Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied? Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? ![]()
Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente! Dan gaan ons lekker kamp!
Hallo julle, was lekker warm…
Hallo julle, was lekker warm vandag en kon kort broek weer uitpak. Die hoender agterkwart goudbruin in pot gebraai, amper soos n skaap boud, net nbietjie kleiner ![]()
Lapskag, ñ eerste, hoender…
Lapskag, ñ eerste, hoender agterkwart...... Jis dit is n positiewe uitkyk, hou daarvan. Ouma praat van Chicken gunns, selfde as jou agterkwart ?. Ander maat praat van Walky Talkeys, Dit is hoender kop en pote!!!!
More sê mense, mooi dag,…
More sê mense, mooi dag, mooi week, en als wat mooi is vir almal.
Lapskag, jy moet jou laaste week by Eastco geniet, die weer is uitstekend vir kamp.
More Almal. Dit is n nuwe…
More Almal.
Dit is n nuwe week met sy dinge wat voorlê
Amper pay day ![]()
Geniet en wees veilig.
Môre julle, ja die weer lyk…
Môre julle, ja die weer lyk pragtig vandag, reg vir kortbroek en sommer fietsry ook. Geniet die week wat op ons wag
Môre sê Kampforum
Geniet dit Lappies.
Julle moet julle dag geniet.
Penne inkap of inslaan
Middag Shaun
Ek sien jy sê ek moet dit geniet. Ek is lankal verby penne in moker. As die grond net effe te hard is vir my 2kg ysterhamer, span ek die elektriese boor in.
Ek boor die gat so halflengte van die pen, en dan help ek dit verder in met my hamer. Dit wil voorkom of die meeste plekke bourommel inry, wat hulle bedek met dun lagie gruis. Dus, as jy deur die stukkende baksteen dikte geboor het, loop die pen maklik.
Ek was nog net eenkeer verontwaardig aangespreek omdat ek 'n boor gebruik, en nie op konserwatiewe wyse die penne inmoker nie.
Arie: Maak maar reg vir die korrekte werkwoord, hetsy inkap, inslaan, moker of in d...er.
Groete
Wessel ń mens SLAAN ń pen in…
Wessel ń mens SLAAN ń pen in!!!
Jy KAP met ń byl.
Ai tog dat die Kaaskop nou moet Afrikaanse klas gee, weet jy?!
Reaksie ontlok
Middag Arie
Goed om van jou te hoor, al is dit dan Afrikaanse klasse.
Elkekeer as ek penne inslaan dan dink ek onwillekeurig aan jou sterk standpunt daaromtrent.
Ek wens jou sterkte toe, moenie jou onttrek aan die forum nie!!!
Groete
Nee el sal nie pntrek nie,…
Nee el sal nie pntrek nie, was net vrek besig met sake reddings planne vir verskeie banke. Toe Petra hospitaal toe is het ek al die werk oorgeskuif na ander mense toe.
Ook maar goed wamt na haar afsterwe het ek vir niks kans gesien nie!
503 probleem
Middag vriende
Lyk my die 503 problem begin weer kop uitsteek.
Groete
503 probleem
Middag vriende
Lyk my die 503 problem is steeds met ons
Groete
503 probleem
Ek het hom ook nou gekry maar 2de keer toe werk hy darem.
Môre Almal. Hi oom Arie en…
Môre Almal.
Hi oom Arie en ander.
Vandag is dit weer groot " meeting" dag oor die brug. Klient het nog nie eers sy bestel nommer nie, maar soek tekeninge vir staal aankoop. Ons het al 400 ton gedoen, op eie risiko. Hoop maar dinge loop reg met papierwerk aan hulle kant. Ek self doen nie sommer werk sonder bestel nommer nie, al beteken dit nie veel vandag nie.
Een van my ander kliente is kwaad vir my omdat hy nou al glo 2 weke wag vir inligting van my. Toe laat ek hom weet, ek wag al 27 weke vir n betaling. Hy hou ook nie van die afleidings wat ek maak per epos nie. Maar jy kan hom nie bel nie en hy antwoord ook nie sy boodskappe nie. So nou speel ons maar skaak. Hom laat weet ek is nie sy bank nie en ek werk op 30 dae en as sy klient hom nie betaal nie, is dit sy probleem. Hy noem dit afleidings maak.
Lyk of vandag lekker warm gaan wees. Begin met n 9 grade vanoggend.
Ek het my ou 2003 Run-X vandag verkoop na 17 jaar diens en meer as 300 duisend kilometer. Nog in n 100% toestand.
My stories vir die dag, geniet en wees veilig.
Môre sê Kampforum
Sterkte Harry.
Julle moet hierdie Dinsdag voluit geniet.
Goeie dag, julle moet 'n dag…
Goeie dag, julle moet 'n dag van genot en pret geniet.
Sterkte Harry, hoop net daai brug kom af, die kontrak, nie die brug nie.![]()






Môre sê Kampforum
Len siende dat jy so vroeg is hoop ek jy het die web-cams van KNP dop gehou want dan het jy die pragtige wit katte gesien. (Ek sien dit op fb)
Geniet jou Sondag voluit in vrede.