6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 minutes ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -13 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago

Buffelsbaai - deur Servaas

Submitted by Servaas on
Forums

BuffelsbaaiEen van ons gunsteling kampplekke. Hierdie foto was geneem in April 2016

 

Buffelsbaai

HARRY DU RANDT:

Servaas, was julle die 09/03/2017 daar ?

Ons het vinnig daar ingeloer

SERVAAS: Nee Harry. Ons was nie hierdie jaar daar nie. Besluit om bietjie later Namibia toe te gaan hierdie jaar. BTW. Baie mooi fotos wat jy geneem het. Verlang skoon na die plek.

Worcester

Wildehont

Mon, 26/10/2020 - 14:25

Ek het vandag uitgevind dat ons bespreking by Hartenbos (van 23 tot 27 November) nou eers volgende jaar kan plaasvind. Dit nadat ek gister vir die kinders vertel het dat ons vir 9 slapies see toe gaan oor minder as ‘n maand (ons sou 3 aande by Glentana aangehaak het voor en 2 aande by Jongensfontein na Hartenbos). 

Ek het self uitgesien na ‘n seevakansie. Nou soek ek na ‘n alternatief, verkieslik uitsluitlik kampering. Buffelsbaai lyk lekker. Ek sien egter daar is ook ‘n munisipale oord genaamd Buffelskop daar naby. Laasgenoemde is oorkant ‘n pad van die see af en op ‘n heelwat hoër vlak as Buffelsbaai. Dit is wel goedkoper maar kry goeie resensies op Tripadvisor. Het iemand dalk al daar gestaan?

Goeie dag Wildehond. Soos ek verstaan is Buffelskop slegs oop oor die Desember vakansie tyd. Ek self het nog nie daar gestaan nie maar ek weet van mense wat elke jaar daar kamp en hulle praat met lof van die plek. Die uitsig van daar af is natuurlik onverbeterlik.

Worcester

Wildehont

Mon, 26/10/2020 - 14:44

Servaas

Hulle het tariewe vir die hele jaar op hulle webwerf. Buite seisoen is dit maar R292.06 per aand. 
Buffelsbaai lyk darem maar lekker so op die rotse, maar dit kos R550 per aand vir ons gesin. 

Chris, ek het gou gaan loer, dit lyk pragtig, maar ek sien net stormtoue en nette.

Saam met daai uitsig, kom die wind gratis.

Groete

Jy is reg Wessel. Die wind kan pomp daar.  Maart, Aapril bly maar die beste maande om daar te gaan kamp.  By Buffelsbaai kamp ek met my rug na die Noord/Wes, net regs van die ingang en dan pla die wind hoegenaamd nie. 

Middelburg

Noel

Mon, 26/10/2020 - 15:48

Ek het Buffelsbaai karavaanpark baie geniet en dit is naaste wat ek van die see af kamp. 5 meter van die see af. Daar is nog n karavaanpark wat op die koppie is met n pragtige see uitsig en klink amper of dit Buffelskop is. Hulle was toe en het deur park gery. Het paar busse gesien in die park. 

Worcester

Wildehont

Mon, 26/10/2020 - 19:29

‘n Ander opsie vir naby aan die see en heelwat nader aan my is Mosselbaai. Hartenbos het ‘n lekker strand, maar die onderste staanplekke is ook maar blootgestel aan die elemente en daar is niks bome nie. Ek weet hier is baie Hartenbos liefhebbers op die forum, maar het iemand al by De Bakke of Santos gestaan?

Pretoria

Geert

Tue, 07/05/2024 - 21:29

HennieB het my getag op n mooi lugfoto  van Buffelsbaai. Is so mooi....wil dit hier deel 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus