
My tweede Mahindra.
Ek het hom laat vanmiddag gaan haal en toe 'n lekker draai gaan ry, kon amper nie terug by die huis kom nie want hy wil net toer! ![]()
Môreoggend gaan ek bietjie kyk hoe om hom te laai en dan die pad vat Zaagkuilsdrift toe vir 'n lekker eerste kamp in die bos met ons nuwe kamp voertuig.
Hierdie is die 2020 model met al die nuutste S11 kenmerke sowel as die dieselfde krag en 6spoed ratkas as die nuwe Karoo bakkies.
Ons het lekker getoer die laaste 10 jaar met die LWB Caddy Tdi , maar sy 200k's op die klok was genoeg vir my en hoop ek ons gaan dieselfde en meer genot en toere uit die nuwe Mahindra kry.


Baie geluk Voorie, baie…
Baie geluk Voorie, baie kilometer genot vir julle hoor en lekker kamp. Ek moet sê, dit is nogal 'n mooi wippie die.
Baie geluk mag julle…
Baie geluk mag julle duisende sorgvrye km aflê.
Baie geluk met die nuwe…
Baie geluk met die nuwe wiele, hoop jy gaan baie toer met die voertuig.
Ek weet, jy gaan goeie diens kry.![]()
Bennanta sê ook baie geluk,…
Bennanta sê ook baie geluk, mag jy baie kilos sonder sorge geniet.
Mah se dinges! Veels geluk…
Mah se dinges! Veels geluk Anton. Vele veilige myle vir julle!
Baie geluk Anton Nou kan jy…
Baie geluk Anton
Nou kan jy daai lekker rowwe agterpaaie gaan ry.
Geniet hom, en gelukkige duisende kilo's vir julle.
Die berge roep jou. ![]()
Nuwe speelding
Môre Voortrekker
Geniet jou SUV, sommer opgewonde vir jou part.
Onthou om 'n omvattende foto-verslag van Zaagskuilsdrift te plaas, ek sien uit daarna. Fokus op die ablusie-geriewe.
Groete
Geniet hom Anton
Nice baie nice 1000000000000 km met hom met geen probleme
Baie geluk ...
Nou gaan julle kampe net nog lekkerder wees, geniet die SUV en baie veilige km's.
'N lekker eerste kamp en…
'N lekker eerste kamp en inwyding. Die spasie was voldoende vir ons tent & gazebo setup.
Ek kon die 4x4 en laestrek mooi uittoets en vroulief kon lekker in die bos rondspeel.

Sjoe dit lyk lekker! Hoe mis…
Sjoe dit lyk lekker! Hoe mis ek die bosveld nou...
Lekker man lekker. Baie…
Lekker man lekker. Baie geluk met die nuwe ryding. Mag julle baie baie veilige kilos ry. Geniet hom.
Groetnis
Ek het vandag vir my 'n…
Ek het vandag vir my 'n stewige sleepstang laat opsit.

Netjies Aton, nou kort jy…
Netjies Aton, nou kort jy net 'n Penta.![]()
Fietsrak, vir wat, gaan jy…
Fietsrak, vir wat, gaan jy kamp of fiets ry.![]()
Ek gaan maar soos Warren…
Ek gaan maar soos Warren maak. As die Mahindra vassit dan kan ons darem fietsry ![]()
Netjies en ja nou
Netjies Anton ja nou kort jy soos Johann se n Penta ![]()





Nou gaan jou agterent jeuk…
Nou gaan jou agterent jeuk vir die vêr paaie. Lekker Voorie geniet die.... ek probeer dit sê...Mah... ag wat jou Curry Caddy dan.