Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -5 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Plastiek besoedeling van ‘n ander soort

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Vanoggend gaan stap ons langs die see by Jongensfontein. Oppad terug sien ons ‘n span met rooi oorpakke en geel beffies wat sand met grawe opskep en dan sif.
 

A

Ons spekuleer dat hulle die strand skoonmaak. Toe raak ons aan gesels met hulle toesighouer. 
 

Hy verduidelik dat hulle ‘n kontrak het om van Plettenbergbaai tot Kaapstad die strande te fynkam vir plastiek nurdles. Dit is ‘n basis materiaal vir goed wat van plastiek gemaak word - klein balletjies plastiek. Hy is nie seker wat gebeur het nie, maar die goed het in die see beland deur bv ‘n skeepsvraghouer wat van ‘n skip afgeval het. Dit dryf, en word deur aanlandige winde na die kus gebring. Dit spoel dan op die hoogwater merk uit. Hier is ‘n foto van ‘n voorbeeld op die strand wat hy vir ons gewys het. 
 

Nurdles

 

Die bolletjies is so 4mm in deursnee. Hy sê op besige strande trap mense dit in die sand in, en dit bemoeilik hulle taak. Hulle maatskappy spesialiseer daarin om besoedeling op te ruim. Nie net plastiek nie, maar ook olie en ander gevaarlike stowwe. 
 

Hy sê hulle was drie weke gelede hier by Jongensfontein en het niks gekry nie. Vandag is daar egter ‘n klomp van die goed, en hulle was vir ure besig om die strand te fynkam daarvoor. As jy inzoem op die foto hier onder sal jy hulle sien werk op die strand. 
 

A

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 29/11/2020 - 07:14

Dit is hartseer om te sien hoe ons, ons eie wêreld besoedel. Dankie aan sulke instansies wat opruim.

Ongelukkig is besoedeling deel van ons lewe, daar sonder sou ons geen voor uit gang gemaak het nie, soos in die voorbeeld bo genoem.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 29/11/2020 - 19:36

Daai selfde balletjies het laasjaar by die miljoene op Ballito se strande uitgespoel......hulle het die publiek vergoed per kilogram wat jy ingee

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 29/11/2020 - 21:25

Ons het gister deur Victoria-Wes gery. Dit was skokkend om die besoedeling met plastieksakke te sien. Ek het al meermale gesê dat plastiekverpakking nie in Afrika hoort nie. In my werkende lewe het ek in Afrika gewerk. Lusaka (Zambië) was seker die ergste wat ek waargeneem het. Maar dit wat ek gister in Victoria-Wes gesien het, mag dalk Lusaka op die besoedelings-rangorde verbysteek. Die uitdrukking "skokkend", is wanneer 'n mens jou ware opinie onderdruk. Afrika, insluitende Suid-Afrika, is nie opgewasse (lees: "opgevoed") om plastiek te hanteer nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 29/11/2020 - 21:51

Daai balletjies waarna ek hierbo verwys by Ballito.....dit was laasjaar gewees. Die berig in die koerant was toe dat n skip 33ton van daai balletjies in die see laat val het. Dink julle dit kan dieselfde wees wat met strome af Kaap toe beweeg het?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 30/11/2020 - 05:42

Môre Geert, magties maar dit is 'n groot vrag gemors wat in die see beland het.

Ek weet bitter min van see strome, dit kan moontlik wees dat dit die geval is?

Dink julle dit kan dieselfde wees wat met strome af Kaap toe beweeg het?

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Mon, 30/11/2020 - 05:44

Virgin Poly propylene riuns at ablut R20 / Kg = over half a miilon........

Not surprizing that they would give you something for it...

Having said that...... I've got a sneaking suspicion that it's more about the money than cleaning the beach...

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 30/11/2020 - 06:27

wat met strome af Kaap toe beweeg het?

Die Agulhas see stroom beweeg langs ons kus af so dit is heel moontlik 

A 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 30/11/2020 - 07:35

Ja die mensdom kan mors dan betaal jy ander om skoon te maak

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/11/2020 - 11:11

As ek dit reg het het ek nou die ander dag op TV iets van die storting gesien.  Daar is glo van daai balletjies teen die Aus. kus ook gekry.  Vir die visse (see diere) lyk dit soos kos en vreet dit wat dan hulle dood veroorsaak.

Dink julle dit kan dieselfde wees wat met strome af Kaap toe beweeg het?

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 30/11/2020 - 13:07

Ek het gou gesoek op Google, en dit blyk dat hierdie ‘n onlangse voorval was waaroor die regering nie haastig was om inligting van te voorsien nie. Lees meer en sien ‘n video hier. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 30/11/2020 - 13:11

die Agulhas westekant

Die Benguela is die koue een wat teen die Weskus op vloei. As ek reg onthou, vloei die Agulhas stroom ‘n ent van die kus af, en vloei daar ‘n  kleiner stroom teen die kus op in die teenoorgestelde rigting nader aan die land. Dit is in elk geval so by Cape Vidal, waar ek vir ‘n ruk gewerk het. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 30/11/2020 - 22:36

Dit lyk my hierdie besoedeling gebeur op n meer gereelde basis....op nog n artikel afgekom Oktober 2017

Plastic catastrophe on Dolphin Coast beaches: how can you help? - North Coast Courier

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus