TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

76986 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Willemsrus fotos Willemsrus wessels -6 hours ago
Sterkte Len Sterkte Oom Len Frieps -6 hours ago
Goeiemôre September koffie inloer Frieps -6 hours ago
neef Herman Sterkte Oom Len Willem Brits -7 hours ago
Môre sê Kampforum September koffie inloer Willem Brits -7 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -7 hours ago
Dankie Johann. Ek sien… Waarheen gaan julle die… Wildehont -8 hours ago

Scorpio SUV S11 4X4 6MT

Centurion
Submitted byVoortrekker onThu, 03/09/2020 - 19:31
Forums

s

My tweede Mahindra. cool   

Ek het hom laat vanmiddag gaan haal en toe 'n lekker draai gaan ry, kon amper nie terug by die huis kom nie want hy wil net toer! smiley

Môreoggend gaan ek bietjie kyk hoe om hom te laai en dan die pad vat Zaagkuilsdrift toe vir 'n lekker eerste kamp in die bos met ons nuwe kamp voertuig.

Hierdie is die 2020 model met al die nuutste S11  kenmerke sowel as die dieselfde krag en 6spoed ratkas as die nuwe Karoo bakkies.

Ons het lekker getoer die laaste 10 jaar met die LWB Caddy Tdi , maar sy 200k's op die klok was genoeg vir my en hoop ek ons gaan dieselfde en meer genot en toere uit die nuwe Mahindra kry.

Môre Voortrekker

Geniet jou SUV, sommer opgewonde vir jou part.

Onthou om 'n omvattende foto-verslag van Zaagskuilsdrift te plaas, ek sien uit daarna. Fokus op die ablusie-geriewe.

Groete

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 04/09/2020 - 09:05

Nou gaan julle kampe net nog lekkerder wees, geniet die SUV en baie veilige km's.

Centurion

Voortrekker

Sun, 06/09/2020 - 19:22

'N lekker eerste kamp en inwyding.  Die spasie was voldoende vir ons tent & gazebo setup.

Ek kon die 4x4 en laestrek mooi uittoets en vroulief kon lekker in die bos rondspeel.

S