Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -17 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -17 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -21 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Wat maak jy met jou oorskiet braaivleis

Pretoria Tuine
Submitted by DK on
Forums

Wie gooi hulle vorige aand se braaivleis weg en weier om oorskiet kos te eet.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 04/08/2020 - 17:54

Hier by ons is daar min oorskiet  en meestal waneer mense kom kuier en aanbied om vleis te bring. Ek en ouma sal 4 tjoppe braai vir ons, of ñ tjop en n stukkie wors. Steak braai, bly daar somtyds oor, dan sny ek dun repies en chilly dit so effe in ñ pan. Sit voor met my brekfis omelet, neef kán n omelet maak... lyk soos ñ souffle,  so duk sagte ene.  Roast chicken leftover word mayo sarmies. Leftover wors en skaaprib verdwyn sommer vanself. 

0
Durbanville

Jeanne Jones

Wed, 21/07/2021 - 16:16

Ideaal, veral rib, maak lekker groen boontjie bredie. Daai hele bredie kry so braaivleis smaak. Begin vroeg in swartpot en laat stadig prut heeldag en nuttig aandete. Hmmmmm

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/07/2021 - 16:33

Ek het eergisteraand 'n boontjiebredie in die swartpot op die kole gemaak - wel nie met oorskietrib nie, maar met bees-potjievleis. Dit was darem self liplek-lekker.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 22/07/2021 - 07:26

Ek maak krimelpap / stywepap braai twee uie sny vleis op braai saam uie dan meng ek die hulle spul in pap pot gooi 4 rou  eiers bo op maak deksel toe prit vir 20 min haal af en eet soos n koning

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus