Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -4 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -4 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -5 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/08/2020 - 10:42

Ek het eintlik van jou protes gepraat, nie myne nie  -  jy sê mos dit klink soos 'n dier/ding.

Natuurlik skeer (nie skeur nie) ek kliphard saam gek.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 13/08/2020 - 06:38

More Johann, WilSur en die wat nog kom.

Ek is besig om te verander na n Fibre line vir my internet. Ons bestaande wireless lyn in net te onstabiel. Ons het n permanente "back-up systeem" na "cloud" wat heeldag "back-ups" maak, van al ons rekenaars se data en elke keer as ons n "dip" vang, bom hy uit en begin weer.

Fibre is baie meer stabiel. Kyk na so 100 meg lyn, aflaai en 50 meg oplaai. Gaan my amper selfde kos as bestaande lyn, 10 meg op en aflaai.

Lyk my weer na n lekker warmer dag. Met so bietjie Augustus wind later. Die week vlieg, seker oor die vakansie dag wat ons Maandag gehad het.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 13/08/2020 - 07:34

Lekke om van die ou lede te sien aangelog geniet julle dag laat loop met die koffie vrede

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 13/08/2020 - 11:09

Ek groete vanuit 'n lekker koue Port Elizabeth.   Die son skyn nou maar ons het lieflike reënbuie gehad in die vroeë oggendure.   Maar die wind is ysig, moet iewers van sneeu afkomstig wees.  my vuilegoeddrom het laasnag omgewaai en daar anderkant gelê vanoggend.  Ek het 'n baksteen op die deksel, maar die drom self was leeg.  Net gister die sak uitgehaal.  So, ek het darem nie met 'n gemors gesit nie.   Daar word stormsterk winde voorspel vir die res van die dag.

Voories, is jy nog so besig met jou werk?   En hoe gaan dit met die kabouters, gaan hulle skool toe?  Wanneer die skool oop is natuurlik, bedoel ek.

"Load shedding, level 2" begin vandag by ons.  Dit  kan dalk later 3 word.  My krag gaan af wees vanaf 14.00 tot 16.30.   Ek gaan maar die pad vat daai tyd, weet nog nie waarheen nie.

Julle moet almal 'n heerlike dag hê.  Dis alweer amper naweek.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 13/08/2020 - 14:11

Ons hoop vir Level 2 op Lock-down, nou kry ons Level 2 met loadshedding smiley

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 13/08/2020 - 14:18

Hi Frieps.   Ons is nog redelik besig en die kabouters ook smiley    hulle is darem die ouklikste goedjies.    Ons het vanoggend ons eerste Level 2 gehad.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 14/08/2020 - 08:29

Goeie môre almal, geniet julle naweek. Ek gaan my karavaan was en pak, ons gaan vir 2 weke by Eastco Parys uitspan en ontspan, is nou by beurt vir kamp na die lang gewag. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 14/08/2020 - 08:31

En saam met dit alles, baie filter koffie, boer beskuit en potbrood eet. Sal aan julle dink vroeg oggende as die voëltjies so gesels met die stroom versnelling in die agtergrond. Ek sal n pasr fotos plaas hoor. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 14/08/2020 - 08:37

Julle moet dit geniet, miskien moet jy OBS saam vat want ek glo dit kan lekker koel wees by die water ?

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 14/08/2020 - 08:42

Hi Willem dankie, vat sommer n ekstra kort broek en n pasr lang kouse saam vir net ingeval. Ja dit word nogal koel daar, was laas jaar ook in die winter daar, wit geryp vroeg oggend masr deur die dag was dit lekker gewees. Ek is seker ons sal dit geniet. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus