, die rook trek uit die tyres, staan staan hy.
Ou Bennie kom woedend by die bakkie aan. Nadat hy kalmeer het en sy van die skok herstel het kom dit toe uit wat gebeur het.
Na brekfis het hy gesien die bakkie se linker voorwiel is pap, hy en Jonas het hom op-gejack, wiel afgehaal en is met hom stoor toe om te gaan patch.
Dit is wat hy probeer beduie het, moenie ry nie. Ry Altatjie die bakkie bo van die jack af, die dag. Sê sy nogal so ewe in die wegstap terug huis toe, plaas kom sê jy my, nou is ek laat.
Vreugde en vrede vir julle.
Nou moet ek gou maak, my vrou wil my al doodmaak omdat ek alles in die huis rearange om vir julle fotos te neem.








Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende op hierdie mooi Maandag.
Man, is jul nie ook dankbaar vir n nuwe dag nie. Sondae aande is ek lief om my pêlle te bel. Wille Willem het nou weer gisteraand baie te vertelle gehad. O ja, en oom Kaspaas het ook gevra ek moet aan die hele trop van julle sy groete oordra daar vanaf die Kruger. Maar kom ek kom by Wille Willem se storie.
LOSKOPDAM SE VISSE.
Een Vrydag middag besluit die vyf pêlle hulle gaan Loskop dam toe vir die naweek om te kamp en ook om Pietie se nuwe boot uit te toets. So ry die manne die middag laat dam se kant toe dis nou Harry, Pietie, Gawie, Stoffel en Hannes. By die dam aangekom is die eenman tente vinnig opgeslaan en die kuier kan nou ernstig raak. Pietie se boot lê reeds in die water vasgemeer maar dit is nou te donker om boot te ry. Die kamp vure brand en die vogies vloei vrylik. Dis al laat maar die manne braai, hulle het wors om te braai, Hannes het so lekker gekuier dat hy naderhand getiep het so reg langs die vuur. Die ander manne steur hulle nou nie juis aan Hannes wat soos n koeksister om die vuur lê nie. Daar is nie n braaitang van n dag oud saamgebring nie, wel brandewyn. Hul draai die wors sommer so met die hand om. Die wors wil ook nie mooi saamspeel nie, en so nou en dan rol een van die braai af. So sien Stoffel dat Hannes se hand so binne reik afstand van die wors wat geval het lê, hy besluit sommer om Hannes se hand te vat en sy wors uit die te kole krap. Hannes is in lala land hy weet van niks, vinnig hak hy hom en pluk die wors uit die kole tot op die kant van die vuur.
Die volgende oggend vroeg is die manne op, Hannes kyk verbaas na sy hande wat nou so lekker blase op het van die warm kole. Hy skud sy kop en sê, kyk ek weet ek het gister aan my kar se exhaust gewerk maar jinne daai exhaust was yskoud. Natuurlik weet die anner manne niks van Hannes se hande nie. Met dit naderhand vergete kry hul die boot en die ski's reg. So vaar die klomp die water binne en jaag met die boot op en af in die water. Stoffel is die eerste ou wat die ski’s aantrek en so windgat ski hy dat die water so boog agter hom staan. Die boot maak n draai naby die wal en die skier los dan die tou en ski dan die laaste stukkie op die water totdat hy die wal bereik en so kniediep in die water insak. Stoffel is n ervare skieër en kry dit mooi reg. Okay die manne op die boot het weer begin suip so daar was definitief weer drank betrokke, Gawie se okay dit is nou my beurt. Hy sak agter die boot weg ski’s aangesit, Pietie gooi daai throttles wyd oop en daar trek die boot, ou Gawie word so wreed uit die water gepluk dat hy vir n wyle soos Donald duck wydsbeen ski. Die wat kan ski weet jy moet jou bene bymekaar hou. So vyftig meter verder kry Gawie sy lam bene bymekaar en nou ski hy te lekker. Maar Gawie het nie mooi opgelet in die klas toe Stoffel gaan land het nie. Die boot moet baie stadiger inkom en wegdraai. Gawie is salig onbewus van die boot wat volstoom hardloop en hy hou nog steeds die tou vas.Te laat besef hy, hy is volspoed op pad land toe, en los die tou maar daai ski’s loop bo-op die water asof hulle Teflon ingekry het. Gawie slaan land met die ski’s en net daar verander hy van vertikaal na horisontaal. Hy is skoon uit die ski’s en Gawie se gil klink soos n Karoo Vlermuis wie se sonar gekalf het. Eers was hy hy heeltemal horisontaal, toe stoot hy soos n Boeing sy landinggear uit. Sy eerste paar tree het hy die grond mis getrap, hy hardloop so deur die lug. Dit was ook goed so want sy lugspoed en grondspoed is toe min of meer dieselfde. Dit het hom solank kans gegee om aan die hardloop te kom.
Alles sou goed gegaan het as sy eenmantentjie met die tretcher in, nie op die aanloopbaan gestaan het nie, andersins sou dit n smooth landing gewees het. Skuins teen sy tent het sy stok met lyn en hoeke nog van die vorige aand gestaan. Haak sy landing gear daar vas en hy is kop eerste in n boom in anderkant die tent in. Broekloos, die het aan die hoeke agter gebly.
Die Mammas naaste aan die petalje hardloop en druk hulle kinders se oge toe want dit lyk nie goed nie. Hy lê net daar en nou en dan n sagte kreun wat die vlermuis gil vervang het.
Dit het die ambulans 2 ure gevat om by die slagveld op te daag, Gawie is op n mondelingse brandewyn drup geplaas vir die skok, terwyl ons gewag het. Daarna het hulle hom deeglik ondersoek vir beserings en alle klippies en stokkies uit sy vel getrek met n tweezers. Nou hoor ek die manne beplan n visvang naweek by Harties, blykbaar is water ski afgesaag en die boot is swaar op sous as jy iemand agter jou sleep. Ek dink dis my naweek aan diens, so sal nie my pêlle kan vergesel nie.
Maar weet jy, ons het steeds lekker gekamp. Het darem gesien van die bure het van LOSKOPDAM SE VISSE gevang.
Vreugde en vrede vir julle.
Fotos is egter by Sterkfonteindam geneem.