EK het my Snomaster so 3 & 1/2 jaar gelede aangekoop. Dit is die 60L dual AC en DC. Die model met die 2 verstelbare kaste elk met sy eie termo meter.
Toe kom ek nou agter dat dit lyk asof die groot kas se temp lesing heeltemaal verkeerd is (te hoog).
Ek stel die groot kas gewoonlik op +3 grade en dan die klein kas vir vries op -15 grade. Die makismum verstelling is +10 grade. So wanneer ek my groot kas stel op +3 grade, dan verkoel hy tot -7 grade. dit lyk assof die temp meter uit is met -10 grade!
Die klein kas s'n is 100%. Maar die groot kas is foutief. Kompressor en al daai goed werk 100% en maak baaaaie koud. Daar is net geen manier om die groot kas te kry om op +3 grade te bly nie. As ek hom stel op +10 grade (max) , dan verkoel hy tot -2 of -3 grade.
Klink vir my hy moet maar ingevat word na Snomaster toe en moet hulle dalk die groot kas se temp probe vervang of hom her- kalibreer.
Dalk het enigiemand hier ondervinding of ander raad?
Machiel ek het al gesoek vir…
Machiel ek het al gesoek vir daai reset knoppie of enige kalibrasie opsies / skroefies. ek kon die een paneel afhaal om te probeer binne in kom om te soek vir die probe se drade maar daar is nie veel te sien nie - dan sal ek moet verder ingaan en laat dit maar eerder oor aan Snomaster.
Ek het die yskas direk by hulle gaan koop en sal hom maar weer daar gaan aflaai. EK dink dit is 'n standaard PT100 tipe probe wat dal net vervang moet word.
Wat my wel pla is die feit dat hierdie tipe yskaste meer kos as groot kombuis yskaste wat maklik vir 10 tot 20 jaar net loop sonder issues, maar dat 'n eenvoudige temp probe nou die ding so dermekaar moet krap - Ai!
Yskas van lank lank gelede
Ek het n ou woonwa 3 way yskad wat ek saam ry agter in die bakie. Seker so n 1979 model. Wel seker nie die mooiste opsie nie maar vir ons werk hy baie lekker. As ons stop vir die nag of as ons kamp maak skakel ek hom oor na gas en gebruik die 12v slegs as ons ry. As ons in die beskawing is en daar 220v is dan prop ons hom maart daar in.
Gelukkig nog nie warm bier moes drink nie.
Snomaster kontak
Skakel vir Warren van Snomaster by 011-392 5315 of 073-137 0678. Snomaster is bekend vir goeie diens en Warren het my al oor die foon help fout nasporing doen terwyl ek erens in die Noord-Kaap agtergekom het my yskas werk nie. Was toe uiteindelik nie die yskas nie, maar my eie onnoselheid waaroor ek nie graag verder wil praat nie.........
Dankie Johan K vir hierdie…
Dankie Johan K vir hierdie kontak besonderhede!
My yskas se onstabiele termo…
My yskas se onstabiele termo meter, of wat ookal die probleem veroorsaak, het my daartoe gedryf om hom vandag in te neem snomaster toe.
Kom ons wag en hoor wat sê hulle ??
Ek het gister my kwotasie…
Ek het gister my kwotasie gekry vir die yskas diens en herstel van my 1 kompartement se temp sensor.
R200 + R28 vat
Dis `n bargain. Beter as om…
Dis `n bargain. Beter as om hom te vervang....
Dis `n bargain. Beter as om…
Dis `n bargain. Beter as om hom te vervang....
Yip! .... wel.....ek het my kampforum.co.za epos addres gebruik en vir hulle gese ek sal darem baie daarvan hou om 'n positiewe terugvoering op die webwerf te kan gee oor snomaster - en of hulle belangstel om te adverteer hierso?
Kamp yskas probleme
Ek is bly jy het reggekom. Dit klink vir my soos afpersing
, maar nou ja ons verbruikers moet saamstaan en weet waar kan n mens betroubare produkte kry om te gebruik om die lewe gemaklik te maak en watter handelsname of produkte liefs vermy moet word.
Bokvirsports - ek hom al so…
Bokvirsports - ek hom al so 2 weke terug en hy is weer 100%
...happy customer (-:
Kampyskaste
Ek weet nou nie net van kampnie maar, vandat ek my NL gekoop het gebruik ek hom sommer in die huis ook en al die lekker dinge word daarin gepak soos die koue bier word op -4 daarin gehou aand die vries kant en die ander koeldrank in die ander kant teen o grade. So ek moet se al is dit 'n duur item om aan te skaf kan ek nie meer my lewe sonder die kampyskas indink nie. Ons het voorheen met 'n soort thermocooler gewerk wat sekr saam die karavaan yskas goed was maar sedertdien die karavane gekom en gegaan het en nou in tente en almal wat weet (natuurlik net goeie vriende) of my kinders gebruik die yskas wanneer hulle of ons gaan kamp. Om die waarheid te se die kamp word amper om die yskas opgeslaan.
Net vir.................
Net vir die rekord, na aanleiding van Segekok se kommentaar hierbo van sy 38 jaar-oue vrieskassie wat agter-in sy bakkie saamry, hier is my ou getroue Edesa van die afgelope 26 jaar, absoluut probleemvry !
- Werk ewe goed op 12V, gas en 220V
- 42 liter inhoud
- Vervaardiger lankal bankrot
- Aankoopprys : R870-75
As hierdie vrieskassie oppak, pak ek ook op - ek kan nie sonder hom nie !.
(Voor iemand kommentaar lewer oor die urn op die foto, ons neem dit net saam as ons baie mense is wat saam kamp - hier was ons drie karavane en nog twee gesinne wat in chalets gebly het, maar saam gekuier het).
So lyk die vrieskassie (kyk hoe lekker vries hy binne-in) :-
Myne ook
Ek kry nou nie die draad waarop ek gesels het oor my Snomaster, wat ontvries het oornag nie. Ek het gedink dit is agv die verstelling wat dit laat afskakel as die battery te laag raak. Tussen kampe loop dit op 220V tuis, en daar kom ek toe agter dat die een kompartement op 220V ook ontvries.
Ek kontak toe Snomaster, want die kas is nog nie eers 6 maande oud nie. Hulle sê wie hulle herstel agent in Worcester is, en ek neem dit daarheen. Hulle toets toe die kas, en bevind dat dit rondom 02:00 afskakel en vir ‘n paar ure af bly en laat weet vir Snomaster - met ‘n grafiek ter stawing. Eers sê Snomaster dis normaal, maar gelukkig laat die tegnikus dit nie daar nie. Snomaster sê uiteindelik dat die kompressor beheereenheid foutief is, hulle stuur ‘n nuwe een.
Op ons onlangse toer Groot Brak en Jongensfontein toe het ek ons 40l Engel saamgevat, want die tegnikus het nog vir die onderdeel gewag. Sy het my Maandag laat weet dat die kas nou reg werk en nie meer afskakel nie. Die foutiewe kompartement se liggie was ook baie flou, en sy wag nog vir ‘n plaasvervanger gloeilamp van Snomaster af. Ek kan nie sê ek is beïndruk met hulle diens nie ![]()
Wildehont, snomaster sal jou…
Wildehont, snomaster sal jou uitsort
Jou kas sal no mooi lang jare loop.
Hulle vat hulle tyd
Ek is regtig nie beïndruk met die ervaring wat ek met hulle gehad het nie. Eers vir my gesê die naaste diens agent is in Caledon, toe gesê daar is niks fout met die kas nie en toe baie lank gevat om onderdele te stuur.
Ek is gelukkig want…
Ek is gelukkig want snomaster is 60km van my af. Het my kas direk by hulle gekoop en kan dit ook maklik invat vir 'n diens of check-up.
Werk jou kas nou weer reg Wildehont?
Ek is nie gelukkig nie
Ek wag steeds vir die gloeilamp. Gaan vandag vir hulle vertel wat ek van hulle diens dink. Ons ry oor ‘n week Kgalagadi toe, en die kas is nou al langer as ‘n maand by hulle herstel agent. Laasgenoemde is nie die sondebok nie, want hulle wag vir Snomaster.





Ek is seker daai yskas moet …
Ek is seker daai yskas moet 'n"reset" knoppie iewers hê.
Kyk eers of jy hom nie kan "reset" nie. Andersins sou ek aanklop by die manne van Outdoor Warehouse. Hulle is hier by ons maar die mense wat Snowmaster die meeste verkoop hulle die beste ken.
Ek hoop jy kom reg. Ek ken daai gevoel. Ek sit met 'n Kellerman (ook maar Snowmaster) wat nog skaars gewerk het en nou "onherstelbaar" is. Dit is nogal 'n duur storie om daai yskas te vervang.
Sterkte