Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -23 minutes ago
Veilig tuis ??? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -48 minutes ago
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -3 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -4 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 20/09/2017 - 06:33

Ek hoop almal het 'n beter nag gehad as arme Dusty.  Was jy toe nog wakker, Dusty?   Ek het al gehoor by mense wie se geyser gebars het, dat hul huis onder water was.  So, dit het darem nie met jou gebeur nie?

Lekker dag vir almal.   Die week trek alweer halfpad.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 20/09/2017 - 06:41

More Freda.

Ek net aan die slaap geraak toe dit gebars het. Gelukkig is die oorloop pyp by my kamervenster. die geluid van vallende water het my wakker gemaak.

Ek is geseend dat dit nie gewag het tot volgende week wanneer ek by die kamp is nie. Dan sou die water net aanhou loop het

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 20/09/2017 - 07:06

Koffie loop soos stroop en lekke dag vir almal

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 20/09/2017 - 07:25

Hi, Stoffel jamer om van jou water probleem te hoor! Hoop jy kom gou reg.

Gister was weer n perfekte dag hier by die see, ons het heeldag op die strand rondgele en in die son gebak!

Vandag lyk my weer reen en sterk wind, sal maar sien.

Julle kan aan my postings die weer hier "lees" as ek baie skryf is die weer sleg en sit ek op die stoep en verveeld wees, as ek stil is, is dit n mooi dag en ons is op die strand en innie water!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 20/09/2017 - 07:41

Wind of reen dit bly nog stteds lekke om te kamp

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 20/09/2017 - 07:42

Arie, dit is goed om te hoor julle geniet die strand en gaan swem.  Ek is veral bly as Petra dit kan geniet.    Alhoewel die somer so halfpad hier by ons aangebreek het, kan ek my voorstel die water sal nog hopeloos te koud wees om in te gaan.   Alhoewel ek my hele lewe by die see woon, is ek maar bangerig vir hom.  Nou se dae  verkies ek eerder om net op die strand te stap met voete in die water.laugh   Nouja, as jy vandag nie kan gaan swem nie, laat waai met een van jou stories!wink

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/09/2017 - 07:54

Goeid more almal, T was lekker, dankie, julle moet 'n mooi dag geniet, Arie, ons wag in spanning op jou "verveelgeit" stories.

Dusty, jammer van die gieser, maar sood jy sê, gelukkig gisteraand terwyl jy tuis is, sterkte met die ding. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 20/09/2017 - 08:00

Johann, en daar verwar jy ook die "d" met die "s" vanoggend.  Gelukkig het jy dit andersom gedoen as Arie nou die dag!!!   Sood klink darem beter as Arie se woord.  laugh

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 20/09/2017 - 08:21

Freda as die weer nie gou draai nie sal ek seker iets skryf?

Maar ek gaan nie weer so ligsinnig wes niedevil sal so paar kampresepte neerpen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/09/2017 - 08:44

Goeie môre almal !

Jammer ek het nie gister gegroet nie  -  was baie besig op hierdie forum  -  het geen idee wat hier gebeur het nie !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 20/09/2017 - 09:00

Dis jy wat ons weer almal in die bek geruk het!!!   Sien jy hoe luister ons vir jou?   Tot Arie wil nou kampresepte opsit.laughno

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/09/2017 - 11:18

Ai Big G, wat is fout, jy klink nie lekker nie  -  was jy weer onsuksesvol om die G-kol op te spoor ?

0
Bosveld
Profile picture for user Gryswater

Gryswater

Wed, 20/09/2017 - 11:30

LEN!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/09/2017 - 12:10

Dusty, mooi so !  Wie was die versekeraar ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus