Lyk my die kampeerders is of bang, of hulle is gatvas in hulle se lookse.
Neef skeer sy spogbaard elke 2de jaar af vir Novembermaand. Julle weet al dat dit kankerbewustheidsmawnd onder die manne is, en jy wys solidariteit deur jou snor en of baard te groei. Wel ek moet afskeer, en hier is vandag se bewys.

Voor die knipper.

En na die knipper.
Kom manne, laat daar n paar before en after fotos kom, weet julle is ook lelik. Of sal ons kyk wie gaan Sean Connery se gat volmaak, hy het n netjiese baardjie gehad.
Sies Johann, pure "vanity"…
Sies Johann, pure "vanity". Dink jy ek geniet dit om soos n geplukte hoender te lyk ?
My aarde! Nogal 'n…
My aarde! Nogal 'n aantreklike jong man wat agter die baard wegkruip ![]()
Voorie, daai man met die…
Voorie, daai man met die kalkoen-nekkie, en skewe gesiggie.... ken hom nie te goed nie. Neef groei baard van die bittereinder dae af, maw, lankal. En.... gaan jy die ding doen ?
Nee-wat....
Nee-wat Herman, om twee redes kan ek nie deelneem aan kankerbewustheid maand nie :-
- Eerstens, wat kanker bewustheid betref, het ek die afgelope twee maande reeds my kant gebring !
- Tweedens, my baard groei kwaaier aan die een kant en aan die ander kant is dit net melkbaardjies wat uitkom. Dus, ek sal 'n bespotting van myself maak met 'n hewige baard en snor oor die een helfte van my gesig.
Laastens, ek hou nogal van jou tweede foto hierbo.
Hello Len, heng nee, daai…
Hello Len, heng nee, daai gladde tamatie lyk maar eienaardig. Nou hoekom sal jy dit nie oorweeg om n klein kratertjie te wees nie. Daar is vir my so ñ goedvoel in die maand waar ons saamstaan en omgee. Groei hom skeef, en krul hy verkeerde kant toe, bokker die res, ons het net mekaar.
Ek het inderwaarheid van…
Ek het inderwaarheid van Movember vergeet en dus vanoggend geskeer - ek snor darem voltyds. Ek gaan moeilik by Ralie verbykom, maar sal môre-oggend maak of ek vergeet het om te skeer en hopelik op 'n subtiele manier by haar afkeuring verby te kom.
Ek het etlike jare lank gebaard - toe dit nog mooi donker was. Vroulief vind egter nie aanklank by die grys baard nie. Maar terselfdertyd mag ek nie my snor afskeer nie - my bolip vertoon blykbaar "te lank" (wat dit ookal mag beteken).
Chris, dan is dit tyd dat…
Chris, dan is dit tyd dat die snor waai, en die baard groei. Magties, lyk my die pantoffel regering ..... sê maar liewer niks verder nie. Man of muis..
En... Movember is net vir n…
En... Movember is net vir n maand. Dit vat twee jaar om n oordentlike baard te groei. Dink bietjie.....
Oooooops.... Kat uit die sak?
My aarde! Nogal 'n aantreklike jong man wat agter die baard wegkruip
NE!
See maar nixs....![]()
![]()
gaan jy die ding doen ?…
gaan jy die ding doen ?
Ja Neef, ek het vanoggend jou voorbeeld gevolg en my bakkies mooi glad geskeer ![]()
Boonste foto wys toe my…

Boonste foto wys toe my baard nog op sy langste was. Op die plaas geneem met sneeu.
Onderste foto wys hoe my baard nou lyk, na ek "Alopecia Universalis" op gedoen het. Seker so 3 na 4 jaar terug. Daar is geen haar op my liggaam meer nie.
Ek het my hele volwasse lewe n snor gehad en die laaste 10 jaar (voor siekte) n baard gehad. Vir my was dit n groot aanpasing en ek het nou maar vrede met dit gemaak. Ek voel soms ek kyk soos n pasgebore muis. Daar is ongelukkig geen behandeling vir dit nie, Dink die akteurRegahdt Van Den Berg het die selfde siekte.
Daar kon so nou en dan n donsie of twee uit, maar ek skeer dit dan maar af.
Al wat ek het
Ek kan nie ‘n snor groei vir Snorvember sonder om soos ‘n polisiekonstabel wat pas uit die kollege gekom het te lyk nie. Hier onder is ‘n foto van my tydens verlede jaar se Snorvember net voor die Wêreldbeker finaal. Dis al wat ek het om te wys.

Wildehont, daai is meer as…
Wildehont, daai is meer as genoeg. Ons hou mos nie n kompetisie nie, en jou groen is nogals mooi, net nie op n hangover nie...! Wonder of ek nie ook kan doen met n titselkie kleur nie. Die lekker bright rooi kan nogals neef so Skotse voorkoms gee.
Wonder hoeveel is hier onder ons wat nou groei ?
Ek het vandag 'n week laas…
Ek het vandag 'n week laas geskeer. Neef sal baie trots wees op my ![]()
Neef Herman. Ek het jou…
Neef Herman. Ek het jou uitdaging aanvaar
Hier is 'n foto voor Movember verby is.






Naand Neef, nee man, ek kan…
Naand Neef, nee man, ek kan nie saam werk nie, my baard is 'n Apache baard,'n patch hier, en 'n patch daar