So lyk Tora se pennekas. Alles wat jy op die Foto sien gaan in daai pennesak onder die trap. Die trap se 4 voete kan ook srel as die grond ongelyk is. die gewig van die penne hou die trappe ook op sy plek as mens ry en jy het nie 'n aparte sak nodig nie.

HARRY DU RANDT: Mooi man. Alles mooi bymekaar.
VOORTREKKER:
Harry Du Randt het geskryf:
Mooi man
Alles mooi bymekaar
Ek stem saam. Mooi netjies.
LEN LOADER:
Ek hou van daardie tentpaal-voet-potjies wat sal keer dat tentpale skuif as die wind waai.
Ek het in Hartenbos gesien 'n ou hou sy rguit penne en veerpenne bymekaar deur dit in stukke swart 25mm besproeïng pype van ongeveer 15cm elk te druk. Dit sal dan nog netjieser en bymekaar in Tora se pennekas pas.
TORA:
Len Loader het geskryf:
Ek hou van daardie tentpaal-voet-potjies wat sal keer dat tentpale skuif as die wind waai.
Ek het in Hartenbos gesien 'n ou hou sy rguit penne en veerpenne bymekaar deur dit in stukke swart 25mm besproeïng pype van ongeveer 15cm elk te druk. Dit sal dan nog netjieser en bymekaar in Tora se pennekas pas.
LEN,
Ek doen dit ook so net die 3 penne en 4 toue wat ek gebruik as ek oornag is los in die penne sak Al die ander Toue en Grondseil penne as ook my voetstukpenne is in los sakkies , dit pak dan baie maklik on die pennekas.
JOHAN L:
Baie netjies Tora, ordelik en bymekaar.
Smaak my mos ons kampeerders is vol nonsies, my lang pale het hul eie sak, kort dwars pale het hul sak, reguit penne in hul eie sak, "7" penne in hulle sin, die konekter sokke kom in apparte sak.
Soms dink ek, of is dit waar?, my kop raas.
In die neus kas, het alle gereedskap hul "tool clips" om dit op hul plekke te hou.
My een skoonseun weier om te help weg pak, hy slaan op, breek af, was skottelgied, maar sê nee dankie vir die weg pak.
Elke anker tou kom in hul eie zip lock plastiek sakkie dan binne in 'n groot plastiek "box"
Ralley tent se pale kom ook in hul aparte sak.
IT'LDOdat: Soo lyk myne.... I keep this near the door for emergencies, all the other ropes / pegs & what-not's already being used.

My kamp gerei word in '…
My kamp gerei word in ''printer cartridge'' tassies gepak waarop geskryf staan wat daar in is en sodoende werk ek uit my karavaan se ''nose cone'' soos ek wat ookal benodig:
Toue in apparte tassie
Reguit penne in apparte tassie
Angle pennie in apparte tassie
Valve penne in apparte tassie
Storm straps in apparte tassie
Gereedskap in apparte tassie
Bogenoemd voorkom dat jy dalk iets verlê of jouself deswatookal val oor alles, asook alles bly netjies en die opslaan word vergemaklik.
Tassies
Dennis, daai tassies werk baie lekker. Ek het ook altyd so paar van hulle in gebruik gehad toe ons gekamp het.
Deesdae het ek wel nog so 10 of wat in gebruik in motorhuis, en bêre goed soos gomme, silikon, boormasjiene en dies meer daarin, natuurlik ook elkeen gemerk, en die wat plat lê, ook op die handvatsel kante.
Ek gebruik ook so 2 of 3 wanneer ons met vakansie gaan (alternatiewe blyplekke, natuurlik) en het bv. een vir voltmeter, herlaaitoestelle soos selfone en tablette, ander een vir gomme (ja, ek ry altyd aanmaak gomme soos Quickset Steel en dies meer saam), asook een vir braai-aanstekers en vuurmaak-goed.
Ek het ook omtrent vir al die familie van die goed gegee, ons he top 'n stadium so 5 per maand leeggemaak. Nou gebruik ek slegs so twee elke vier na 5 maande, die ander kasette wat ons koop, is in kartonne verpak.
Baie handig
@ Johann, ek werk hulle so uit die "Neuskas" uit. Ek pak hulle gewoonlik soos hoe ek gaan opslaan. Gelukkig, Geraldine "moan" darem nie
omrede dit my gebied is.
Dit werk ook baie makliker en goed lê nie rond nie.
Ongelukkig vergeet ek so nou en dan die hammer en moet maar bietjie "gatkruip"
.
@ Oom Frans, al my elektriese gereedskap berg ek in hulle en elkeen is gemerk wat waar in is. Nou die dag gesien hoeveel die plastic winkels dit verkoop.
Hoekom koop? as ń gegewe perd hom wil weggooi![]()
![]()
Soms doen ek dinge wat ek…
Soms doen ek dinge wat ek agterna wens iemand wil my 'n behoorlike gatskop gee.
Die 2 ton elektriese sker domkrag het in so netjiese tassie gekom, en dit het te veel plek op geneem na my sin.?
Nou moet dit in 'n seil sak lê en is erg irriterend, maar die tassie is nou so verander om iets anders in te bêre, dat dit nooit weer sal werk vir die ontwerp nie.
Sal maar liewer nie myne wys…
Sal maar liewer nie myne wys as ek in die reen moes oppak nie het als net sommer in die neuskas deurmekaar in gegooi nogal lank gevat om dit toe weer reg te kry
Moet net nie die binnekant…
Moet net nie die binnekant van julle nosecone wys nie, want dan gaan ek skaam kry.
Smyt ook alles in en vat die punch later., maar ek het darem n box met penne, hamers en goete.
Hy kom los in die Jeep. Te swaar vir die wa.
Dan het ek n box vir allerhande anner goete, silikon spray, saag, riveter en en en en. Ook agter in die Jeep.
Los sakkies vir die toue en die koppelstukke









Johann,…
Warren,
Ek sien jy vou jou toue ook op soos wat ek maak