
My tweede Mahindra.
Ek het hom laat vanmiddag gaan haal en toe 'n lekker draai gaan ry, kon amper nie terug by die huis kom nie want hy wil net toer! ![]()
Môreoggend gaan ek bietjie kyk hoe om hom te laai en dan die pad vat Zaagkuilsdrift toe vir 'n lekker eerste kamp in die bos met ons nuwe kamp voertuig.
Hierdie is die 2020 model met al die nuutste S11 kenmerke sowel as die dieselfde krag en 6spoed ratkas as die nuwe Karoo bakkies.
Ons het lekker getoer die laaste 10 jaar met die LWB Caddy Tdi , maar sy 200k's op die klok was genoeg vir my en hoop ek ons gaan dieselfde en meer genot en toere uit die nuwe Mahindra kry.


Ek skaam my oë uit my kop…
Ek skaam my oë uit my kop uit as my voertuie so moet lyk, sies man.
![]()
Darem nie so vuil nie
Normandien :- Anton, die…
Normandien :-
Anton, die pas wat jy van praat is dit Normandien-pas anderkant Memel ?
Len daar is twee. As jy van…
Len daar is twee. As jy van Memel se kant ry na so 20km kan jy regs draai Normandien pas toe of reguit aanhou Mullers pas toe.
Mooi wêreld daar - ons…
Mooi wêreld daar - ons vriende boer tussen Memel en Verkykerskop en hulle het gister 'n video vir ons gestuur van die reën op die plaas. Daardie wêreld is nou papnat en grasgroen.
Bly jy het lekker en voorspoedig gery.
En hier is dit nou al 1 jaar…
En hier is dit nou al 1 jaar wat ek my Scorpio SUV besit met so ampertjies 25 000 km's wat ek al op die klok gesit het. Dit is nog elke keer 'n absolute plesier om die sleutel te draai en die engin te hoor en voel dreun. Dit is darem lekker om daagliks 'n luukse trekker te kan ry ![]()
Ja wessel my trekker staan…
Ja wessel my trekker staan terug vir niks nie. 100% wringkrag op 1500 rpm en 6de rat op of afdraende sommer vol gelaai ![]()
Waar ek bly is Mahindra baie…
Waar ek bly is Mahindra baie gewild en sien orals. Hulle is sterk bakkies en bang vir niks. Indien ek in die mark is vir die bakkie sal ek Mahindra Karoo koop. Brand name bakkies raak te duur en onbekosbaar vir die werkklas mense.
Nou al 2 jaar en 'n week wat…
Nou al 2 jaar en 'n week wat ek my Mahindra SUV besit. Ek het al 37 000 km met die voertuig gery en is besig om my 3rde langafstand toer te beplan.
Ek het tot dusvêr nog nie 'n dag se probleme gehad met die voertuig nie en dit is elke keer 'n plesier om agter die stuurwiel in te klim.
Sand duine en diamant kus paaie, Richtersveld 4x4, limpopo grondpaaie en diep reën seisoen modder paaie en poele , maar die KoelieCruiser loop net altyd vorentoe.
Kerrie Cruiser
Dis lekker as mens 'n voertuig het wat jy geniet en waarmee jy na plekke kan reis wat bietjie van die hoofpad af is. Ek sien die opgewondenheid bou op vir julle volgende toer ![]()
Anton net so
Soos Chris se dis lekke as jou voertuig net n plesier is geniet hom en vele toere













Modder baber
Hoe lyk daardie wit skerpioen na dese?