Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -4 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Movember

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on

Lyk my die kampeerders is of bang, of hulle is gatvas in hulle se lookse.

Neef skeer sy spogbaard elke 2de jaar af vir Novembermaand. Julle weet al dat dit kankerbewustheidsmawnd onder die manne is, en jy wys solidariteit deur jou snor en of baard te groei. Wel ek moet afskeer, en hier is vandag se bewys.

Voor

Voor die knipper.

Na

En na die knipper. 

Kom manne, laat daar n paar before en after fotos kom, weet julle is ook lelik. Of sal ons kyk wie gaan Sean Connery se gat volmaak, hy het n netjiese baardjie gehad.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 01/11/2020 - 17:20

Voorie, daai man met die kalkoen-nekkie, en skewe gesiggie.... ken hom nie te goed nie. Neef groei baard van die bittereinder dae af, maw, lankal. En.... gaan jy die ding doen ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 01/11/2020 - 17:54

Nee-wat Herman, om twee redes kan ek nie deelneem aan kankerbewustheid maand nie :-

  • Eerstens, wat kanker bewustheid betref, het ek die afgelope twee maande reeds my kant gebring !
  • Tweedens, my baard groei kwaaier aan die een kant en aan die ander kant is dit net melkbaardjies wat uitkom. Dus, ek sal 'n bespotting van myself maak met 'n hewige baard en snor oor die een helfte van my gesig.

Laastens, ek hou nogal van jou tweede foto hierbo.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 01/11/2020 - 18:21

Hello Len, heng nee, daai gladde tamatie lyk maar eienaardig. Nou hoekom sal jy dit nie oorweeg om n klein kratertjie te wees nie. Daar is vir my so ñ goedvoel in die maand waar ons saamstaan en omgee. Groei hom skeef, en krul hy verkeerde kant toe, bokker die res, ons het net mekaar.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/11/2020 - 18:58

Ek het inderwaarheid van Movember vergeet en dus vanoggend geskeer - ek snor darem voltyds. Ek gaan moeilik by Ralie verbykom, maar sal môre-oggend maak of ek vergeet het om te skeer en hopelik op 'n subtiele manier by haar afkeuring verby te kom.

Ek het etlike jare lank gebaard - toe dit nog mooi donker was. Vroulief vind egter nie aanklank by die grys baard nie. Maar terselfdertyd mag ek nie my snor afskeer nie - my bolip vertoon blykbaar "te lank" (wat dit ookal mag beteken).

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 01/11/2020 - 20:03

Chris, dan is dit tyd dat die snor waai, en die baard groei. Magties, lyk my die pantoffel regering ..... sê maar liewer niks verder nie. Man of muis..

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 02/11/2020 - 09:44

Ek het laas jaar opgehou skeer, hy is nou mooi kort getrim vir Movember soo neef sin.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 02/11/2020 - 10:52

ZZ

XX

Boonste foto wys toe my baard nog op sy langste was. Op die plaas geneem met sneeu.

Onderste foto wys hoe my baard nou lyk, na ek "Alopecia Universalis" op gedoen het. Seker so 3 na 4 jaar terug. Daar is geen haar op my liggaam meer nie.

Ek het my hele volwasse lewe n snor gehad en die laaste 10 jaar (voor siekte) n baard gehad. Vir my was dit n groot aanpasing en ek het nou maar vrede met dit gemaak. Ek voel soms ek kyk soos n pasgebore muis. Daar is ongelukkig geen behandeling vir dit nie, Dink die akteurRegahdt Van Den Berg het die selfde siekte.

Daar kon so nou en dan n donsie of twee uit, maar ek skeer dit dan maar af.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 04/11/2020 - 08:08

Ek kan nie ‘n snor groei vir Snorvember sonder om soos ‘n polisiekonstabel wat pas uit die kollege gekom het te lyk nie. Hier onder is ‘n foto van my tydens verlede jaar se Snorvember net voor die Wêreldbeker finaal. Dis al wat ek het om te wys. 

A

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 04/11/2020 - 08:56

Wildehont, daai is meer as genoeg. Ons hou mos nie n kompetisie nie, en jou groen is nogals mooi, net nie op n hangover nie...! Wonder of ek nie ook kan doen met n titselkie kleur nie. Die  lekker bright rooi kan nogals neef so Skotse voorkoms gee.

Wonder hoeveel is hier onder ons wat nou groei ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 04/11/2020 - 14:43

Wonder of ek nie ook kan doen met n titselkie kleur nie.

Crazy Store verkoop sulke blikkies waarmee jy die kleur aanspuit. Dit was maklik af ook. Ek het tydens die rugby wêreldbeker elke keer wat die Springbokke gespeel het my baardjie groen geverf.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus