Binnekort is dit weer sulke tyd. Nadat ons laas jaar ons jaarlikse wintermaand kamp by Scotties laat verbyhou het met lockdowns, vertrek ons vroeg Julie weer soontoe. Enigiemand wat dalk onlangs die N3 afgery het vanaf Centurion in daai rigting? Ek sal graag wou weet wat die padtoestande is? En dan ook, enige raad met die skielike vlaag van skerp voorwerpe op paaie om mens te dwing om te stop sodat hulle mens kan beroof of nog erger...sal welkom wees. Die klippe van 'n brug af gooi is ook skielik weer terug maar ek het al lank die gewoonte om as dit donker is van baan te verander as ek onde 'n brug deur ry. Ons vertrek gewoonlik so rondom 4 uur in die oggend van die huis af, ek is veral bekommerd oor daai stuk van die N3 net na Germiston verby daai Vosloorus gebied voor Heidelberg.
Ons het so 3 weke gelede…
Ons het so 3 weke gelede afgery vir 'n aand in Queensburgh asook Salt Rock. Die paaie was goed. ![]()
Grootwind die N3 van…
Grootwind die N3 van Germiston na Heidelberg is veilig. Dit het maar van tyd tot tyd probleme maar oor die algemeen baie veilig met hoë SAPS teenwoordigheid.
Ons ry nou die N3 1 keer 'n maand af Durban toe vir werk.
Daar is heelwat verleggings maar glad nie enige probleme met die verkeersvloei nie. As jy spitstyd deur Pietermaritzburg gaan kan dit stop/ ry wees.
As jy afry is daar so 10km na Mooirivier 'n stilhou plek "Windmill" by die Nottingham Road afrit. Hou maar verby die 1Stop by Mooirivier en stop daar. Jy sal nie spyt wees nie
Dankie almal! Klink of ons…
Dankie almal! Klink of ons OK sal wees om weer ons gewone tyd so rondom 4 uur in die oggend uit Irene te vertrek. Sonder om te jaag kom ons altyd dan so rondom 13h00 in Scotties aan, wat net genoeg tyd laat om die basiese goed op te slaan en ook die tent se stormtoue op te kry. Gelukkig vetrek ons op 'n Saterdag so hopelik geen spitsverkeer in PMB nie.
Wanneer ry julle? Hoe lank…
Wanneer ry julle? Hoe lank bly julle?
Oggend van die 3de Julie vir…
Oggend van die 3de Julie vir sowat 4 weke. Staanplek 91.
Grootwind julle
Julle verseker tel die dae nou af lekke vooruitsig
Grootwind, julle moet dit…
Grootwind, julle moet dit geniet glo alles gaan goet verloop.
Onthou asb die fotos en resensie, eers genoemde; baie belangrik, ook die resensie as julle terug is.
Julle vertrek so op my eeste dag van my 69st jaar hier rond![]()
N3, Harrysmith ...
Ek sien op fb daar is kort-kort pad brande by Harrysmith ?
Wees maar net versigtig.





Grootwind ons
Ek en Berdien het laas maand soos jy seker gesien het KZN toe gegaan en gaan vakansie hou by ATKV Natalia en Scotties is seker so 40 km verder suid rigting ons het het soentoe tot by Nigel gery geswaai na Heidelberg en net voor jy Heidelberg kry lings geswaai op die N3 tot jy Noord / suidkus split kry en suid split gevat pad baie mooi net baie speed traps en cameras pad mooi hier en daar na Harrysmith padwerke gewees