Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -16 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -40 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -53 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -53 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -57 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -57 minutes ago

Junie 2021 koffie en groet

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiemôre! En toe word ons gegroet deur die winter met 'n lekker bui reën hier in Centurion vanoggend.  Ek sit nou met my koffie en luister na die druppels wat val op die stoep se dak.

' n Lekker winter maand vir almal! 

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 09/06/2021 - 08:58

Lekke dag vir almal hou vas jou kombers lyk my gaan nog n ruk effe koud wees skink gerus n koffie hier loop hy soos stroop

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 09/06/2021 - 12:34

Sien my Tablet sê dit raak lekker maar na Sondag word dit weer koud ☹

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 10/06/2021 - 08:31

Môre sê Kampforum, geniet die dag, hier is dit nog heel week bewolk (nie my vrou niewink) en laat gister het dit sag begin reen en reen so aan en af nog steeds.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 11/06/2021 - 06:51

Goeie môre vriende, geniet die Vrydag en 'n heerlike naweek vir elkeen.

Wonder waar trek Len-hulle.

My vrou het so whats app boodskappie, 'n hele paar jaar terug al, gekry wat ons al twee nogal getref het. Dit se: "moenie kla oor oud word nie, nie almal het daai voorreg nie"

Nou, hoekom ek dit hier noem is maar omdat Len se teenspoed wat hy gehad het met die vergeet van die handrem te aktiveer, het my laat dink aan my eie vergeetagtigheid die laaste tyd. By Zelpy oord trek ek weg en die Penta bly staan, alles was gekoppel, behalwe die haak. Gelukkig geen draad af geruk nie maar, die veiligheids kabel het die handrem op getrek, en die kabel het los "gebreuk"

Ek skyf dit toe aan ouderdom en sy neukery met mens se kop.laugh

0
Uitenhage

neelsec

Fri, 11/06/2021 - 11:52

More hier vanaf Hartenbos ons besig met die 2de maand hier dae  warm amper geen wind wat waai 

                                                Groete  Neels

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 12/06/2021 - 14:24

Goeiemiddag.  Gegroet hier vanuit die noorde.  Ons kuier die naweek bietjie hier op die plaas.  Gistermiddag 'n lekker sundowner gehad oo die oewer van die Limpopo net oorkant Tuli Bkok. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus