Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -1 hour ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -4 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -4 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -4 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -5 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 23/08/2020 - 10:08

Len siende dat jy so vroeg is hoop ek jy het die web-cams van KNP dop gehou want dan het jy die pragtige wit katte gesien.  (Ek sien dit op fb)

Geniet jou Sondag voluit in vrede.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 23/08/2020 - 10:29

Ai Willem, ek was lank voor die leeus by Orpen op en het gekyk, maar toe was hulle nog nie daar nie.

Daardie regterkantse een wat lê is beslis een van die bekende Timbavati witleeus.  Kom ons hoor of ChrisB en ChrisWH saamstem.

.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 23/08/2020 - 19:16

Hallo julle, was lekker warm vandag en kon kort broek weer uitpak. Die hoender agterkwart goudbruin in pot gebraai, amper soos n skaap boud, net nbietjie kleiner wink

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 23/08/2020 - 20:13

Lapskag, ñ eerste, hoender agterkwart...... Jis dit is n positiewe uitkyk, hou daarvan. Ouma praat van Chicken gunns, selfde as jou agterkwart ?. Ander maat praat van Walky Talkeys, Dit is  hoender kop en pote!!!!

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/08/2020 - 05:58

More sê mense, mooi dag, mooi week, en als wat mooi is vir almal.

Lapskag, jy moet jou laaste week by Eastco geniet, die weer is uitstekend vir kamp.

0

Middag Shaun

Ek sien jy sê ek moet dit geniet. Ek is lankal verby penne in moker. As die grond net effe te hard is vir my 2kg ysterhamer, span ek die elektriese boor in.

Ek boor die gat so halflengte van die pen, en dan help ek dit verder in met my hamer. Dit wil voorkom of die meeste plekke bourommel inry, wat hulle bedek met dun lagie gruis. Dus, as jy deur die stukkende baksteen dikte geboor het, loop die pen maklik.

Ek was nog net eenkeer verontwaardig aangespreek omdat ek 'n boor gebruik, en nie op konserwatiewe wyse die penne inmoker nie.

Arie: Maak maar reg vir die korrekte werkwoord, hetsy inkap, inslaan, moker of in d...er.

Groete

0

Middag Arie

Goed om van jou te hoor, al is dit dan Afrikaanse klasse.

Elkekeer as ek penne inslaan dan dink ek onwillekeurig aan jou sterk standpunt daaromtrent.

Ek wens jou sterkte toe, moenie jou onttrek aan die forum nie!!!

Groete

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 24/08/2020 - 13:48

Nee el sal nie pntrek nie, was net vrek besig met sake reddings planne vir verskeie banke. Toe Petra hospitaal toe is het ek al die werk oorgeskuif na ander mense toe.

Ook maar goed wamt na haar afsterwe het ek vir niks kans gesien nie!

 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 25/08/2020 - 06:18

Môre Almal.

Hi oom Arie en ander.

Vandag is dit weer groot " meeting" dag oor die brug. Klient het nog nie eers sy bestel nommer nie, maar soek tekeninge vir staal aankoop. Ons het al 400 ton gedoen, op eie risiko. Hoop maar dinge loop reg met papierwerk aan hulle kant. Ek self doen nie sommer werk sonder bestel nommer nie, al beteken dit nie veel vandag nie.

Een van my ander kliente is kwaad vir my omdat hy nou al glo 2 weke wag vir inligting van my. Toe laat ek hom weet, ek wag al 27 weke vir n betaling. Hy hou ook nie van die afleidings wat ek maak per epos nie. Maar jy kan hom nie bel nie en hy antwoord ook nie sy boodskappe nie. So nou speel ons maar skaak. Hom laat weet ek is nie sy bank nie en ek werk op 30 dae en as sy klient hom nie betaal nie, is dit sy probleem. Hy noem dit afleidings maak.

Lyk of vandag lekker warm gaan wees. Begin met n 9 grade vanoggend.

Ek het my ou 2003 Run-X vandag verkoop na 17 jaar diens en meer as 300 duisend kilometer. Nog in n 100% toestand.

My stories vir die dag, geniet en wees veilig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus