Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
dis wat... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -4 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -4 hours ago

Hoe lyk jou pennekas?

Potch
Profile picture for user TORA
Submitted by TORA on
Forums

So lyk Tora se pennekas. Alles wat jy op die Foto sien gaan in daai pennesak onder die trap. Die trap se 4 voete kan ook srel as die grond ongelyk is. die gewig van die penne hou die trappe ook op sy plek as mens ry en jy het nie 'n aparte sak nodig nie.

pk

HARRY DU RANDT:  Mooi man.  Alles mooi bymekaar.

VOORTREKKER:

Harry Du Randt het geskryf:

Mooi man

Alles mooi bymekaar

 

Ek stem saam. Mooi netjies.

LEN LOADER:

Ek hou van daardie tentpaal-voet-potjies wat sal keer dat tentpale skuif as die wind waai.

Ek het in Hartenbos gesien 'n ou hou sy rguit penne en veerpenne bymekaar deur dit in stukke swart 25mm besproeïng pype van ongeveer 15cm elk te druk.  Dit sal dan nog netjieser en bymekaar in Tora se pennekas pas.

TORA:

Len Loader het geskryf:

Ek hou van daardie tentpaal-voet-potjies wat sal keer dat tentpale skuif as die wind waai.

Ek het in Hartenbos gesien 'n ou hou sy rguit penne en veerpenne bymekaar deur dit in stukke swart 25mm besproeïng pype van ongeveer 15cm elk te druk.  Dit sal dan nog netjieser en bymekaar in Tora se pennekas pas.

LEN,
Ek doen dit ook so net die 3 penne  en 4 toue wat ek gebruik as ek oornag is los in die penne sak Al die ander Toue en Grondseil penne as ook my voetstukpenne is in los sakkies , dit pak dan baie maklik on die pennekas.

JOHAN L:

Baie netjies Tora, ordelik en bymekaar.

Smaak my mos ons kampeerders is vol nonsies, my lang pale het hul eie sak, kort dwars pale het hul sak, reguit penne in hul eie sak, "7" penne in hulle sin,  die konekter sokke kom in apparte sak.
Soms dink ek, of is dit waar?, my kop raas.
In die neus kas, het alle gereedskap hul "tool clips" om dit op hul plekke te hou.
My een skoonseun weier om te help weg pak, hy slaan op, breek af, was skottelgied, maar sê nee dankie vir die weg pak.
Elke anker tou kom in hul eie zip lock plastiek sakkie dan binne in 'n groot plastiek "box"
Ralley tent se pale kom ook in hul aparte sak.

IT'LDOdat: Soo lyk myne.... I keep this near the door for emergencies, all the other ropes / pegs & what-not's already being used.

pk

Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Wed, 05/04/2017 - 11:25

My kamp gerei word in ''printer cartridge'' tassies gepak waarop geskryf staan wat daar in is en sodoende werk ek uit my karavaan se ''nose cone'' soos ek wat ookal benodig:

Toue in apparte tassie

Reguit penne in apparte tassie

Angle pennie in apparte tassie

Valve penne in apparte tassie

Storm straps in apparte tassie

Gereedskap in apparte tassie

Bogenoemd voorkom dat jy dalk iets verlê of jouself deswatookal val oor alles, asook alles bly netjies en die opslaan word vergemaklik.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 14/04/2017 - 18:55

Baie netjies Dennis, nee jong, ek het weer van die kassies verminder, dit vat te veel plek volgens my vrou, dink sy soek net meer vanity spasie as jy my vra ?

Terug op sakke vir die penne maar my twee kissies vir toue en spares gaan ek nie prys gee nie.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 14/04/2017 - 19:12

Dennis, daai tassies werk baie lekker. Ek het  ook altyd so paar van hulle in gebruik gehad toe ons gekamp het. 

Deesdae het ek wel nog so 10 of wat in gebruik in motorhuis, en bêre goed soos gomme, silikon, boormasjiene en dies meer daarin, natuurlik ook elkeen gemerk, en die wat plat lê, ook op die handvatsel kante.

Ek gebruik ook so 2 of 3 wanneer ons met vakansie gaan (alternatiewe blyplekke, natuurlik) en het bv. een vir voltmeter, herlaaitoestelle soos selfone en tablette, ander een vir gomme (ja, ek ry altyd aanmaak gomme soos Quickset Steel en dies meer saam), asook een vir braai-aanstekers en vuurmaak-goed.

Ek het ook omtrent vir al die familie van die goed gegee, ons he top 'n stadium so 5 per maand leeggemaak. Nou gebruik ek slegs so twee elke vier na 5 maande, die ander kasette wat ons koop, is in kartonne verpak.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Fri, 14/04/2017 - 19:50

In reply to by Frans Pretorius

@ Johann, ek werk hulle so uit die "Neuskas" uit. Ek pak hulle gewoonlik soos hoe ek gaan opslaan. Gelukkig, Geraldine "moan" darem nielaugh omrede dit my gebied is.

Dit werk ook baie makliker en goed lê nie rond nie.

angry Ongelukkig vergeet ek so nou en dan die hammer en moet maar bietjie "gatkruip"laugh angry.

@ Oom Frans, al my elektriese gereedskap berg ek in hulle en elkeen is gemerk wat waar in is. Nou die dag gesien hoeveel die plastic winkels dit verkoop.

Hoekom koop? as ń gegewe perd hom wil weggooilaughyes

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 14/04/2017 - 20:48

Soms doen ek dinge wat ek agterna wens iemand wil my 'n behoorlike gatskop gee. 

Die 2 ton elektriese sker domkrag het in so netjiese tassie gekom, en dit het te veel plek op geneem na my sin.?

Nou moet dit in 'n seil sak lê en is erg irriterend, maar die tassie is nou so verander om iets anders in te bêre, dat dit nooit weer sal werk vir die ontwerp nie.

0
Germiston
Profile picture for user Tjaart

Tjaart

Sat, 15/04/2017 - 08:16

Sal maar liewer nie myne wys as ek in die reen moes oppak nie het als net sommer in die neuskas deurmekaar in gegooi nogal lank gevat om dit toe weer reg te kry

 

0

Johann, WANNEER jy EENDAG hierdie rigting kom en DALK by my stop!!!!, sal ek vir jou so 'n paar van hierdie kasset tassies skenk!!! Onthou net om daarna te verwys, my "onthou"gaan soms met vakansie!!!

.

 

0
Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP

OOM JEEP

Sat, 15/04/2017 - 12:24

Moet net nie die binnekant van julle nosecone wys nie, want dan gaan ek skaam kry. 

Smyt ook alles in  en vat die punch later., maar ek het darem n box met penne, hamers en goete.

Hy kom los in die Jeep. Te swaar vir  die wa.

Dan het ek n box vir allerhande anner goete, silikon spray, saag, riveter en en en en. Ook agter in die Jeep.

Los sakkies vir die toue en die koppelstukke

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 15/04/2017 - 21:50

Die een plekkie waarop ek baie presies is, en redelik om ge-ally kan raak, is die neus kas, alles wat met "toolclips" kan vas, het hul "tool clips" en daar het ek ook 'n lang LED strook lig in gesit om in die donker iets te kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus