Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -12 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -12 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -21 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 14/08/2020 - 09:12

Goeie môre Kampforum !

Lappies, ai  wat 'n heerlike vooruitsig.  Daardie semi-winterkampe met koue, snoesige aande in die wa en dan heerlike dae buite is darem maar lekker.  Is dit julle eerste kamp na jou aftrede ?

Johann, ag nee sies man !

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 15/08/2020 - 10:07

Goeie môre julle, Len ja djit is ons eerdte kamp met aftreede en ook omns eerste na die lockdown begin het. Masr ek glo nie dit gaan die laaste een wees nie. Beplan reeds aan dievolgende 3 en gaan probeer al 3 deurwerk voor die einde van die jaar. Belan maar virso 2 weke op n slag want het nog n klompie werk wat ek hier in Bloem meebesig is. 

0

Middag Voortrekker

Moenie spot met die wegraping nie. As dit die rede was, sou ons al gekners het.

Onthou die grappie van die sendeling: seg hy vir sy gemeente--- daar sal 'n geween en gekners van tande wees. Heelagter in kerk sit 'n tandlose ou en lag. Hak die sendeling af ---- en vir die wat nie tande het nie-- hulle sal gesupply word, om te kners.

Groete

0

Middag vriende

Ek het die gewoonte om my wa se watertenk te laat leegloop, oppad huistoe vanaf 'n kampeerplek. So kom ek verlede Maandag terug van Dube met die straaltjie water wat uitloop. Net voor mens regs draai vir Brits, en links vir Damonsville beduie 'n persoon vir my dat ek moet stop, en beduie na die wa.

Onmiddellik skiet allerhande prentjies in jou kop in; papwiel, jokkiewiel wat sleep op pad, of wat se moeilikheid nou. Ek draai toe regs en hou stil, niks fout nie, net die water wat steeds loop. Die persoon het links gedraai, en ook gestop, maar gery toe ek wys alles is OK.

Ek moet erken, my eerste gedagte was, ek het moeilikheid, en die 2de gedagte was---- is dit 'n set om my te laat stop. As dit donker was, sou ek maar baie versigtig gestop het, maar dis was 12ho0 en met baie verkeer om ons.

Groete

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 16/08/2020 - 06:42

More Almal.

More pak ons die pad aan na Clarens. Was daar bespreek van 14 de tot 21 ste. Ek kon al gaan, het werks permit om te gaan opmeet by Clarens Golf estate, maar my vriend se vrou sou nie kon saam gaan nie.

Nou het dinge verander en ons vertrek Maandag oggend. Daar is gepraat van midder nag Maandag, maar ek verstaan nie van midder nag nie smiley

Julle moet julle Sondag geniet en bly veilig

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 16/08/2020 - 07:12

Môre, Vryburgers. Van maandag af start ons diie dag met ñ polisiekoffie, net omdat ons kan. Hierdie, n regte Kaapse winters naweek, koud en nat met sneeu op die berg. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 16/08/2020 - 08:09

Môre almal, vandag n bietjie koeler hier in Bloem en ek sien die temperatuur ry wipplank die week. 

Harry geniet Clarens en al sy lekker hede, ons is getroud daar en Nellie het groot geword daar. Ons sal ook weer n draai moet gaan maak

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 16/08/2020 - 09:40

Gelukkig kan ons nou wettig rondloop.

Harry julle moet dit geniet.

Wessel, ek doen dit ook altyd en het ook al paarkeer ouens gekry wat wys na die karavaan wat petrol mors wink.

Geniet jou Sondag voluit.

0
Uitenhage

neelsec

Sun, 16/08/2020 - 16:34

Hier vanaf n nat winderige koue Baai

    

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 17/08/2020 - 06:07

Ons is gepak en reg vir Clarens. Moet net gou n draai by die slaghuis maak. Moet ook gou n Hyandai i20 gaan toetsbestuur wat my sussie wil koop en dan so 10 uur die pad vat.

Die oorgrens beperking word eers opgehef, soos ek verstaan vannaand 12 uur. Of was dit gister aans 12 uur smileywink

 Ek het net ingeval die grenspos ons nie wil laat deur gaan nie, permitte reggekry. Gaan my net dom hou, soos die meeste mense van die land.

Gaan ook nie drank laai nie, want ek weet hulle sal dit net vat.

Ek gaan dalk ook hier stil wees op die forum vir n paar dae, hang af van die sein.

Julle moet n wonderlike dag en week hê en wees veilig.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 17/08/2020 - 07:40

Ja dit is weer koud hier in Pta.

Harry julle moet veilig ry en geniet dit.

Geniet julle Maandag voluit in vrede.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 17/08/2020 - 08:24

Dit wil my voorkom almal kry koud op dié Kampforum want dit is maar stil hier ?

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 17/08/2020 - 09:45

More almal Harry gaan groot en geniet julle almal moet n gatskop dag he vrede

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 17/08/2020 - 09:46

Goeie môre !

Dis ysig-koud hier by ons in Kaapstad met 'n voorspelde kwaai wind wat gaan waai en weer reën vanaf etenstyd vanmiddag.

Voor dan moet ek spook met 'n geut wat uit die "fassie ?" geskeur het van die gewig van teveel water daarin wat nie vinnig genoeg kon wegloop nie.  Ek het een afloop afgesluit om meer water in my reëntenks te kry en dit was blykbaar net teveel water vir die geut.

Geniet jou wegbreek Harry.

Lekker dag aan die paar ouens wat op die forum gesels.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus