6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -28 minutes ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -3 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Lae strek ratkas

Brits
Submitted by wessels on
Middag vriende Ek wil sommer hoor wat julle indrukke is van [a] 'n deeltydse 4x4 met lae strek soos 'n Hilux teenoor [b] heeltyds 4x4 sonder lae strek, soos 'n Amarok. As mens nou nie in slote,modderpoele en sandduine wil speel nie, maar slegs met gemoedsrus Richtersveld, Baviaanskloof en Botswana toe wil ry, met 'n Kavango op sleep, het mens 'n 4x4 met lae strek nodig, of is 'n Amarok-tipe voldoende? Die twee genoende voertuie is bloot as voorbeeld gekies. Ek sien uit na die kommentare. Groete
Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 26/08/2020 - 07:04

Neef ek het n Series III vyf deur Landrover gehad.

Hy het 4 ratte gedad en n "Reverse", dus vyf ratte. "High" en "Low" dus was daar 10 rat verhoedings, saam met "reverse"

Ek het n "overdrive" ratkas voor op "transfer case" vasgebout met nog n verhouding, dink dit was 1:0.75.  Hy het sy eie rathefboom gehad, binne in voertuig. Nou het jy 20 rat verhoudings, 4 in "reverse" ingesluit. Dink dit was n "Fairey overdrive" (spel ??)

Rede hoekom ek hom ingesit het , was dat ek n Ford V6 in hom gehad het en ek dink sy oorspronklike masjien was n 2.3 liter en hy het hoog "gerev" en wou ek wou se "revs" afkry in sy top rat (4 de)

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 26/08/2020 - 07:18

Harry, ek het ook n series 3 gehad met Ford v6 in, het boot gesleep, en die het 3000rpm by 120 km/h gedoen. Daai enjin was in sy element daar en was nie te rof op brandstof nie, so 7km/l.

Môre neef Herman

Die somme is eintlik heel maklik, maar moeilik om per teks oor te dra. Ek het 'n spreitabel opgestel en ek versamel bakkies se info, dis nou ratverhoudings, wringkrag, en toere strek. In die spreitabel verwerk ek die inligting,en kan bakkies met mekaar vergelyk.

Wat baie interessant is, is hoe verskaffers met die samestel van ratkaste en  die agterste ewenaar se ratverhouding speel, in hulle modelle. Ek het ook gevind dat veral die ewenaar 'n groot effek het op jou wringkrag en dus sleep vermoë], van 'n voertuig. Mens kan eintlik nie na net die enjin wringkrag kyk om 'n keuse te maak nie.

Natuurlik weet jy, dat wringkrag en spoed eintlik omgekeerd eweredig is. Daarom word bakkies deesdae met so vreeslik baie ratte toegerus. Om 'n kompromie tussen snelheid en brandstofverbruik, met wringkrag te kry.

Ek is nog ouskool, sleep nie graag in ratte met verhoudings kleiner as 1 nie. Gewoonlik is die 4de rat die "direct drive", met 1 as verhouding. Dan kom die ratte 5-8, almal kleiner as 1, meestal. Dis vir spoed en ekonomie.

Jy sal egter nie glo hoe mens moet stof opskop om die verhouding van die laestrek rat te kry nie. Ek moes dat die Toyota handelaar hulle diens voorskrifte oopmaak, om dit te vind. Dit word nie sommer in tipiese katalogusse/brosjures verskaf nie.

Groete

    

Môre Chris Wh

Nee dis nie te koop nie, maar is gratis beskikbaar.

Jy sal egter jou epos adres vir my moet stuur, dan epos ek dit vir jou, as 'n aanhangsel.

Groete

Worcester

Wildehont

Wed, 26/08/2020 - 09:30

Wessel

Die navorsing klink werklik interessant! Ek beplan weliswaar nie om ‘n ander ryding te koop nie en sal my Fordjie maar moet ry vir so lank as wat dit betroubaar bly. Dit sal egter interessant wees om te sien hoe vergelyk die voertuie. 


Ek was bewus van die invloed van ‘n ewenaar. Ek het met Mercedes 1617 vragmotors toere gedoen in Suidelike- en Oos-Afrika. Die wat nie 4x4 was nie (ons het lg net in Botswana gebruik, hulle het groter wiele gehad, nie dubbel wiele agter nie, ‘n korter wielbasis en ewenaarslotte voor en agter en was moeilik om te laat vassit - alhoewel ek dit een keer op die Makgadikgadi panne reggekry het omdat ek nader aan die flaminke wou kom op versoek van gaste en een keer in Savuti omdat ek te lui was om bande af te blaas) het ‘n veranderde ewenaarverhouding gehad, sodat hulle vinniger kon ry oor die lang afstande wat ons afgelê het. Op ‘n Johannesburg na Nairobi toer het ek 6 000km gery tot in Nairobi oor 29 dae en 4 500km terug oor 4 dae.
 

Die vragmotors het lekker geloop op gelyk paaie, maar teen opdraendes moes mens maar afgaan 5de of selfs 4de toe. Die 1ste rat was veronderstel om ‘n crawler gear te wees. Die veranderde ewenaar het beteken dat mens wel in 2de kon wegtrek, maar 1ste was nie só laag nie, en is net teen opdraendes gebruik. Gelukkig het hulle full syncro mesh ratkaste gehad, so dit was nie nodig om te double clutch nie. Ek het dit egter steeds gedoen, want veral die laer ratte het dan makliker verwissel. Hoe mis en nou daardie tye...

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 26/08/2020 - 09:39

Wessel nou verstaan ek darem so bietjie minder. Wat ek kan byvoeg, en dit is nou die ou ratkaste wat n top gear 1 tot 1 of te wel, direkte aandrywing noem. Die "direkte" beskrywing is verkeerd, die ratte loop steeds tussen twee aste. Daar is net geen verskil tussen die groote  van die twee ratte wat skakel nie. So bly die spoed in en uit ratkas net dieselfde. So in my mening, is daar geen kleiner las op ratkas deur in topgear te ry nie. Die laestrek ratkas verhouding word seker bepaal waarvoor voertuig aangewend word. Bv die Land Cruiser se 1ste laag, is heelwat stadiger as Prado sin. Maar nou is Cruiser topspoed maar so 140 en Prado heelwat hoër, so dit is dalk net die ewenaar verhouding wat verskil. Interesante gesprek.

Hello neef

Ek glo jy is tegnies korrek omtrent die meganika binne die ratkas. Ek vermoed dat die woordkeuse "direct drive" bloot daarop dui dat die rat met 1:1 verhouding, geen verandering aan die omwentelinge voor en na die ratkas teweeg bring nie.

Jy is heeltemal reg met Cruiser en Prodo, kyk na table hieronder

Rat       Prado V6             Cruiser V6 

1            3.6                        4.53

2           2.09                     2.46

3           1.49                      1.49

4           1                           1

5          0.687                   0.88

6          0.58                        -

Diff     3.91                      4.1

Groete

Middag alle belangstellendes

Die twee formules is as volg;

Spoed [km/hr] = Revs x 60 x OD/ [ rat x diff x 1000]

Torque op agterwiele = Torque x Rat x diff

Met die volgende;

Revs = omwentelinge per minuut

OD = band omtrek in meter

rat= ratverhouding vir rat wat jy wil bereken

diff = differential ratio

Torque = enjin wringkrag by gekose enjin revolusie. Brosjures gee dit gewoonlik as 'n waarde oor 'n revolusieband, byvoorbeeld 400Nm by 1600 tot 2000 rpm. 

Verskoon asb die gemengde taal, soms verstaan ons mos maar die tegniese terme beter in die rooitaal.

Groete.

Vaalpark

Johann L

Wed, 26/08/2020 - 17:34

Middag Wessel, jy laat my nou lag met jou taalkeuse, my oom was 'n vreeslike taal purist.

Hy het gepraat van sy motorkar se knormoer, nou, ek weet nog steeds nie wat de moer is 'n knormoer nie.devil

pretoria

pieterc

Thu, 27/08/2020 - 20:37

Bv die Land Cruiser se 1ste laag, is heelwat stadiger as Prado sin.

Genade, dan is n skilpad seker vinniger as die Cruiser in 1ste lae strek!

Of dalk is my diesel Prado se 1ste lae strek ook stadiger  as die petrol Prado s'n?

Ek het nog bitter min die lae strek gebruik, maar was baie dankbaar daarvoor toe ons Sani Pas in Januarie 2020 gery het. 2018 se Sani trip was net n steil grondpad maar Januarie 2020 se trip was 2 dae na die stortreen wat die pad omtrent weggespoel het. Ek dink nie ons sou dit sonder lae strek gemaak het nie.

Wessel, ek glo dat al die syfers, somme en statistiek baie interessant is maar dit kan net so lekker met jou kop smokkel. Dit is waarom die vervaardigers net so lekker met die syfers kan "speel" om hulle produk te adverteer.

More Pieter en ander 

Ek dink dis eerder eksperimenteer om 'n groot aantal klante tevrede te stel. Almal wil deesdae 4x4 ry, groot aantal mense wil werk met 'n bakkie----soos waens sleep, hetsy woonwaens of plaas werktuie. Boonop wil almal ook ekonomies oor die weg kom.

Dit behoort nie met ons koppe te smokkel nie, ons moet net al die inligting wat aangebied word, en die tegnologie in ons voertuie verstaan. Byvoorbeeld, woonwaslepers moet weet hoe hulle voertuig se wringkrag teen omwentelinge lyk. Dit help nie om te sleep teen omwentelinge waar jou wrinkrag laag is nie. Nie aan die onderkant EN aan die bokant van die toerekurwe nie. 

Nadat ek dit aangeleer het om die omwentelinge deur ratkeuse te hou waar die wringkrag gelewer word, het ek tot 1km/l op brandstofverbruik gewen.

Amarok eienaars: Laat hoor van julle, of ry geen lede Amaroks nie!! Dit is nou omtrent die vergelyk van julle lae ratte teenoor 4x4L van ander bakkies.

Groete  

Middag vriende

Ek het geloer op "google", en dit wil voorkom of die lae ratte van die Amaroks baie dieselfde is as ander bakkies. Nie noemswaardig sterker nie.

Dus kan dit nie vergelyk word met ander deeltydse 4x4 voertuie, met 'n lae strek opsionele rat nie. Dit is dus verstommend dat dit so goed vaar in die sandduine, teen my verwagting in. Of dit op erge klouter terrein net so goed gaan vaar as bakkies met 'n 4x4L opsie, sal ek graag wil hoor.

Groete

 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 31/08/2020 - 16:21

Wessel, ek ken nie die Amarok nie, maar glo dit is dieselfde sisteem wat in die 4motion combis gebruik word. Sand is nie moeilik om te ry nie, pap bande en  ry dit met n VW beetle. Jy wil elk geval nie in eerste laag ry nie, dan ploeg jy, vinniger dan begin jy dryf op die sand. Daar was onlangs n program van Safari 4x4 wat tot by Kunene mond met die v6 diesel Amarok gery het, en paar passe daar by Hartmansvallei met klippe. Traksie beheer moet af wees vir sand. Dit lyk of die eerste beslis laer gerat is as n ander bakkies, dit kon goed kruip teen lae toere. Afdraend het dit n huplmiddel wat spoed laag hou.

Lyk my nie hier is bundu bashing Amaroks nie. Dink jy om een aan te skaf? Beslis n beter keuse as al die ander.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 31/08/2020 - 16:54

Het ook daai gesien.  Was nogals 'n lekker toer saam hulle daar bo in Namib.

 

More neef Herman

Terwyl ek wag dat my beursie rek, om 'n aankoop te hanteer, hou ek my besig met feite versameling. 

Daar is baie polemiek oor heeltyds viertrek [AWD] soos Amarok en Triton, teenoor deeltyds 4-trek met laestrek, soos Hilux. Dan is daar ook bv Prado's met AWD en lae strek.

Onlangs het 'n kundige die tegnologie van Amarok besing, en eintlik bevraagteken waarom ander bakkies nie dit navolg nie. Nou kom die vraag---watter tipe het die minste onderhoud. AWD, teenoor deeltyds 4x4. 

Groete 

 

Worcester

Wildehont

Tue, 01/09/2020 - 08:24

My logika sê vir my AWD se hele drivetrain werk heeltyd, en ‘n deeltydse 4x4 s’n net deeltyds. Lg het egter ‘n oordrag ratkas (eie vertaling) en ek dink nie ‘n AWD sonder laestrek het een nie, maar het wel ‘n derde ewenaar tussen die twee aste.
Persoonlik sal ek nie in sand wil sleep sonder laestrek nie. Ek dink ek het dit voorheen genoem, maar ‘n AWD sonder ‘n ewenaarslot tussen die twee aste raak soms ‘n 4x2 as die een as se wiele bv op klip en die ander s’n op sand is (ekstreme voorbeeld ter illustrasie). Dalk het hedendaagse rygoed slim elektroniese maniere om die probleem te oorkom, maar ek vertrou meganika makliker as elektronika. 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 01/09/2020 - 09:13

Permanente 4x4 is baie beter as deeltyds, selfs vir gewone padverbruik. Dink net aan nat teerpad vir n begin, jou voorwiele sal jou voertuig trek in die rigting wat hulle wys. Ongelukkig is die " ou skool" drivetrains net vir Afrika se vryheidsvegters nog toepaslik. Jy gaan beswaarlik n voertuig met all die hulpmiddels kry, stabiliteit, rem, afdraendbeheer nog n klomp ander, maar Kiepie is in charge van die 4x4 opsie.

Ek lees dat die nuwe Defender " the most advanced system in the world" het tov die. Blykbaar permanent aan internet vas. Verbeel jou jy sit by Miribab in Namibië, en jou battery is pap. Wessel, sterkte met die soeke. Wens ek kon my skip wat so stadig sink aan wal kry en n nuwe Cruiser 200 onder die dak intrek, of dalk net n goeie gebruikte een sal ook ok wees.

More neef Herman en ander

Ek was gou VW toe, kan julle glo, geen meer brosjures nie---spaar papier. Terug op internet, waar ek die volgende kry vir V6 3liter turbo diesel

Rat     verhouding

1          4.71

2         3.14

3         2.11

4        1.67

5         1.29

6         1

7         0.84

8        0.67

Die eerste ses ratte is laer as selfs die V6 Cruiser se ratte. Groot voordeel vier sleep, is die 6de rat  verhouding 1. Dan volg die ekonomiese ratte nr 7 en 8. Kon ongelukkig nie die "diff ratios" op die blad kry nie.

Na my mening 'n goeie veeldoelige ratkas, maar die laestrek vir kruip ontbreek. Nou die vraag---- wil mens kruip?

Groete  

Worcester

Wildehont

Tue, 01/09/2020 - 14:12

...whisky smaak soos heuning. (aanhaling geleen by Valiant Swart). 

Waar was ons? Wil mens kruip? Ek antwoord dit met ‘n teenvraag; wil mens Botswana of Mosambiek toe gaan? 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus