Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -29 minutes ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -59 minutes ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -4 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -5 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 06/03/2021 - 10:02

Dagsê vriende,

         KAN VOLSTRUISE VLIEG?

Haha,,,,Jors jou wingat hoender storie het my aan die een laat dink, lag en sê Wille Willem terwyl hy vir ons n varsetjie ingooi waar ons so om ons kampvuurtjie sit. Dit is en bly darem lekker om sulke stories te vertel of aan te hoor so om n kampvuurtjie. Jors se Kampvuur Stories het juis net daar sy ontstaan gehad voor ek dit in my boek neergepen het.
   Nou vertel Willem my die ding.
Jare gelede het n vriend van my wat op n plaas woon die storie te vertelle gehad. Hy sê, man, kom hier eendag n smous aan met n klein volstruis wat hy glo op die pad gekry het. Van sy Ma en Pa of boeties en sussies was daar niks te siene nie. Net die klein alleenloper volstruisie langs die pad. Ek het n vermoede hy is n wegloop kjend, nogal kompleet gelyk of hy hike met sy een vlerk toe ek so aangery kom. Laai hom toe maar in my kar,  seg die smous. Vra hy my of ek die volstruis wil hê, waar sal hy nou met hom gaan daar in die dorp, sê toe ja wat, nog een dier ekstra op die plaas sal nie n verskil maak nie.      
    So loop die volstruisie rond en sy geliefkose vriende, die twee Jack Russels, is nie te ingenome met die snaakse voël nie. Hy pla die honde. As hulle eet, storm hy op hulle af en maak hul skrik.  Op hulle beurt jaag hul weer die volstruisie dat die spoeg spat. Soos die volstruis groter geword het, het hy al hoe ratser en vinniger geword en om die honde te terg het vir hom n speletjie geword. As hy sien hulle eet kom hy stadig nader en maak of hy ook in die kosbak pik, die honde natuurlik vererg hulle en jaag hom om die huis maar daai volstruis hardloop so vining dat sy skaduwee kortpad moet vat om by te hou. Op n dag kom die buurman met n krat daar aan, in die krat is n jong leeu wat hy gevang, hulle sit die krat in die waenhuis. Hul stap opstal toe en die vrou maak koffie, die manne gesels wat om te maak met die Leeu. Intussen het Jonas in die waenhuis ingeloop en hy sien die vreemde krat en is nuuskierig om te sien wat is in die ding. Hy maak die skuifslot oop om in te loer en dis toe die Leeu met n groot gebrul daar uitbars. Ou Jonas het met n auk gil en een sprong tot bo in die balke gespring. Nou hardloop die Leeu op die werf en die eerste wat hy sien is die Jack Russels, hulle besef hier is groot probleme en hardloop dat hulle so klein word,  leeu agterna. Die volstruis hoor die gedoente en dog dis weer kos gee tyd vir die honde en kom om die hoek gehardloop. Die honde hardloop hom amper om, daar hardloop hy en Leeu so te sê in mekaar vas. Leeu hap so na die volstruis se kant maar soos weerlig draai daai volstruis om in die lug en woerts weg is hy, die leeu hap vars lug. Daai volstruis se oë is nou groter as pierings en hy hardloop deur die groente tuin. Die “sprinklers “ was aan in die tuin, hy het nie eers nat geword nie. Sê die vriend van my, ou broer, en daar sien ek vir die eerste keer in my lewe dat n volstruis kan vlieg.Toe hy by die grensdraad kom, flap hy sy vlerkies en vlieg bo-oor die draad, en gaan land bo in die bloekom bome so n vyftig yards verder. Daar moes ons hom later met n leer loop afhaal. Hy had toe hoogtevrees. Die leeu het ons net daar in die tuin gekry waar hy voor die draad vasgesteek het. Vier sulke ploegvore soos wat hy gebriek het vir die draad. Daar kan ek nou maar net my plantjies loop plant. Die grond is reeds bewerk. Net die tuinhekkie toegemaak sodat hy nie kan uitkom nie. Ou broer, toe kry ek n plan, dit is nou met die leeu in die groentetuin. Daar maak ek toe oor maande die leeu n vegetariër. Hom heeltemal van vleis afgehaal. Het daai leeu toe vir jou daar n liefde ontwikkel vir beet. En die vriend knip sy oog toe hy my die storie vertel, seker maar oor die rooigeit van die beet, sê hy. Ja ou broer sê hy, dit is al leeus wat op n plaas werk, hul moet vegetariër leeus wees.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 08/03/2021 - 13:02

Dagsê vriende, 

             KLEIN DORPIES.

Almal ken almal op klein dorpies. Almal weet ook alles van almal. So is en was dit dan nou ook op hierdie plekkie. Omdat baie van die mense nog leef gaan ek liewers nie die plekkie se naam noem nie. Kom ons noem die plek Almal.
   Op Almal bly nie baie mense nie. Daar is nie eers n stasie nie. Daar was darem vroeër jare banke, maar hul is ook nou al toe. So hier en daar n winkeltjie en dan natuurlik n Hotel. Op Amper kan jy darem Sondae in n pragtige Kerk gaan aanbid.
    Eintlik word Amper oopgehou deur n sterk boeregemeenskap. 
   Maar kom ek kom terug na die mense. Vertel vriende my van baie jare gelede, was daar n tannie wat een van die eerste ou Corolla motortjies nuut gekoop het op n naburige dorp. Onbewustelik het n ander inwoner van Almal, n ou oom, presies dieselfde motortjie, dieselfde kleur en alles, op n ander naburige dorp gekoop.
  Toe loop daar nou n tweeling Corolla op Almal rond. Die ou mense het daai jare die gewoonte gehad om hul motors oop, sommer met die sleutel in te los waar hul ookal gestop het. Die ou oom gaan laai sy vrou Sarie by iemand af om hare te doen en toe gaan stop hy by die bank. Later stop die ander Corallatjie langs hom. Die tannie gaan poskantoor toe. Die omie kom uit klim in die kar en gaan huis toe. Later kom die tannie uit, sien haar kar is weg. Sy sit twee en twee bymekaar en besef die ou oom het onbewustelik haar kar gesteel. Ry na sy huis toe en sê vir hom, jy het my kar gesteel. Hul ruil toe maar weer karre om. Sy vra nou waar is Sarie dan. 
   Daar kom die ou oom agter sy vrou is ook weg. Hy kan om de dood nie onthou waar het hy haar afgelaai nie. Met Anna Skuinskyk (Sy was skeel) by die sentrale en ou Steel n Bees van die polisie se hulp is sy toe opgespoor by die vrou wat hare doen. Ou Steel n Bees het weer sy naam gekry omdat hy menige beeste opgespoor het wat gesteel was.
  Dat Anna Skuinskyk die regte lyne met mekaar kon verbind was n wonderwerk. Sy het presies geweet waar om hul in te druk, haar oë het dalk gekruis gekyk , maar haar lyne was nooit gekruis nie.
   Die ou oom was te dankbaar dat sy vrou en sy kar nou weer by die huis kan wees.

Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf Google geleen.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 10/03/2021 - 10:07

Dagsê vriende, 

                GELEERDHEID
                       (Fiksie)

   Na n harde dag in die Kruger, Berg & Dal om presies te wees, stap my buurman nader om te hoor watse diere het ons gesien op ons safari. Ek sê vir hom nie eintlik veel nie,  jy weet dit was Dieredag by Skukuza gewees en al die diere was daar vir die piekniek. Al wat ek gesien het was Apies wat in iemand se karavaan kom inkopies doen het. Seg die man vir my jy laat my dink aan n Apie storie, ek sê nou vertel dan man. Hy begin om te vertel. Daar was n boer in Bloemfontein se area wie se dogter na matriek af Stellenbosch ( of soos die studente sê, Skelmbosch ) toe is om te gaan swot. Alles het goed gegaan en die meisie het mooi aangepas in die koshuis, onthou dis die eerste keer wat sy so ver van haar ouers af was. Eendag oppad na haar klasse moes sy by n troeteldier winkel verby loop ( ou Fanus van Flink uit die vere ) het so mooi naam gehad daarvoor, "Diere Ark". En daar in die winkel was n oulike klein apie, ag te kostelik man. Omdat sy van die plaas af kom was sy baie lief vir diere, maar die apie was baie duur en sy het nie geld gehad nie. En om vir Pa te skryf en geld te vra vir n Apie was buite die kwessie, hy sou n trombose aanval kry as hy hoor waarvoor die geld is. Op die plaas is die ape n pestelensie wat nog om een te kry vir n familielid. En daar kry sy n brilliante idee, sy skryf vir haar Pa, omdat sy so ver moet loop om klasse by te woon, kan hy nie vir haar geld stuur sodat sy n fiets kan koop nie. Pa stuur die geld en sussie koop die Apie. Vir weke is al wat n student in haar kamer om met die oulike klein Apie te speel. Hier by die 3 de week raak die Apie siek, sy hare val uit en hy wil niks eet nie. Sy probeer alles maar die Apie lyk al erg, het so te sê al sy hare verloor. Geld vir n veearts is daar nie en sy weet dat haar Pa nogal goed is met siek diere. Sy skryf toe Asseblief Pa help, my vriendin se Apie se hare val uit.
   Die pa het toe iets aanbeveel en dit aangestuur. Apie het gesond geraak. Met die wat hy bedags in die kamer toegesluit was en nie juis iets te doen gehad het nie, het hy haar boeke nader getrek en begin leer. Homself geleer lees en skryf.
   Eendag het sy van n klas afgekom en toe kry sy hom voor haar lessenaar. Kry die kind n blink plan. Hierdie aap moet saam klas draf. Was sy nou op kampus daarvoor bekend. Die girl met die apie. Tot die Profs het dit oulik gevind. 
    Aandagtig sal hy op haar skouer sit en alles inneem wat aangebied word in die klas. Klasdraf was vir hom lekker. Projekte en take was sy kos. Die dogter se punte het die hoogtes ingeskiet. Almal het gedink dit is omdat sy nou gelukkig is dat die apie kan meedoen aan die klasdraf. As hul maar geweet het.
  Sy het klaargemaak, en hy het toe sy graad saam met haar gekry. Ewe kordaat met sy akademiese drag op haar skouer gesit die dag. Min het die ander geweet.
  Pa en ma het ook trots daar gesit, ook lief geraak vir die apie wat sy glo ge-erf het by haar vriendin. En die fiets, diè is gesteel die dag voor die gradeplegtigheid.
   Ja broer seg Wille Willem, die verteller, met kinders weet jy nie altyd nie.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 11/03/2021 - 10:42

Dagsê vriende, 

             SKOONMA KUIERS.
               (Tong in die kies)

    Ou Sus, nou laat ek jou nou vertel, dit is nou enige man se nagmerrie. Ek weet jy wil graag jou ma daar hê, maar jy moet n paar dinge weet. 
   Hier in die middel van die nag sal hy wakker skrik en sal dit kompleet voel of daar n indringer in die huis is. Hy sal ook voel asof hy die 9 mil uit die kluis wil gaan haal.        
   As sy nou al n paar weke daar is, dan begin hy soos n recce haar bewegings dophou. Hoe gereeld sy snags badkamer toe gaan. Dan is dit asof daar so n recce geit in hom inkom.
   As vroulief sien hy begin sy ou army t-shirt en bootse dra moet sy weet hy beplan n aanval. Doen hy vuur in beweging aanvalle op die grasperk, moet jy weet hy is ernstig. Raak hy al hoe stiller en tree soos n soldaat met stiptelikheid op, dan moet sy weet die aanval is naby. 
   Nou moet sy vir hom fyn dophou.  As hy bedags by die werk is, gaan kyk in die spaarkamer of hy nie sy gevegsdrag daar begin bêre nie. Kyk onder die bed vir n arsenaal wapens. Maak ook seker dat die AK wat hy skelm van die grens af gebring het nog in die kluis is.
   Onthou, die spaarkamer is nou vir hom n goeie plek om n aanval vanaf te loods. Sy moet daar verby stap badkamer toe. Gaan lê ook op die verste punt in die gang ek kyk of hy n skoon skoot gangaf sal kan skiet. 
    Verder moet jy nou oplet dat hy nie vir jou slaappille voer nie. Die is nou dat hy snags onopsigtelik kan uitglip uit die bed uit om sy dinge te gaan doen. 
     Kyk ook uit vir plekke by die toilet en in die gang waar hy antipersoneel landmyne kan opstel.  As daar op enige staduim iets is, moenie peuter nie, kry die bom squad om dit te verwyder. 
     Moet geensins eers daaraan dink om jou ma van al hierdie dinge te vertel nie, dit sal haar senuwees gedaan maak of n vroeë oorlog ontketen.
    As  jy dit kan regkry om hierdie aanval op haar af te weer sal dit goed wees. As sy steeds een oggend net weg is, moenie die storie glo dat sy skielik terug is huis toe nie. 

Bly veilig.
Vreugde en vrede vir julle.
 Google fotos geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 12/03/2021 - 07:40

Dagsê vriende, 

   Vanoggend moet ek eers weer in jul goeie boekies kom. Ek sê dit na aanleiding van gister se storie oor skoonma's se kuiers. Daar was n paar ouens wat gedink het ek loop met moord gedagtes rond.
   My skoonma was n juweel en het by ons gebly vir n jaar na skoonpa se dood. Sy is al oorlede, en sy het my geken, ek kan baie.... nonsens praat. Haar nooiensvan was Cockerell en dan sou ek in n gesprek sê, sy is van die Cockroaches van Kroonstad. Altyd lekker gelag as sy my net so aangluur.😁 Maar nou eers vandag se storie. Kom ons maak dit n two in one storie.

                  VRYERIGHEID.

    Gister lees ek n ding raak oor dit, man het die tannies nou hul guns uitgepluk oor die kinders wat sommer nou in die openbaar vry. Elkeen het n eiertjie te lê daaroor. Dit is juis by daai eiertjie waar ons almal ontstaan het. 
  Ou broer, as dit nie vir vry was nie, was daar min van ons, kom laat ek jou nou dit vertel. Dit is mos n lekker gedoente. Gaan sit nou net n bietjie en dink n bietjie terug toe jy jonger was. Daai eerste vry, jy word mos so of jy warm raak al is dit nie warm nie. Met dit gesê gaan ek jul weer die een vertel wat Wille Willem vertel het. 
 Hy sê sy naam kom juis uit sy vryers dae, vermaan my nogal om niks daarvan te sê nie. Maar julle ken my, ek kan mos nou nie sulke goed van julle af weghou nie.

           SUSSIE SE BOYFRIEND.
 
   Daar is seker niemand wat sy geweer so styf vashou soos n veligheidswag agter in n Cash In Transit voertuig nie, behalwe n Pa met n mooi 16 jarige dogter. So sleep my dogter Nonnie so n dreksel van n jong man in my huis in. Sy stel my voor aan die kêrel en ek skud daai bleek pap handjie dat hy amper uit sy een oorbel val, ek sien hy het hoeka al die ander een verloor. In sy ander hand hou hy n pakkie Gunston plein en matches vas. Ek kry so n rilling langs my ruggraat af as ek dink die mannetjie het seker my meisiekjênd gesoen groet. Sommer van die begin af het die mannetjie met sy een oorbel vir my ongebalanseerd gelyk. Hy het my nie aangestaan nie.  Maar toe die kêrel my “ Howzit Ballie “ noem trek my moer meter al in die rooi. Was toe al lus en neuk sy tande uit sy bek uit. Mamma sien n ding kom en sy sê, kom Pappa, kom help my in die kombuis. Net om my uit die sitkamer te kry. Later die aand sit Romeo en Juliet in die sitkamer en ek sê vir Sussie, jy weet 10 uur is ligte uit, nê my Pop. Sal die vent vir my sê, Is okay ou Ballie ek is nie hier om boek te lees nie. En by the way, sy is nou my pop en ek kan lekker popspeel in die donker. Dit was die laaste strooi, ek gryp die vent aan sy kraag en ook hier agter by sy belt en froggie hardloop hom oppad na die voordeur. Met ons wat binne n paar tree volspoed is en ek wat vir die smal sitkamerdeur mik, hardloop hy nou kop eerste in die muur nefens die deur vas. Vir jare het daar so n vet kol op die verf gesit. Afwas was jy nie vir hom af nie. Moes naderhand die kol doodverf.    
   Waar was ek nou weer, o ja!! So is ons gangaf, waar hy die vrou se telefoontafel ook in sy dinges in hardloop. Die pote breek af en die ou slinger telefoontjie spat eenkant toe. Die het net so n krrrr.... gegee. So in die verbygaan net gehoor die sentrale vroutjie vra " nommer asseblief". By die voordeur gekom, die staan gelukkig oop en is so n klein bietjie breër, maak ek seker die man hardloop eers teen die deur kosyn vas en toe na buite. Sal die kêrel dit waag om so n slaan hou na my te mik. Pappa toe is die gort gaar, kyk ek het rofstoei op skool gehad en ken nog al die moves, ek knoop daai maargat in n pretzel grip, julle ken daai greep. Jou opponent kan net sy oogballe en miskien n pinkie beweeg. Soos n wafferse Jan Wilkens pen ek daai ventjie daar op die rooi gepolishde stoepvloer vas. Ek is seker hy kon harpuis ruik. Kyk ou broer, ek het die vrou en vir Sussie die hele tyd hier om ons gesien, hulle monde het beweeg maar daar was geen klank nie. Amper soos in die rolprente van vroeër jare, geen klank nie. Ek dink my ore het toegeslaan van kwaadgeit.Toe begin die klank weer deurkom, Sussie gil en sê, stop dit Pa, ek is lief vir hom. My vrou skreeu op my, waar is jou maniere dit is n gas. Vra so ewe, het jy vandag jou medikasie geneem? Intussen lê ek op Romeo met my volle 130 kg en ek voel die man haal swaar asem, staan toe maar op, hy is bloedrooi in die gesig. Tot vandag toe nog weet ek nie of dit van die stoep polish was of wat nie. Gryp hom weer aan sy kraag en boender hom by die stoeptrappies af. Sy Big Six Cortina het nog tot in derde gespin. So is hy toe daar weg, sonder om te groet, geen maniere nie, die vent. Nou ja blyk toe dat ek nie die held in my eie huis is nie, ek het daai koue skouers van die vrou en Sussie n week lank gehad. Sussie deel my toe later mee dat sy en Romeo se kys uit is, hy wil glo nie met n meisie uitgaan wie se Pa mal is nie. Kamstig bang hul kinders is ook eendag so. Wou my eers vervies, maar nou ja. 
    Ou broer, la ek jou nou vertel, om kjênders groot te maak issie maklik nie.

Vreugde en vrede vir julle.
Fotos vanaf google geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 15/03/2021 - 09:46

Dagsê vriende, 

      WAAR LY DIE PAAIE HEEN.
 
    Ek gaan maar om anonimiteit te behou name verander om mense te beskerm. So ook met die plekname.  Veral met die name wat nou so verander, kan ek dit mos maar doen  of wat dink jy ou broer?
     Ou Wille Willem het my dit self vertel, en julle ken hom, hy lieg nie. Nie sommer nie. Oom Wille Wragtig, nie familie van Wille Willem nie, is n welgestelde boer hier in  Bethlehem se omgewing met twee seuns Karel en Sarel. Karel is n op en wakker ou wat baie belangstel in sy Pa se boerdery maar ou Sarel, wel kom ek stel dit eerder so, hy en werk het al vroeg in sy lewe n uitval gehad. En dan het hy ook n voorliefde vir daai voggies wat in die 750 ml bottels so onderstebo in n kroeg hang. So hard as wat Karel op die lande gewerk het, so hard het Sarel in die kroeë gedrink. Tot op n punt waar Oom Wille Wragtig sy voet neer gesit het en al wat n kroegman met geweld gedreig het as hulle weer aan sy seun drank verkoop. Maar n alkoholis het mos altyd n plan B en Sarel se plan was hy sal tot in Harrismith ry om sy keel nat te maak. Oom Wille Wragtig, het n dik tjek boek gehad, hy kon amper die hele Bethlehem koop as hy wil en hy vind toe uit van Sarel se daaglikse trippies Harrismith toe. Hy huur n paar spioene in Harrismith wat hom laat weet waar en wanneer drink Sarel daar. Die ongeluk is dat hy wat Wille Wragtig is nie sy voete in Harrismith kan sit nie as gevolg van n sake transaksie wat skeef geloop het met Oom Gertjie. Oom Gertjie weer, het n nog dukker tjekboek in Harrismith omgewing gehad. Kyk jy mors nie met Oom Gertjie nie hy is gebou soos n General Electric yskas en het boonop voorarms gehad wat n diesel enjin sommer so staan, staan uit n bakkie pluk. Hy het daai tyd vir Oom Wille Wragtig gesê  “Vir jou moer ek op sig as ek jou ooit in Harrismith vang “ So kon Oom Wille Wragtig toe nie sy seun gaan haal uit die kroeg nie. Eendag kom die nuus dat Sarel weer vassit in die kroeg op Harrismith en toe dit so skemer aand is roep hy vir, Karel en hul plaashulp en sê, kom ons het n joppie om te doen. By die hoofpad gekom haal hul die bordjie wat sê Bethlehem 20 km af van die paal af, en sit dit agter op sy bakkie en ry na Harrismith se kant toe. By Harrismith gekom haal hulle daai bordjie wat sê,  Harrismith 20 km, af en sit die Bethlehem bordjie in sy plek vas. Nou ry hy terug Bethlehem toe en  die Harrismith bordjie sit hulle net buite Bethlehem op die paaltjie vas. Dit is donker en hy parkeer sy bakkie van die pad af agter bosse, en wag. Teen twaalf uur daai aand sien hulle twee ligte so slinger, slinger in die pad vanaf Harrismith se kant kom en toe die Isuzu bakkie oorkant die bordjie kom slaan dit remme aan dat jy net klippe sien spat. Ja, dit is Sarel sien hulle. Dit word gevolg deur n 8 point turn oor die pad en die Isuzu vat weer koers terug Harrismith toe, vir hom nou Bethlehem, se kant toe. En met dit sê Oom Wille Wragtig, kom boys ons joppie is gedoen hier en ry terug plaas toe. Nou hierdie geheen en weer ryery het die heelnag aangehou. Dronk Sarel kon nie uit figure hoekom hy heeltyd by die verkeerde dorp kom nie. Kry hy die Bethlehem 20 km bordjie kom hy in Harrismith uit. Kry hy die Harrismith 20km bordjie pluk hy die bakkie om, terug Bethlehem toe. Half 4 daai oggend toe kry Oom Pieter n telefoon oproep, die Isuzu staan langs die pad sonder diesel hy moet sy seun kom haal met die trekker. Na daai bitterre koue nag vir Sarel het hy die drank gelos en hard begin werk op die plaas om sy agterstand in te haal. Ja, sug Oom Wille Wragtig, dat n man sulke drastiese stappe moet neem om jou kinders n les te leer. Wel hier eindig die storie ook nie want intussen sit die Polisie op Harrismith en die Polisie in Bethlehem met n saak van diefstal van naam borde, en tot vandag toe kon hulle nie die saak oplos van hoe twee naam borde in die middel  van die nag plekke omgeruil het nie en niemand het iets gesien nie. 
     Boonop was dit nie al mense wat verdwaal het nie, dit het die ouens wat deur die nag oppad see toe was lelike draaie laat ry.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 16/03/2021 - 08:05

Dagsê vriende,

       WILLE WILLEM SE BRAK.

Carpenter is eintlik n oulike brak, so pavement special. Sy is nogal baie gehoorsaam, dit is nou as sy die dag lus kry. Sy is so middel grote hond en sy mag in die huis kom maar as ons uit gaan moet ek haar buite sit anders haal sy die meubels uitmekaar. Dit is ook hoekom ons haar Carpenter noem, sy is mal oor houtmeubels. Sy is die enigste teef carpenter, oftewel vroulike carpenter wat ek ken. Enige iets in die tuin wat Carpenter se vakmanskap werksessies oorleef, is ouer as ek. Jong bome en struike se hout is sag en sy is mal oor sagte hout.
   Die dag wil Mamma en ek uitgaan. Julle weet mos ons ou mense het altyd iets in die dorp om te gaan doen. Een van die plekke  waarnatoe oumense altyd gaan is poskantoor toe. Asof daar vir ons n telegram sal wees. Oumense het ook altyd n bus by die poskantoor, hoekom weet ek nie. Jy kan hul ook enige tyd die busnommer vra, ons sin is 1771. Hulle vergeet hom nie. Vra hul iets oor gister, dan kan hul nie onthou nie.
    Ewenwel ou broer, dit is my joppie om vir Carpenter buite die huis te sit nogal met n gespook ook want Carpenter weet sy moet buite sit tot ons huis toe kom. Met die agterdeur gesluit en vrou in die kamer hoor ek naderhand n geraas by die voordeur. Skree ek vir Mamma “Daar is die teef nou by die voordeur “ Ek loop vorentoe en maak die voordeur oop en daar staan skoonma. Sy sê net, nou maar ja, dan loop ek maar weer, weet jy hoe ek moes verduidelik dat ek van die hond en nie van haar gepraat het nie.
 Maar dit sal haar leer sy praat mos altyd van my as Ou Watsenaam. Ek meen ou nig, hoe moet ek dan nou voel. Tot Carpenter het n naam. Ek is Willem, amper soos in Staal Burger se Willem. Dit is net vir Jors wat ek Wille Willem is, en dit is met permissie ou nig.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/03/2021 - 09:12

Dagsê vriende,

   Ek skryf gewoonlik meer komies met so hier en daar in die week n ernstige dingetjie. Ek lees gister hierdie raak gedeel deur Tertuis van Heerden en met sy toestemming deel ek dit. 
    Dit is so hartseer en ontstellend. Vergewe my maar daarvoor.

           LEES HIER TROTSE       SUIDAFRIKANERS
Daar is met skok kennis geneem van die graad en wydverspreidheid van armoede onder blankes in Suid-Afrika, in besonder onder Afrikaners, met die sirkulasie op sosiale media van 'n verslag deur Daniël Lötter van Front Nasionaal oor die toestande in die Munsieville blanke plakkerskamp te Krugersdorp. Uittreksels uit die verslag getiteld Waar ‘n volk sy skaamte weggegooi het, lees soos volg: “Nog nooit in my lewe het enigiets wat ek moes skryf, soveel van my geverg nie, dis wat in Munsieville by Krugersdorp aangetref word. Dit was op ‘n tyd ‘n ashoop – ‘n plek waar mense vuilgoed weggegooi het. Nou is dit mense wat daar weggegooi is. “Bejaarde mans met verrimpelde hande. Kinders met groot oë… net oë waarin daar niks uitdrukking meer is nie. Kinders wat na dinge kyk sonder om in te neem wat hulle sien, want dinge rondom hulle is maar net daar, dit het geen nut nie. “Uit die maalkolk van die menslike gang aan die Gautengse Wes-Rand het hulle hier uitgespoel. Die man in die sinkhok – wat op ‘n afstand lyk soos die tipiese hok wat op ‘n boereplaas staan vir die werfhond. Maar dis ‘n mens wat daarin skuiling maak. “Die man wat geopereer is vir ‘n breuk, maar die wond is nou oop. 13 cm lank, 5 cm wyd en stinkend van die verswering van septisemie. ‘Het jy vir my pleisters gebring?’ vra hy ‘Ek gee hom nog ‘n week,’ sê die ou man wat saamloop. ‘Dis die vyfde een vanjaar. Hulle wonde raak septies en hulle sterf.’ “Nie ver daarvandaan is ‘n skuiling waarin twee bejaardes woon. Hulle het albei meer as 70 lewensjare agter die rug. In Zimbabwe was hy ‘n welvarende man, ‘n loodgieter. Maar hy is daar verdryf en hy kon nie sy voete hier weer vind nie. Die vrou lê. Sy het nie meer voetsole nie, die onderkant van haar voete is ‘n gistende wond. Maar die klinieksusters kom nie na hierdie plek toe nie. Sy moet gestut word om aan te sukkel tot waar ‘n taxi haar kan oplaai en by ‘n staatshospitaal gaan los. “En die klinieksusters is nie die enigste wat hier wegbly nie. ‘Die vrou daar oorkant se man is ‘n rukkie terug dood,’ sê die ouman wat saamloop. ‘Die predikante wou nie hierheen kom om te help nie. Ons het een van die swart pastore wat in die veld kerk hou gevra om hom te begrawe.’ “Tussen die klippe speel ‘n klompie kinders. Dis ‘n moedelose spel, sonder doelwit of rede. Hulle ken selfs die mees basiese vaardighede nie, want wanneer anders kinders leer om te tel deur ‘n ma wat sê: ‘Gaan haal vir my 3 eiers’ of ‘Hardloop gou kafee toe met hierdie R20 noot en koop ‘n brood. Kyk dat jy die regte kleingeld kry,’ leer hulle dit nie aan nie. Hier is selde drie eiers om te gaan haal en R20 is ‘n fortuin wat hulle nie ken nie. “Die kinders speel in Afrikaans, dis asof die woorde van hulle spel wegskram van hierdie verrotte aarde af. Dis nie ‘n taal wat jy op ‘n ashoop wil hoor nie. Daar is geen skaduwee nie, geen bome of struike nie, geen vrugbare grond vir groente nie, geen water om dit mee nat te maak nie. Dis net die glansende wit son bo hulle wat hierdie spel waarneem. En tog speel hulle… “Dit is die teenstrydigheid, die harde afbakening van realiteite wat ‘n mens die diepste tref wanneer jy hier loop. Die opslaankaia wat pynlik netjies en skoon is met die handgeskrewe kennisgewing langs die deur: ‘Hier klop jy voor jy inkom.’ Nie omdat daar iets in is om weg te steek nie – op hierdie ashoop van menslike verval kan niks weggesteek word nie. Maar omdat die enigste anker nog die laaste bietjie selfrespek en eiewaarde is. “Voor een van die skuilings staan ‘n lamlendige houtbankie met ‘n dogtertjie daarop. Die krulle van die ligbruin, toutjieshare kleef aan haar voorkop en laag in haar nek vas. Miskien is sy drie, dalk al ses. Sy is vuil met die vuilheid van baie dae en sy hoes terwyl sy klaend na haar ma roep. ‘Die ma is netnou hier weg saam met die Nigeriërs, sy sal terugkom met geld en kos vir die kleintjie na vanaand se kant toe,’ sê die ouman wat saamloop. “Wanneer sy vanaand terugkom sal sy oorstap na die saamgebondelde kaias en hop-huise waarin die swart inwoners van hierdie plek woon. Hulle het darem water en toilette. En daar sal sy ‘n kom water bedel om die stank van misbruik van haar liggaam af te was. Almal doen dit – want die lopende water en toilette wat hulle drie jaar gelede beloof is, het nog nooit gekom nie. “Sy sal haar liggaam daarmee was, maar die etterende sweer aan haar gees sal sy nie kan genees nie. Dit het al té stukkend geraak. En die dogtertjie sal volgende jaar 4 jaar oud wees, en dan 5 en dan 6 en niemand weet wanneer die eerste keer sal wees dat ‘n Nigeriër hom aan haar vergryp nie. Want daar is niemand wat dit sal kan keer nie. “‘n Mens ry nooit terug na ‘n ashoop om te gaan kyk wat het geword van die goed wat jy weggegooi het nie. En dit is dalk die verskriklikste aanklag van alles – niemand kom hierheen om te kyk wat het geword van sy broers en susters wat weggegooi is nie. “Ek ken my kollega, Lenel Cotty Wessels van Front Nasionaal, ‘n sakevrou, ‘n beplanner, ‘n doener, ‘n strateeg, maar toe sy my gisteraand bel kon ek hoor dat sy emosioneel hard getref is. Sy het gery na dié plek om te gaan kyk hoe lyk die realiteite van blanke armoede. En sy het ‘n kykie gehad in die ingangsportaal van hel op aarde….”
 
Mooi dag vriende.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 17/03/2021 - 09:30

'n Hartroerende waarheid, en die mense gee nie 'n flenter om vir hulle nie, solank elkeen net sy eie plek in die son het, kan die res maar vergaan.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 17/03/2021 - 21:43

Miskien is dit tyd dat ons se, "Ek gee nie n flenter om nie " Johann. Die mense wat daar naby woon moet nie vir mekaar wag nie.

laat ek vertel van die grootste rassis wat ek geken het. Maar elke sondag het hy sy kombi vol ou brood by die supermark gelaai. Om vir die honger mense te gaan wegbring. Ons kan almal net n klein bietjie doen, gesamentlik is dit baie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/03/2021 - 07:19

Herman ek stem, wyle Bles Bridges se dogter is baie nou betrokke by die saak, sy doen baie vir die mense. Dit staan enige iemand vry om ook donasies aan die projek te doen wat die organiseerders dan daarheen vat.

Ons self skenk aan hulle deur 'n persoon hier in Sasolburg wat een naweek per maand deur ry en die donasies (klere, kos en enige ander bruikbare artikels) daar gaan aflewer.

Kleur speel nie 'n rol in swaar kry nie. Alle mense se bloed is rooi.

Vir my gaan dit hoegenaamd nie oor vel kleur nie, vir my gaan dit oor MY volk.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 18/03/2021 - 09:14

Dagsê vriende,
 
            DIE GEMASKERDES.

  O magties ou Broer, nou praat ek nie van hierdie ou maskertjies wat ons deeske dae drae nie. Die goed is mos nou om die kiem gedoentes van onse liggame weg te hou, of moet ek eerder sê, uit onse liggame weg te hou. Want kry jy vir hom in soos ek, veroorsaak hy vir jou n konsternasie waar hy ookal kom. Vra maar vir my. 
  Nee man, ek wil praat oor die gemaskerdes waarmee ons getroud is. Einlik meer oor hul doen en lates, dit is nou met die make-up goete wat hul aansit. 
  Hul sit mos allerhande goete aan hul se gesigte. Die vrou verkoop  Justine en Avon. Nou het ek haar al so gehoor praat van reinigers, bevogtigers, onderlae, dagrome, nagrome en ek weet nie wat nog alles nie. Daar is te veel om op te noem. 
  Party ouens sê mos hul sit warpaint aan, kompleet soos ons in die army camouflage opgesit het.
   Dan is die vrouens ook lief om hul velle te vergelyk. Die veltoestand word ge-analiseer en sommer ook aan n produk of die uitsluit van n produk gekoppel. Hoor nogal gereeld, dink jy ek het soveel plooie soos so en so. 
   Kom ek gisteraand uit die stort, sê die vrou sy wil my bederf. Met wat, vra ek. Met n masker. Man, dadelik vervies ek my, dra die bleddy ding elke dag, nie nog lus vir die ding as ek by die huis ook is nie. Nee, sê sy, jy verstaan nie, dit is vir jou vel. Dink jy ek het plooie, vra ek. Nou moet sy mooi trap. 
  Nee man, jy sal voel hoe lekker voel jou vel as ons klaar is. Nou word ek voorberei. Ek sit terug, my kop so terug. Met my gesig gewas, kry hy nou sulke swart camouflage modderige goed op. Pikswart van kleur. Net my oë en lippe is wit en steek uit. Jy mag nie lag, smile of frons nie. 
   Ou broer, nou sit jy daar laat die goed nou kan staan en droograak. Dan begin die goed nou werk. Dit begin so te staan en saamtrek. Ek voel hoe trek my toonnaels weer so terug waarvanaf hul uitgegroei het maande terug. Alles trek so op. Dan kry ek so n beklemming in my maag. Trek daai goed my boepens binne in my borskas in terug dat ek weer n sixpack het soos toe ek jonk was. 
 Met die wat alles so op en intrek,  kry ek so n sooibrand gevoel hier in my keel, voel ek so aan hom, voel dit of ek so n gevoeligheid daar voel, smaak my soos toe ek n adamsappel gekry het as jong seun. Voel kompleet of my hele boepens nou in n appel ingedruk is, voel so geswel. 
 Wil ek so met my hand gaan voel, keer die vrou my, ek mag nie. Wat ek eintlik wil gaan voel is hoekom voel dit of my voorkop op my bolip sit. My nek en rugspiere is so opgetrek, voel of my boude ten minste vier duim hoër sit.
   Reg sê sy naderhand, jy kan maar nou gaan afspoel. Skrik ek my boeglam toe ek voor die spieël kom. Daai goed het nou spierwit geword. My slaapbroek hang nou los hier op my heupbene, lyk kompleet of ek uit Ethiopia uit kom. Maer en verrimpeld. Was ek die goed af en kom regop om af te droog. Ou Broer, hoor ek net n hangse slag, val my boepens amper die wasbak in stukke, my hangat val ok so terug in my slaapbroek, die toonnaels is ok weer op hul plek.
  Half geskok het ek weer voor die TV gaan sit. Hoe voel dit, vra sy. Die wat sê ek, hoe voel wat?  Man het jy al n ou gesien met n mooi gladde vel met rooigeklapte ore.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 23/03/2021 - 12:49

Dagsê vriende, 

                 KLEINKINDERS.

Ou Broer en Nig, praat ek darem nou van n groot lekkerte. Kyk, jou kinders het n ordentlike plek in n ouer se hart, maar as daar kleinkinders kom is dit so asof jou hart gegroei het en daar sommer nou baie plek is vir hulle. Ons het nou agt van die hartebrekers. Kyk n oupa en ouma se kleinkinders is mos die mooiste en die slimste.  
     Ai wat n vreugde om so saam met die kleinkinders te kan baljaar en uitstapies te doen. Nou Oupa’s is veronderstel om alles te weet, as die kleinkinders iets vra kan Oupa mos antwoord. Vra klein Sias my die naweek ," oupa, ken oupa vir Vin Diesel van Fast  & Furious"?  Nou waar gaan jy n beter ou kry om dit voor te vra, ek meen, ek maak dan die flieks en waar dink julle kom Vin Diesel se spiere vandaan. Van my af, ek is dan sy persoonlike bodybuilder coach. Ag issie, oupa jok, kom dit van hom, nog nooit nie sal ek vir jou jok nie. Oupa vlieg juis weer volgende week om Fast & Furious 3 te loop maak. Daar is al n Fast & Furious 3 sê hy dadelik, ja sê ek maar daai is 3A, ons maak nou 3B (sê ek, daar is dalk al n vier ook). Nou gaan speel hy eers weer. 
  Na n ruk kom hy terug en vra of kan n ou bel in n vliegtuig. Nee, hoekom vra jy? Hy wil hê ek moet hom bel as ek al vlieg, hy wil hoor as ek op pad is buiteland toe, en weet oupa hoe graag wil ek vir Vin Diesel ontmoet. Nou moet oupa ankers uitgooi en begin hy die jok stories se skade reverse. Ek kan mos nou sommer sien hy gaan my in n blik druk. Oupa jok sommer vir jou begin ek keer. Ek het geweet, ek het geweet oupa jok, sê hy.
    Maar somtyds vra die kinders vrae wat self mevrou Google nie kan antwoord nie en Google se response is “Over to you Bob”  
    Wille Willem vertel van die slag wat hy en sy een kleinseun gaan visvang langs die rivier, die kind vra hom, Oupa hoekom roes die visse nie in die water nie ? Oupa krap sy kop dat sy kopvel rek en sê toe skielik, maar my kind dis vars water die, net die visse wat in die see swem roes . Ohhh okay sê die mannetjie. Nog n ander ding is dat Oupa’s se geheue nie altyd lekker saam speel nie. Jy sal op die bank sit en onthou dat jy iets in die kamer nodig het en dan stap jy na die kamer, die brein is n blank. Nou kyk jy of jy dalk kan sien wat soek jy. Dan beveel die brein die ogge, kyk ek soek iets. Nou sê die ogge, maar man vertel ons wat jy soek en ons help jou. Die brein sê ek weet nie, en die ogge raak onbeskof en se okay dan sal ons nie vir jou sê wat ons sien nie. Draai jy om en loop terug sitkamer toe en sodra jou bas die stoel tref onthou jy skielik wat dit was wat jy in die kamer wou gaan haal het. En dan die misverstande ai toggie wat n verleentheid. Die oupa dink ouma het so en so gesê oomblikke, die nie mooi gehoor nie oomblikke. Ai jong, die ouderdom tog..  

Vreugde en vrede vir julle

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 31/03/2021 - 09:38

Dagsê vriende,

                DIE BACHELOR. 

   Wille Willem wat met hierdie slimmigheid vorendag kom. En julle ken hom mos nou al as n wyse man met min liegstories. n Man van inbors. 
     Vandag wil ek bietjie met die ongetroude mans gesels. Die dag as jy getroud is gaan jy n reeks moordenaar word, ek praat hier van enige iets wat kan kruip, vlieg of seil. Jy sal hom moet doodmaak. Gil jou vrou in die kombuis sal jy soos n wafferse Rambo daar instorm om die indringer les te laat opsê. Soos die dag, my vrou gil in die kombuis en ek vlieg daar in om n kakkerlak op die vloer te sien.  Manne daai Durban special kakkerlakke word groot, hulle is amper net so groot soos jong skilpadjies. Behalwe, hulle is rats. Ek spring  bo-op hom en ek hoor hoe kraak hy, julle weet hoe klink daai geluid as n spook teen houttrappe op loop, net so. Dan maak hy so n pop geluid soos daai bubble wrap plastiek as jy hom so druk, nou ja, netso geluid. Ek tel my voet op en wragtig sal die kerel weg skarrel en onder die vrieskas gaan wegkruip. Met my af rug en breuk sien ek nie kans om daai yskas te skuif nie. Die vrou sê spuit hom, en gee n vol kan Doom aan, die spuit jy mos dan nou so in die algemene rigting waarin hy verdwyn het. Die gasse maak naderhand dat jy al proesende regop kom. Ek dog jou ou bogger, môre vang ek jou of ek tel jou vir dood op. Die volgende oggend kom daai kakkerlak met krukke en n bandaid pleister op sy rug daar uit asof niks gebeur het nie. So n draai gehardloop om ons te tart en is weer daar agter n kas in. Waar was ek nou weer, o ja, by n    bachelor. 
   Nou ja, toe jy nog n bachelor was het jy seker alleen in n woonstel gewoon, netheid was nie eintlik jou sterkpunt nie. Laat ek dit so stel, op die wasmasjien is mos so plakkertjie wat sê Prewash, Cotton en Heavy duty wash, wel my klere was veronderstel om ge-prewash te word, die dra ek nou nog. Ek was nie my klere deur nie. 
    Nou is jy getroud en jy vind uit dat die vroutjie is eintlik n Mrs Google op twee bene, kyk sy weet alles, haar koppie is propvol kennis en sy is gretig om daai kennis met jou te deel. Soos nou die aand maak ek die agterdeur oop, dit raak warm hier in Durban, sal sy vir my sê, maak toe die deur, daar het nou net 800 muskiete ingevlieg. Eerstens, ek het nooit geweet dat muskiete in swerms rondvlieg nie, en haar kennis het my lewe gered, daai muskiete kon my dood gebyt het daai aand. En moenie vir een  oomblik dink dat die klere wat jy gedra het toe jy n bachelor was is goed genoeg vir haar nie. Moet die Saterdag saam haar winkels toe gaan, ek trek my gewone klere aan wat ek altyd dra net om te hoor, ek hoop nie jy gaan saam met my shopping doen in daai klere nie. Ek stry nie eers meer nie, net omgedraai  en ander klere loop aantrek. Manne en het julle goed geparty toe jy n bachelor was, laat ek jou sê, as dit so 12 uur raak en sy gee jou daai  kyk dan weet jy dis tyd om huis toe te gaan. As bachelor het jy seker baie rond gery, jy het niemand nodig gehad om vir jou te sê waar om af te draai huis toe nie, nou dat jy getroud is ry jy met jou eie persoonlike GPS, skril stemmetjie en al, draai hier, pasop vir die hond, jy ry te vinnig en so aan. Boetie, en ry jy verkeerd pak daai GPS vir ure uit, jy voel lus en druk soos Mariaan van 7 de Laan n kussing oor De Wet se speakertjie.             
     Partykeer wonder ek hoe die bachelors daai tyd dit kon regkry om sy woonstel te vind. Al wat ek kan sê is dat ek met n wonderlike vroutjie getroud is en julle ander klomp bachelors moet ook nou begin trou sodat julle weet wanneer dit tyd is om huis toe te gaan. In my huis mag ek nie skoene dra nie, dit beskadig die mat sê my vrou se  kennis vir my. Ek het nooit geweet dat matte vir 200 jaar moet hou nie. En durf jy laat kom in die aand, nadat jy met van jou pêlle wat nog bachelors is gekuier het, is daar n nota teen die yskas. Jou kos is binne in die hond en jou gunsteling Duvet is in sy hok. Lekker slaap.
   Vrinne, die is alles tong in die kies, meeste van ons is met wonderlike vrouens getroud en ek sal dit nie ruil vir enige bachelor lewe nie.

Groete,
Wille Willem.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 06/04/2021 - 11:19

Dagsê vriende,

      Die sewe wonders van kamp.

  As die jare mos nou so aangestap het, dan kom n ou mos tot die besef dat....

1) Die ou lyf nie meer in staat is om alles te doen soos toe ons jonger was nie. n Grondbed is nou net te laag om lekker op te staan.

2) Die ou kampstoele vervang moet word met stoele wat hoër sit.Kan mos nie verwag dat my kampbuurman my en vroulief moet kom uittrek uit n stoel uit nie. Nogal belangrik dat daar na n stoel se max.gewig gekyk word as jy hul vervang. (Nooit gedink dit sal vir my nodig raak daarvoor nie)

3) Dit darem maar lekker bly, om te kamp. Sê altyd ons ou tydjie raak nou kort, moet die beste daarvan maak. As jy kamp is jy mos 24 ure van die dag op vakansie. In n huisie voel dit vir my of jy net 8 ure per dag op vakansie is.

4) Die ou oë, die wil ook nie meer so lekker kyk nie. Nou staar ons mos om mooi te sien en wat is nou lekkerder as om na n ou kampvuurtjie te sit en staar.

5) Ons besef ook dat dit darem lekker is om n ou wyntjie te geniet saam met n geliefde, veral so om n ou braaivleisvuurtjie.

6) Dat dit darem wonderlik is om so saam kamp dinge te kan doen. Selfs kamp op en afbreek bly lekker. 

7) Ons besef ook dat dit dalk ons laaste kamp kan wees, ook dat ons elke dag uit dankbaarheid moet leef.
   
   Met die jare kom die wonders by...
         SEWE Wonders oor vrouens.
 
Ek Wonder:
1) Hoekom hul 2 tot 3 uitrustings inpak vir elke dag wat jy kamp. 

2) Hoekom hul die mans vra, "Wat dink jy watter skoene pas die beste by hierdie rok" as hul alreeds besluit het watter skoene hul wil aantrek. Vrouens is wonderlike wesens, hulle het sielkunde geswot voor geboorte. Vra maklik om jou sag te maak, wat dink jy of wat sou jy doen. 

3) Hoekom hul, as jy dan nou wel die regte skoene gekies het dan besluit hul gaan n ander rok aantrek. Alles lankal beplan.

4) Hoekom hul, nadat sy die "wat dink jy" trick getrek het oor die staanplek (en haar sin gekry het) en sodra alles opgeslaan is reken die karavaan moes so bietjie daaikant toe gestaan het. Boonop het hul dan die vermoë om joú daaroor skuldig te laat voel.

5) Hoekom n sekere "gadget" of artikel moet saamgaan want sy gaan hom nodig hê, en dan lê hy vergete onder die bank vir die vakansie.

6) Ek wonder hoekom hul die wêrels se plek in die motor het maar haar voete word toegepak met pakkies en sakkies, wolsakke en hekelsakke.Daai hekelpen is al skerp gehekel op sy punt, soveel so dat n "airbag" in elk geval niks gaan beteken in n ongeluk nie.

7) Ek wonder hoekom ons bly glo hul is so wonder..😁.. lik.

Ek wonder voort....

             Die 7 wonders van n man. 

1) Ek wonder - Hoekom elke ou dink sy sleepvoertuig is die beste/sterkste en die mooiste.Sal sommer op die koop toe stry oor watter kleur ook nog die beste is. Kyk maar op kampgroepe hoe stry die manne wat trek n karavaan die lekkerste. Koop ons n ander sleepvoertuig verander ons nie ons storie nie, net die fabrikaat. Dan is die nuwer een beter. Daar word ook vergeet om te noem dat ek so een gery het, die een wat afgekraak word. Veral n sekere fabrikaat. Omtrent alle mans het vroeër jare n Ford Cortina Big Six gery, of so nie, dan een begeer. Hul is maar nou net te skaam om dit te noem.

2) Ek wonder - Hoekom ons glo ons is reg al is ons verkeerd. Boetie,en ons gaan n helse fight opsit om die ander een te oortuig dat ons reg is. Kyk maar weer op kampgroepe hoe daai fights nogal lelik kan raak, soveel so dat die adminskeidsregters die fights moet stop. Maar n man wat kwaad is stop jy nie maklik nie. As die fight in die een bokskryt gestop word klim hul doodeenvoudig oor in die ander een in en begin n nuwe plasing om aan te gaan met die fight. Party is so hardkoppig, hul sal die fight sommer in n ander kampgroep ook begin. Omdat vroulief die naaste is moet sy dit dikwels ontgeld daar by die huis. Nou het ander hom moerig gemaak en sy moet dit ontgeld.

3) Ek wonder - Hoekom ons as ons weet ons het aangejaag nie maklik sê "sorry" nie. Eintlik so maklik om te sê "ek is jammer".
Nee, ons dink mos ons het n beter oplossing. Ons raak net stil.

4) Ek wonder - Hoekom ons soos wat die jare aangestap het dikwels nog glo ons is hierdie "macho man".
Party ouens dink selfs hy lyk nog goed in n Speedo, stap sommer so in die karavaanpark rond met sy Speedo om op te "catch op sy tan". Dan druk hul daai bors so uit dat sy valstande goed n duim voor by sy bek uithang. 

5) Ek wonder - Hoekom ons so hardekwas kan wees as ons weet ons moet by n Dokter uitkom al weet ons daar is n probleem. As dit n manlike probleem is skop ons eers vas, soos n steeks donkie. As jy my vrou vra, gaan sy vir jou sê, ek loop nou al vier weke met n kraperigheid in my oog, bedags is hy oraait, in die aand krap hy. Dan sit ek n oogdruppeltjie in, hou hy weer tot die volgende aand. Nie sleg vir een druppeltjie nie. Baie goedkoper op die koop toe. 

6) Ek wonder - Hoekom ons dink ons braai lekkerder as n ander ou. Boonop het vroulief alles gedoen, selfs die vleis gemarineer. Ja, ons glo ons kan alles beter doen as iemand anders.

7) Boonop wonder ek hoe die vrouens dit met ons uithou.

Hierdie is maar baie met die tong in die kies geskryf.😁😁😁

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 08/04/2021 - 09:33

Dagsê vriende.

    Gister n bietjie oor sewe wonders gepraat, vanoggend praat ek oor kampterreine. Dit is van my ouer stories wat ek uit die argiewe gaan uitgrawe het en net n bietjie afgestof het.

DIE SEWE WONDERS VAN KAMPTERREINE.

As die jare mos nou so aangestap het dan begin jy mos nou oor baie goed wonder.
Ek wonder steeds:

1) Hoekom het hul nie kampe se opwasbakke hoër gemaak nie. My rug breek af so gebukkend staan. Selfs my opslaan een is te laag. Miskien n bedekte seën.(Kon hom al hoër gemaak het, die vrou is korter en kom reg met hulle.) 
2) Hoekom is stortkrane (swaaikrane) by nuwer oorde op dieselfde hoogte as my boude. As jy buk om jou voete te was stamp jy hom of toe, of jy swaai die hitteverstelling na koud of hel warm.
3) Hoekom nie net n skuins vloer in stort inbou i.p.v n tripmuurtjie nie. (Het jy al gesien hoe strompel jy oor hom as die koue of warm water jou boude aanval.)
4) Hoekom daai storte se aantrekhokkie kleiner as n budgyhok is en daar by party oorde spieëls in badkamers is maar hul is nie regoor die wasbakke nie.(oor daai rede opgehou skeer,dit nou ook by huis laat doen😁😁) 
5) Hoekom toilette nie geskei is van die res van badkamers nie.(redes onnodig)
6) Hoekom party oordeienaars dink jy kan op n 45 grade helling nog lekker kamp.
7) Hoekom ek veiligheidsstewels (staalpunte) moet dra as jy in hul ongelyk en rowwe kampterrein wil rondbeweeg.

Ek sal maar by 7 ophou. Hul praat mos van die 7 wonders van die wêreld.

           KOM KAMP SAAM

By die oord met n warmswembad. Nou kyk n oumens en n warmswembad loop saam.Hoekom ons almal so vroeg daar wil wees verstaan ek nie. Nogal n gesig om die oumense so te sien hang aan poolnoodles en alles wat kan dryf.Lyk kompleet soos mossies wat aan hul neste hang in sulke groepies. Dit is omtrent n gekwetter.
   n Dame vra gister ek moet oor die geluide van n besem en hark praat. Nou ja, soos jul my ken sal ek mos nou nie so n versoek op dowe ore laat val nie! (Alhoewel my vrou sê ek hoor nie meer nie) 
  Kamp ons eenmaal in die destydse Oos-Tvl by n oord. (Ek verdwaal mos met al hierdie nuwe tokkelossie name). Sal maar nie die oord se naam noem nie, hy bestaan nog.

By die oord aangekom word daar op die toegekende staanplek kamp opgeslaan.Boeta,nou daar moet jy baie mooi luister na vroulief se instruksies. Kyk,sy dra nie die broek nie maar sy is darem in beheer van huishouding of sal ek nou sê karavaan-huishouding.(Magties eerste keer wat ek myselwers hierdie woord hoor.)

Daar word heerlik gekamp en kennis gemaak met die bure.Die volgende oggend word ons wakker met die normale kampgeluide. Sagte geselsies hier en daar met die kenmerkende geklingel van koppies.Voëls wat begin kwetter in die bome. Langsaan hoor ek die ge-swoes.. swoes swoes van n grasbesem. Verderaan die ge-grr.. grrr... grr van n blarehark. Ons mans is mos deur vroutjie aangestel as tuiningeneurs.

Ek staan op en begin in die tent n koffietjie aanmekaar slaan.Skielik hop ek soos ek skrik en vroulief gil.Dit is een hangse geblaas, klink jou jy kamp langs Jan Smuts se aanloopbaan.

Ek stap uit. Skuins oorkant die straat staan n man met n agterstevoor jetenjin onder sy arm vasgeknyp.(Nogal so oranje een soos die ou SAL.). Daai ding blaas,jy sien net blare en stof trek.

Hom later gaan ontmoet, ou Willie vertel toe vir my dit is een of ander "blower"

Het die ding nou konsternasie veroorsaak. Toe is dit maar weer n ge- swoes... swoes... swoes en ge-grr.. grrr.. grr soos almal van vooraf die blare bymekaar maak wat Willie die hele wêreld vol geblaas het.

Vir die res van die kamp het almal gewag dat Willie eers klaarmaak met sy masjien.Dan het ons begin skoonmaak.Vroulief met n stowwer en stoflap en ek op die staanplek. 

Toe my en vroulief se plekkie ook uiteindelik volgens haar sin reg is, moes ek eers n ruskans vat en gaan sit ek voor die tent.Sal ek toe sien ou Willie is nog steeds besig met n paar takies.Kom hy naderhand by sy wa se tent uit met n ding wat lyk soos n miniatuur sirkustent.Sit hom daar onder die boom op n tafeltjie neer en haal die doek gedoente soos n wafferse Martino van Kul jou hier en kul jou daar faam van die mini sirkus af,en waaragtig daar sit hy. n Pragtige pappegaai.

Later verneem sy naam is Polly.Met die wat ou Willie gereeld kamp en dit vir n maand,is Polly ook n opregte kampeerder en ken hy van kampeergeluide,geraas en die gekwetter van voëls in die bome.Het ek ook verkeerdelik gedink die doekgedoente is vir die stof wat sy baas met die blower so opjaag,nee helaas toe nie.Die doek is om hom rustig te maak.

Dit is toe net daar waar ek myself misgis het. Hy het nou vrye teuls.Daar word gepraat, voëls word nagemaak en daar word gelag en gekuier,skottelgoed gewas,so hier en daar n kragwoord(gelukkig min), al het sy baas en miesies lankal gaan swem en hul is nie eers naby nie.

Kort kort start hy daai blerrie blower.Om alles te kroon het hy die oord se tuinwerkers se weedeater se ge-swee... swee.... swee...  swee ook vervolmaak.My tuinjong kon nog nooit vir my sê hoekom hul nie net die skakelaar inhou en klaar sny nie. Miskien moet ek vir Polly gaan vra.

Nou ja, ek het naderhand lus gevoel en gooi myself met n doek toe om rustig te kan raak.

Soos my oom altyd gesê het.As ons die lewe hou praat ons môre verder, dan vertel ek jul meer van Polly.

Vreugde en vrede vir elk van julle..

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 08/04/2021 - 09:34

Dagsê vriende,

   Jul gister vertel van Willie met sy blower en Pollie sy kamp pappegaai. (Diereliefhebbers, die  kosgee gedeelte is net n storie.)
   
JORS GAAN ONTMOET VIR POLLIE.

   Ou Willie was nog daar doenig by hul kamp en later is hy en vroutjie ook hand aan hand daar weg swembad toe. Dink ek dit toe goed om oor te stap en Pollie beter te leer ken.Vrou het nogal gesê ek moet wegbly daar. 

Nou laat ek jul vertel daai "Pollie-koppiekrap...koppiekrap" trick werk nie. Ek het n stukkende vinger met n blou nael as bewys.Was eers lus en draai sy hok se tralies een vir een om sy nekkie.

Maar nou ja, Pollie (en ek) is vinnige leerders. Hy het baie goedjies bygeleer as sy base nie daar is nie soos bv. die woord "shut up" wat die geiriteerde buurman aan die anderkant hom kort kort toegesnou het.

Ek het ook gou agtergekom as sy bek vol is,is hy stil.Nogal heel oulik as hy die droëwors of chips so met sy poot vashou terwyl hy daaraan knibbel. Sjoe en was die voël lief vir salted peanuts.So het verskeie ouens my voorbeeld gevolg en eetgoedjies aangedra as sy base nie daar is nie.

Ek merk egter dat Willie die hok meer gereeld skoonmaak wat eintlik seker n goeie ding is.

Eendag is daar n hangse lawaai by Pollie se hok en ek sien dat Willie en sy vrou heel ontsteld is.Weet nou nog nie wie so onverantwoordelik was om die sjokoladepapier daar langs die hok te los nie.Kyk ek het al gehoor dat advokadopeer giftig is vir pappagaaie maar niemand het vir my gesê dat soutversnapperinge en droëwors hul magies omkrap nie. In elk geval weet ek nie of dit my skuld of die sjokoladevoerder se skuld is nie.

Wat egter die beker laat oorloop het was toe sy vir hom vra "Pollie,wie gee vir jou chocolates" en hy haar verontwaardig toesnou "shut up". Broer, was die vrou toe ontsteld, lyk of sy n oorval kry.Willie het net so oor die pad,vir my van alle mense,geskree-vra, hou n ogie,ons gaan dokter toe.

Was vir my snaaks dat hy vroutjie met hok en al in die kar indruk.Heel bekommerd het ek toe maar gaan sit en n ogie gehou.Hoop net die vrou is ok.

Toe hul terugkeer stap ek dadelik oor en is verlig dat sy darem by is en regop sit. Hul klim uit en Willie vertel toe dat die dokter net n  bottel  druppeljies gegee het vir diaree en dat Pollie oraait gaan wees.Ai en die heeltyd het ek gedink dit is die vrou wat die maagaandoening gekry het van ontsteltenis.

Verlig het ek teruggestap karavaan toe en vir my en vroulief ietsie sterkers ingegooi.Nou moet ek regtig begin kamp en n bietjie ontspan. Vroegaand het ons toe gaan inkruip.

Ewenwel,weereens het ons n gat in n karavaanbed geslaap.Man n ou slaap darem lekker as jy kamp.Dit voel net so cosy met die kampeerders so om jou.
 Wat n pragtige oggend, ek is so dankbaar vir n nuwe dag so in die wonder van die natuur.Rustig gaan sit ons met n koffietjie voor die tent.Sien ons toe ou Willie is klaar besig met sy kamptake.Sê ek vir die vrou, ek gaan n bietjie oorstap en hoor hoe gaan dit met Pollie.Sy sê nogal weer ek moet wegbly daar en die mense nou alleen los.Sê ek, maar magties skat, dit is darem ons bure en n mens moet darem belangstel in hul lief en leed.
 Selfversekerd, ek het mos n bietjie "Parrots" gisteraand ge-google (raak ek darem nou slim met al hierdie grênd goed) stap ek oor. Ek kan darem nou n sinvolle gesprek met ou Willie oor Pollie voer.
 Dit gaan sommer goed met die ou. Hy gesels en lag, maak voël geluide en bel selfs iemand.Willie is hoeka besig om sy hok skoon te maak.Sien ek toe eers hoe grênd die hok is, sulke fancy clips wat die vloerbak van die hok losmaak.Dan lig Willie die hok net so effentjies van die bak af en trek die vloer onder die hok uit. Die bodemlose hok word dan met Pollie veilig in die hok versigtig tot op die tafeltjie laat sak.Willie is besig om die vloerbak skoon te maak terwyl ons sommer heerlik praat oor moets en moenies van hierdie voëls.
 Nou moet my asseblief nie vra nie, ek weet nie hoe dit gebeur het nie.
 Met Willie se terugstap hok toe en my vorentoe tree om te help trip Willie oor my nommer 12 stapbootse.Ek sien net hoe hy soos n wafferse rugbyspeler daai tafeltjie se pote onder hom uitvat. Ek is seker hy was n flank in sy rugby dae.Die tafel en die hok val so in paaiemente soos n lang rugby slot.Die hok is so 90 grade met die tafelblad.Pollie het met n " Nwaaa..." skreeugeluid met sy wegvlieg so wit spertstreep regoor Willie se rug gelos.Ek dink sy maag was nog nie heeltemal reg nie. 
 Ek was egter bly Pollie was nie naby nie, die woorde wat daai tannie geuiter het. As ek dit kon terugspeel sou jy net n gesensorde buzzzz.... gehoor het.
 Met al hierdie amok was die hele kamp soos blits daar om te sien wat gaan aan.
Ai, dit is wat ek van kamp hou,die ouens kan saamstaan. Vinnig vinnig is ons in soekgeselskappe ingedeel.Elke groep met n toegedeelde area.Elkeen met n verkyker, selfoon en n stapstok,party met kieries, selfs n tannie met n loopraam.Daar word gesoek en geroep.Verder in die kloof af hoor ons Willie se "Pollie kom pappa toe" en dan weer sy vrou se "Pollie kom mamma toe" links van ons in die bosse en toe skielik Pollie se bekende lag " hahahaha... hahaha" so asof hy wil sê ek is nie so dom nie.
  In my groep was daar n ou(seker so in sy sewentigs)altyd met n speedo aan in die kamp rondgeloop met sy handoek oor n skouer gegooi.Bruin getan.Daai hahaha van Pollie was net waarvoor hy gewag het. Hy skiet soos n pyl uit n boog in daai rigting.Nou ek weet nie wat drink hy, viagra of salusa 45 nie,maar hy het stamina.Daai man is soos Tarzan deur die bosse met sy Speedo agter die gelag aan met ons naderhand so honderd twee honderd meter agter hom.Later eers gehoor hy is een of ander "Parrot Whisperer". Iedergeval,toe ons daar kom staan hy met Pollie veilig in n handoek toegedraai.
 Daai aand is daar n gesamentlike braai gehou ter viering van Pollie se veilige terugkeer.
 Terug in die karafaan moes ek vroulief belowe ek sal nie weer sonder haar toesig êrens in die kamp rond beweeg nie. So asof alles my skuld is.

Vreugde en vrede vir jul elk.
Foto geleen vanaf google.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 11/04/2021 - 11:07

Dagsê vriende,
 
Het jul die week van Pollie vertel en hoe Speedoman (so gedoop deur die uwe) hom gevang het. Skielik is hy die kamphero tussen al die vroulike kampeerders. Die mannetjie is besig om my te irreteer, ek meen, sewentig met sy maergat wewenaar speedolyf het hy my show gesteel. Maar wag, kom ek vertel verder....

                  SPEEDOMAN.

Druk nog n droë stompie onder die swart driepootpot in, lig die deksel en sien dat daai kossies lekker saamgesels,jy kan sommer sien hul is besig om groot pêlle te raak.
   Sit weer so terug en hoor ou Pollie by Willie se kampplek gesels.Sit ek maar so en kyk.Eintlik is dit half en half sy skuld (selfs oor dit ook al gewonder,half en half is mos dan heeltemal)dat ek nou gehok is deur die vrou.Kry ek skielik myself en vir Pollie baie jammer, ons is nou voëls van eenderse vere,ons is altwee gehok.
   Waaraan dink jy vra Ann, hoekom is jou oë nou so waterrig.Deel ek my gedagtes met haar.Sy stem saam oor Pollie maar met my het sy nie veel simpatie nie, sê ewe ek het jou gesê jy moet wegbly daar. 
   Het haar mos belowe ek sal probeer uit die kwaad uitbly,vandaar die self gehokkery.Raak maar weer stil en sit haar so en kyk, baie lief vir die vrou. Sit toe mooi en kyk hoe sy hekel,het al gehoor sy praat van lang en kort beentjies.Ek is seker ek sal vir myself n Speedo kan hekel,as ek twee lang bene en een kortetjie kan doen sal ek seker alles kan toekry.(verskoon die woordspeling).
    Sê ek, as jy dan nie vir my n speedo wil hekel nie, sal jy my leer hekel, dan  gaan ek,vir myself n Speedo hekel.Allermins dink sy nie ek is snaaks nie, sy sê net. Los nou die man en sy Speedo uit.Helaas het ek toe maar die Speedo plan laat vaar.
    Kom daar twee vrouens met die paadjie opgestap. Ann erken hul dadelik as die twee weduwees van vroër.Ann praat so bietjie met hulle, ja nee, hulle is genooi vir tee by Arrie, is juis nou oppad soontoe.Is toe nogal bly Speedoman kry geselskap, moet seker maar eensaam wees. 
   Terwyl Ann alles regkry om te eet maak ek die sousie n bietjie dik.Ons skep op en begin weglê aan die beesstertpot. Sjoe, maar hy is lekker. Hy het so n spesiale taaierigheid, jul weet waarvan ek praat, daai taaierigheid wat jou lippe so aanmekaar laat klou.Ann het net so ge "Hmmmmm...." toe weet ek sy eet nou lekker.
    Na ete en die skottelgoed gewas gaan sit ons weer voor die tent.Laatmiddag is die oumense mos weer oppad warmswembad toe, kompleet soos beeste wat kraal toe gaan in die aande.So gaan Speedoman en sy twee girls ook al laggende daar verby. Merk op dat hy darem nie in die aand ook met sy li-lo gaan nie.
    Sit so by myself en dink, die man het darem n houding aan hom, nou so ewe met twee girls wat aan sy lippe hang. Voel lus en spring op en trap daai lippe in die teerpad vas.Ek is egter nie agressief van aard nie en bly sit.
   Met die wat plan A (die Speedo) van die tafel af is begin ek sommer dadelik aan plan B dink.
    Maak ek vir ons n vuurtjie en gooi vir my en Ann n lekker rooiwyntjie in en gaan sit by haar daar langs die vuur.
     Ons het nou net klaar ge-eet maar die ander kampeerders maak nou vuur om te begin braai.Party ouens se vure brand lekker maar o weë,die meeste spook met daai hout. Wie van jul kan nog een van die eerste TV advertensies onthou van Smokey Robinson of was dit Robertson.Nou dit is wat ons nou hier gadeslaan. Hierdie manne koop hout langs die pad.Man nou laat ek jou vertel, daai goed leer nie om te rook nie, hulle kan rook.Die vrouens(Ann ingesluit) moan want nou gaan alles na rook stink.Ek hou nogal weer van daai kampreuk,ruik dit mos so aan jou kussing as jy wakker word deur die nag.Die manne blaas en blaas en kom net so nou en dan met sulke rooi gesigte orent om vars asem te skep.Party weer,blaas en blaas en kom al hoesende hoenderkop dronk weer regop as hy n rookwolk ingeasem het.Ander het weer(moet seker ou kliënte wees)sulke klein blaasbalkies,van hul het sulke miniatuur draaiblasertjies.
    Van die ander begin ook terugkom van die swembad af, dit raak nou so skemeraand.Sien van die mans begin ook nou hemploos rondloop en toe tref dit my,kan nog sommer die vrouens onthou van vanoggend toe hul hier verby gestap het, dit was absluut asof van hul n gedaanteverwisseling ondergaan het.Hier is n snaakse ding besig om in hierdie kamp te gebeur. Hoekom sal al die mans, boepense en al skielik wil lyf wys.En ewe skielik maak al die tannies hul nou so mooi, so asof hul vir n Sarie photoshoot genooi is. Wie wil nou vir wie impress hierso? Nee, hierdie "Speedoman" kêreltjie het nou n ding hier kom losmaak tussen al die kampeerders.
    Terwyl die ouens braai begin plan B vorm aanneem. Die stel waar alles moet afspeel word gekies.Ek werk hom in die fynste detail uit.Wat waar moet wees, wat waar gesê moet word,dit is so goed ek werk n draaiboek uit vir n film.Die rolspelers word met oorleg gekies en waar elkeen moet wees wanneer wat gebeur. Selfs in watter rigting sekere rolspelers moet kyk wanneer sekere dinge gebeur.
      Die oggend lekker vroeg opgestaan,koffie gemaak en gedrink.Ons gaan ook n lekker vroë swem inwerk.Kry my swembroek en trek hom aan, trek sy toutjie om die middel met mening vas (volgens plan),hy "moettt...." breek.Met n klapgeluid breek hy toe ook en ek sê net "o my magties" vir Ann toe ek so met die twee stukke tou in my hande voor haar staan.Het jy vir my n doekspeld(wetende sy het), sy gee een en ek trek die swembroek so styf om die middellyf en steek hom vas.So is ons toe daar weg swembad toe,sien toe daar is nou sommer baie ouens wat so hemploos swembad toe aanstap,boepense wat die helte van die swembroek toehang met die opgetofde vroutjies langs hul.
    Heerlik geswem, rondgehang en gekuier vir n rukkie toe ek sien dat Speedoman,my hoofrolspeler, en sy girls hul opwagting maak.Die hele bleddie show sou nou platgeval het as hy nie opgedaag het nie.Magties dink ek by myself ek was nou baie dom, ek moes kaartjies verkoop het by die deure.Ek kon geld gemaak het. 
     So het ek maar daar rondgehang en gewag dat almal op hul regte plekke kom, met Speedoman naderhand op sy li-lo het ek sommer geweet dat met my beplanning was daar nie fout nie.Dobber ek en vroulief so met die poolnoodles rond en met my wat so kort kort vaskop en onself in die rigting van die twee weduwees forseer verloop alles nou klopdisselboom.Knoop toe n geselsie met die twee dames aan en spoedig begin die drie vrouens naaldwerk en resepte praat.Gee my noodle vir Ann en sê ek wil n bietjie float.Sy het net vir my gesê gedra jou nou soos n grootmens. 
   Ek het nou altwee my hande nodig en so float ek daar weg.Man ek het die ding mooi uitgedink, sommer geweet as ek haar by hulle kan los sal dit werk.Met hul wat mos nou net oë vir Speedoman het,het ek geweet hul sal die heeltyd vir hom kyk en dan sal Ann se rug mos na my en Speedoman toe gekeer wees, alles volgens plan. 
    Skop skop my so stadig al floatende nader aan hom.Naby hom gekom, kom ek regop en maak die doekspeld los van my swembroek af.Maak seker dat my rolspelers op en in plek is.Toe die li-lo voetenend weg en ek buite sig van die weduwees af is vat ek my kans. So met die drie vinnige perdeby steke in die li-lo dink ek, Speedoman, vandag leer ek jou float.Swem toe nader aan n groepie mans en kry omtrent n front row seat so vyf meter weg.Die li-lo word vinnig pap en Speedoman sak al laer water toe. Naderhand vir my gelyk soos n worsbroodtjie soos wat die li-lo om hom toevou.Toe hy waterslaan is dit n hengse ding, hy kan nie float nie en val van die papperige li-lo af.
    Hy klim toe half verleë uit met die pap ding met die mense wat saggies lag.Dadelik is ek spyt en kry hom jammer. Toe doen ek iets wat nie beplan was nie, net om die aandag van Speedoman af te trek klim ek by die leertjie uit, vat so n paar vinnige drafstaptree by hom verby en duik naby n groepie vrouens in.Die ander ouens het later gesê,dit was n bom,nie n duik nie.Met my kop wat opkom onder die water uit het ek net gesien hier is n klomp gillende vrouns met nat slierterige hare wat op my afstorm. Hierdie tannies soek hierdie ouman se lyf, en nie hoekom nie, hulle wil moor. Daar was nie tyd om n leertjie te soek nie en ek springdruk so by die wal in my poging om weg te kom.Die ou arms is ook nie meer wat hul was nie en met n slag val ek so met my bolyf buite die swembad met my voete nog in die water.
   Daar lê ek kaalgat,gat in die lig op die kant van die swembad met almal wat vir my lag.So op my knieë nader gekruip tot by die pap li-lo wat toe die naaste was en regop gekom met hom so om my lyf gedraai.Maar net vir Arrie gesê "Sorry ek sal vir jou n ander een koop"
   Ons is daar weg, ek met een helse rooi gesig en Ann, ja sal ek maar liewers nie sê nie. Net n, wat dink jy doen jy, en dit op jou oudag, van haar gekry.
   Onthou julle nog toe ons nog kinders was hoe het die ouers ons so aan die oor gevat as ons stout was en dan badkamer toe getrek aan die oor terwyl daar gesê word " Hetttt.... Jyyyy.... Dannnn.... Nie.... Oreêêê... Nie!!!!" By die karavaan aangekom het dit kompleet so vir my gevoel alhoewel dit nie fisies so gebeur het nie.
   Daar is so ysige stilte,eintlik so n bedekte seën met hierdie wêreld wat so warm kan raak dink ek so by myself.Kyk,die vrou is witwarm ontsteld.My oorlede skoonma was n nooi Cockerell van Kroonstad se wêreld. Nou as ek haar nou bietjie wou opcharge het ek gesê sy is van die Cockroatches van Kroonstad,was daai engelsman darem dan opgewerk.
    Edith Ann is nou op daardie plek.Erg de hel in.Terwyl ek besig is om te "ont-li-lo" en n broek aan te trek, sê sy net, "nou het ek alles gesien" sê ek "hulle ook" Bars my ou vroutjie daar uit van die lag, ons skaterlag, kry nie opgehou nie.
    Later sit ons voor die karavaan,sê ek,weet jy vrou, ek is vir jou lief, ek is nie vir jou kwaad nie.Sy het net geglimlag en haar kop so aanhoudend in n links regs rigting bly wieg, so asof sy nou moed opgegee het met my. En net gesê, ek ook nie vir jou nie.
    So n halfuur later kom Speedoman daar aangestap met my swembroek wat hy uitgeduik het in die swembad.Raak ons daar om n koeldrankie aan die gesels. Dit blyk toe te wees dat ek my swembroek al met die induikslag verloor het.Hy sê dat ek al kaalgat was toe ek traai uitkom het uit die swembad.Vra nogal hoekom het ek nie maar eerder net in die water terug geval nie, blykbaar het ek myself baie meer ontbloot met die opkom en wegkruipslag.Merk ek so droogweg op, liewers n verleentheid as n lyk.
   Ann sê Arrie moet bly vir ontbyt en vra ons moet vir haar brood en melk gaan koop. Nou, ek het al geleer op my ouderdom as jy dinge face dan oorkom jy jou skaamheid en vrese.Vertel ek so met die wegstap vir hom sy naam is eintlik Speedoman.Hy lag te lekker. Daar gekom sien ek die winkel het identiese li-lo's.(blykbaar het hy syne ook daar gekoop).Vat toe een terwyl ons daar rondstaan. Hy het ook daar ietsie raakgevat van die klererak af en so wag ons ons beurt af by die kassiere.Toe ek wil betaal haal hy die li-lo uit by my aankope en sit n ordentlike swembroek op die toonbank neer en stop die geldwaardeverskil in my hand.Met n,ek het die goed nie meer nodig nie,sit hy die li-lo terug op die rak.
Terug by die karavaan sit ons aan vir ontbyt, merk ek hy skep nie bacon en kaasworsies op nie. Vra toe wil hy nie hê nie,nee dankie sê hy,hy is n vegetariër.Dadelik weet ek  hoe hy en Pollie n aanknopingspunt gekry het. Hulle is albei blaarvreters. 
     Sê ek dit is geen wonder hy is so n maergat nie. Hy reken, eerder n maergat as n kaalgat dikgat op n swembadkant.Toe weet ek, ek en hy sal n pad kan loop. Ek en Speedoman het groot pêlle geword.

Vreugde en vrede vir elkeen van julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 13/04/2021 - 10:58

Dagsê vriende.

                  FB ETIKET.

  As ek op FB rondkyk kom ek tot die slotsom dat daar nie eintlik so iets is nie. Veral nie op groepe nie.
   Nou het ek gewonder of daar nie iemand soos n tannie Emsie is wat so iets wil skryf nie. Net om n bietjie riglyne neer te lê. Ons is mos so n bietjie onopgevoed met die storie. Veral ek en my ouer maters wat nie hierdie nuwe goed so lekker verstaan nie.
   Dit gister weer ondervind, wil ek n link op Whattsapp vir iemand stuur.  Ou broer, het ek nou vir jou gesukkel. Druk ek lank op die link dan copy hy hom mos. Wys nogal so ewe "COPIED". Waar broer, waar,  voel ek lus om die bloemen phonetjie te vra, so asof hy kon antwoord. 
    Bel een van die kinders, dis maklik word my vertelle, gaan nou na die persoon se nr op whattsapp waar jy moet tik, hou jou vinger op die screen en viola, daar het jy nou ge-paste. Copy en paste noem hul dit glo. 
     Ek het al n paar keer gevoel ek wil die phonetjie teen n muur vas paste as hy nie wil doen soos ek wil hê nie. 
     As jy nou n gemors wil sien, sê vir ons oumense, jy moet "upgrade". Ou broer, vir weke kou ek bloedrukpille soos smarties. Nou werk alles weer andersom. Nou moet jy boontoe swipe, nie meer sywaarts nie, so vertel die outjie by die verskaffer jou. Hou n bietjie n oumens dop met n selfoon. Hulle swipe heen en weer, druk hier druk daar, sonder veel sukses. Hul vertel mos van die oom wat sy eerste selfoon gekry het en gevra het wat moet hy doen om by die sentrale uit te kom.
    Waar was ek nou weer, help bietjie die oom jong, wat wou ek jul nou eigentlik vertel het, o ja, van die etiket ding.
    Lees netnou weer van iemand wat kampgoed adverteer. Sou nogal belang gestel het, as ek geweet het van waar die man is. Geen aanduiding van waar hy is nie. Ek sal nie belangstel as hy aan die anderkant van die aardbol is nie. 
  n Ander een wat my deurmekaar maak is pragtige fotos en dan sê hul" "ons kamp so lekker". Waar broer waar? As jy die oom nou in sy eie land wil laat verdwaal moet jy nou hierdie tokkelossie naam noem. Kan die oom maar vra dat jy die ou naam gebruik, of sit hom maar in hakies agterna.
    So van dit gepraat. My ou vroutjie is lief om 7de Laan te kyk. Toe raak hy laas week helemal weg,  dink sy nie dit is snaaks toe ek  sê sy moet op die stasie soek vir iets soos E 7 Swamadiso Street. Was die vrou nou bly toe sy hom weer gisteraand onder sy regte naam kry.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 20/04/2021 - 09:40

Dagsê vriende,

               DIE TONGDANS

    Kyk, ou broer, as die ouderdom nou so kom vat vat aan jou is dit n ding wat by paartjies n probleem kan raak. Om alles gesinkroniseer te kry. Almal is nie vir dieselfde goed op dieselfde tyd lus nie. 
    Party dae is n ou meer ontvangklik vir sekere goed. Gister was dit so. Kom ek van die dorp af en die ouvrou sê sy het vir my n "surprise" en maak die suggestie en die afwagting iets in jou wakker. 
    Ek het klaar gebad, gaan bad gou, sê sy. Toe weet ek, hier kom n ding. Met verwagtinge is ek toe daar uit terwyl sy 7de Laan kyk.
  Man het ek nou vir myself netjies gekry, met n lekker naskeermiddel en gemaklike klere aan is ek daar terug voorhuis toe. 
     Oe, jy ruik so lekker koer sy toe ek haar n drukkie gee voor die stoof. Sjoe, dit ruik lekker sê ek, wat maak jy. n Surprise antwoord sy.
    Roep sy my tafel toe, daar brand kerse. Ou broer, toe weet die oom, hier kom n ding.
   Bring sy daar n pot krummelpap en n bak skaapsterte. Man het ek en die ouvrou nou onse lippe en tonge gevleg met daai skaapstertbeentjies. Jy gaan grou mos met jou tong daai sagte vleisies so tussen die beentjies uit.
  Die eerste ruk eet jy met n mes en vurk, daarna gee jy nie meer om nie en klim jy kaal hande in. Die vet kom sit so blink om jouse lippe. Die pap word so met die vingerpunte saamgepers en sommer so in die vetsous onder in die bak gedruk vir ekstra sappigheid. Naderhand kry jouse kake en tong so n lammigheid en n gevoeligheid op sy se punt, alles van die sout en suurlemoen op die sterte. 
  Man dit was darem nou weer lekker, hierdie tongdans van my en die ouvrou.
  Sê ek, my Lief, dit was nou regtig n surprise.

Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus