Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -3 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

JZ in arres

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek sit maar hierdie in die ween hoekiewink

Jacob Zuma het homself oorgegee minute voor 24:00 laasnag, na 'n gesprek met paar hoë polisie beamptes. Wonder nou net, gaan hy sy tyd in die "Ritz" deurbring, seker maar in 'n groot 5 ster kamer met 24/7 besoeke en so paar dae om te "bekeer", dan terug huis (stad) toe. (Stad is nou asb nie politics nie, sy persoonlike stad.)

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 08/07/2021 - 08:39

Ek wonder hoeveel ander hoe bome gaan ook die wind vang wat comes around goes around

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 09/07/2021 - 06:42

Enige gevangene kan aansoek doen vir mediese parool. Hy het seker al klaar. Dis dalk maar beter só, want afgesien van die finansiële voordele wat hy tot sy dood geniet as voormalige president, kos hy ons nou nog ekstra in die tronk. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 09/07/2021 - 07:34

My gevoel is dat die hele gedoente ten minste 'n sterk boodskap uit stuur, niemand is bo die wet nie. 

Of hy nou sy volle tyd sit al dan nie, is die boodskap egter in lyn vir ander. Carl Newhouse het ook 'n R3000.00 boete gekry vir minagting van Covid reëls, dit sê vir my die president is op die regte pad.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 09/07/2021 - 09:00

Natal is op die oomblik aan die brand met betogings en paaie wat geblokkeer word. Suikerriet lande aan die brand gesteek. Durban N2 toe by Umhlanga en Empangeni. Paaie rondom Durban onbegaanbaar. Sakekamer mense gewaarsku oor moontlike sluit van besighede. 

Sal maar vandag streng isolasie toepas.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 11/07/2021 - 09:25

KZN is under siege waar is Beke Cele hy kan net mense op n strand vang  ons moet maar na ons self kyk die aanbivind worry nie veel nie waar is hulle??

 

 

\

vbWaar is ob    ggf

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 11/07/2021 - 09:45

My persoonlik opinie:

Na die Marikana waar die polisie so aan geval is deur die mensdom, omdat hulle hulself verdedig het, is die polisie te bang om op te tree. Dit is tipies van anargie en kommunisme. En nou gaan ek weer aan geval worddevil

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 11/07/2021 - 14:32

Kommunisme :  Communism is a system where all property is public and people work and are given things by the government according to their needs. An example of communism is the governing system in Cuba where the government controls everything and doles out benefits such as money, health care and food".

Anargie : WAT sê : Toestand van regeringloosheid, volslae wanorde waarin geen gesag erken word nie.

Huidige wanorde in KZN :  Ek kan nie kommunisme hierin sien nie, maar wel anargie.  Na my mening is polisie-optrede gebrekkig vanweë onkunde hoe om anargie te hanteer.  Die Marikana-slagting is 'n voorbeeld van swak polisie-optrede tydens 'n beperkte opstand net in die Markana myngebied.  Dit was nie die anargie wat tans in die KZN-provinsie heers nie en die polisie weet beslis ook nie hoe om hierdie provinsie-wye anargie onder beheer te bring nie.  Die Marikana-opstand van 'n groep mynwerkers is beslis nie dieselfde as die huidige anargie versprei oor KZN nie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 11/07/2021 - 18:43

Wat ons nou sien in KZN en wat na ander provinsies versprei is bloot wetteloosheid. Om paaie te blokkeer om alles tot stilstand te bring om simpatie met Zuma te toon is een ding maar om nou winkels en trokke te beroof het niks met ondersteuning/simpatie te doen nie.

Kyk wat word gesteel - duur goedere en drank. 

As jy na die plaaslike radio luister en nuus lees is daar nou mense wat die situasie uitbuit en nie juis omgee oor Zuma nie. 

Dit is  baie jammer dat ons nou saam met Covid dit ook nog belewe. 

Sien daar is nou ook twee kampe oor die kwessie om die weermag in te stuur om te help of nie. 

Waar gaan dit alles eindig want daar is vandag wyd hier verkondig dat ons môre by die huis moet bly of die gevolge dra. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 11/07/2021 - 18:47

Ek sien in Gauteng gaan dit ook nie beter nie, een of ander fool het gesê dis tyd dat die ware revolusie begin, en nou kry wetteloosheid en barbaarse optrede die oorhand.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 11/07/2021 - 22:05

As mens sien waar word alle betogings gehou, is die meeste betogers dink ek net opertuniste wat kyk of hy n gratis boks kos kan bekom uit n trok wat brand. Instigators lyk my soek plekke uit waar lokasies teen die pad is....hulle begin die aksies en dan stroom daar n lot uit die lokasies soontoe net om homself te verryk deur n boks voorraad uit n trok te haal....hulle is nie daar vir die rede van Zuma nie. Vir ons op die oog af lyk dit of daar hordes Zuma aanhangers is wat betoog om hom uit die tronk te kry, maar intussen is 99% van hulle net daar omdat hulle n geleentheid sien om iets verniet te kry. Daai klompie instigators moet gevang word. Kyk maar na die lys waar hulle beplan om proteste voort te sit.....oral daar waar n lokasie teen die pad is, want hulle het daai oppertuniste nodig om hul getalle aan te vul

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 12/07/2021 - 12:20

Vir die wat vandag op die N1 is oppad Pietersburg rigting, wees asb baie versigtig, ons het nou net berigte ontvang dat die N1 by Carousel plaza toe is agv optogte, ook vermy maar die pad na Durban, die plek is besig om af te brand, nou verstaan ek nie mooi nie, Net gisteraand met die Familie vergadering is daar gese geen gatherings or riots of sulke goed nie, nou wat is die, skiet en kry klaar, dit sal vinnig stop.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 12/07/2021 - 13:19

Hier in Vaalpark het hulle nou die Spar ook laat toe maak, die gemors is ook in Sasolburg besig maar ons SAPD manne en vroue hou hulle onder beheer, ek was gou Spar toe vir melk, en die ingange is reeds, behalwe vir een, toe gemaak.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus