Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -34 minutes ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -2 hours ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Scorpio SUV S11 4X4 (my 2de Mahindra)

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

s

My tweede Mahindra. cool   

Ek het hom laat vanmiddag gaan haal en toe 'n lekker draai gaan ry, kon amper nie terug by die huis kom nie want hy wil net toer! smiley

Môreoggend gaan ek bietjie kyk hoe om hom te laai en dan die pad vat Zaagkuilsdrift toe vir 'n lekker eerste kamp in die bos met ons nuwe kamp voertuig.

Hierdie is die 2020 model met al die nuutste S11  kenmerke sowel as die dieselfde krag en 6spoed ratkas as die nuwe Karoo bakkies.

Ons het lekker getoer die laaste 10 jaar met die LWB Caddy Tdi , maar sy 200k's op die klok was genoeg vir my en hoop ek ons gaan dieselfde en meer genot en toere uit die nuwe Mahindra kry.

m

K

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/02/2021 - 06:38

Lyk of dit lekker moderig was, jy kon lekker daar speel 👍

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/02/2021 - 14:40

Mooi wêreld daar  -  ons vriende boer tussen Memel en Verkykerskop en hulle het gister 'n video vir ons gestuur van die reën op die plaas.  Daardie wêreld is nou papnat en grasgroen.

Bly jy het lekker en voorspoedig gery.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 02/09/2021 - 10:54

En hier is dit nou al 1 jaar  wat ek my Scorpio SUV besit met so ampertjies 25 000 km's wat ek al op die klok gesit het.      Dit is nog elke keer 'n absolute plesier om die sleutel te draai en die engin te hoor en voel dreun.   Dit is darem lekker om daagliks 'n luukse trekker te kan ry smiley

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 02/09/2021 - 11:11

Tyd loop Anton al n jaar soos ek ook reeds genoem het Mahindra se Karoo bakkie verkoop ook baie goed soos jou SUV hier in petrol dorp loop baie

0
Middelburg

Noel

Thu, 02/09/2021 - 17:34

Waar ek bly is Mahindra baie gewild en sien orals. Hulle is sterk bakkies en bang vir niks. Indien ek in die mark is vir die bakkie sal ek Mahindra Karoo koop. Brand name bakkies raak te duur en onbekosbaar vir die werkklas mense.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 10/09/2022 - 10:27

Nou al 2 jaar en 'n week wat ek my Mahindra SUV besit.   Ek het al 37 000 km met die voertuig gery en is besig om my 3rde langafstand toer te beplan.

Ek het tot dusvêr nog nie 'n dag se probleme gehad met die voertuig nie en dit is elke keer 'n plesier om agter die stuurwiel in te klim.

Sand duine en diamant kus paaie, Richtersveld 4x4, limpopo grondpaaie en diep reën seisoen modder paaie en poele , maar die KoelieCruiser loop net altyd vorentoe.  

0
Worcester

Wildehont

Mon, 12/09/2022 - 21:38

Dis lekker as mens 'n voertuig het wat jy geniet en waarmee jy na plekke kan reis wat bietjie van die hoofpad af is. Ek sien die opgewondenheid bou op vir julle volgende toer yes

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 13/09/2022 - 07:51

Soos Chris se dis lekke as jou voertuig net n plesier is geniet hom en vele toere 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus