Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -8 minutes ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -13 hours ago

Ford en ratkaste

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on

Ek wil nie graag 'n bek-geveg begin nie, maar wil tog graag sinvolle kommentare oor die onderwerp verneem.  Ek is nie van plan om my Nissan Pathfinder te vervang voor ek my karavaan-kamp-skoene oor 'n klompie jare ophang nie, maar ek dink dikwels daaraan wat sal ek doen as my P/F gesteel of om een of ander rede vernietig word.  Ek wil graag steeds 'n SUV hê en hou baie van die Ford Everest en die Toyota Fortuner.  My dogter en haar gesin het 'n Ford Ranger 3,2 diesel en my seun en sy gesin het 'n Fortuner, V6 petrol.

Op sosiale media lees 'n mens dikwels van Fords met ratkas probleme, maar in die onlangse verlede het ons hier op ons forum ook van Ford ratkas probleme verneem.

  • Ek weet Koos Mol ry 'n Ranger 3,2 en is tot vandag toe baie tevrede, maar hy het eendag in die Wildtuin met sy Ranger se ratkierie wat losgekom het, in die hand gesit
  • Ons ken almal Willem se Ford Terry se duur ratkas herstelkoste
  • So-pas verneem van ChrisWH (oppad Wildtuin toe) se Ford Everest se ratkas wat oorverhit het en olie-druppels onderaan die onderstel
  • My dogter en skoonseun se Ford Ranger staan nou al vir twee weke waar die voorste deel van die "transfer casing" vervang moet word as gevolg van 'n ernstige olielek. Hierdie Ford het maar 40 000km op die klok

Al die Fords hierbo sleep karavane.

Is dit wel 'n algemene probleem dat Fords ratkas-probleme ontwikkel as gevolg van karavaan-sleep ? 

Om 'n kort storie baie lank te maak,

Ek het nog altyd handrat kar gery en gesleep met handrat. So bestel ek deur my werk 'n 2.2 XL Ford Ranger auto en kry hom einde Februarie 2020. Wat 'n wonderlike voertuig en dit het so paar dae gevat om gewoond teraak aan die auto. 

Maart 2021 is die eerste keer wat ek geleentheid kry om met daai trokkie te sleep van Ermelo na ATKV Natalia toe. (My pa het my geleer mens sleep in die rat wat 1:1 is of die naaste daaraan, 99.98% is dit 4de rat.) Die Ranger se eienaars handleiding beveel aan mens sleep in "S" mode, so gese so gedaan. Dit was die lekkerste wat ek ooit gesleep het en sal verseker nie gou weer met handrat sleep nie. Die XL het nou nie "cruise control".

Ek en my vrou was nou begin Julie 2021 op 'n baie lekker trippie af Sutherland toe (net so oor die 4000km's gery).

Terwyl ons so lekker bly die gaste huis bly in Sutherland vertel oom Len dat die plek waar ons bly sy seun sin is, ja die wereld is maar klein.

 Ek ry glad nie daai Ranger hard nie en probeer ook nie hom in al sy ratte te spin nie. Maandag, na die heerlike wegbreuk, ry ek werk toe en toe ek die middag huis toe gaan begin die sports. Ek het gou gaan kaggel hout koop want daai week het die koue gekom, en so ent voor die ou se huis gooi daai Ford vir jou een hengse "smoke screen" dis net wit rook, geen waarskuwing lig nie, ek kon ook nie agter kom dat daar verskil in krag is nie. Stop toe nou maar liewers by die handelaar en laat hulle wat meer weet kyk wat maak die Ford nou 'n James Bond kar. Na so rukkie stroom die olie uit onder die Ford.

Die Ranger het 44172km op die klok en sou juis die dinsdag gegaan het vir sy 45k km diens. Die Ranger is nog onder waarborg en als. Laat dinsdag middag laatweet die werkswinkel bestuurder my dat na al die diagnose en druk toetse wat gedoen is hulle sommer maar vir my 'n nuwe engin moet gee. Niemand kan tot nou toe nog vir my se wat vout gegaan het nie.  

0

Middag Mona

Hou ons asb op hoogte. Ek is jammer om van jou probleme te hoor.

sulke insidente sal my teen die mure uitdryf.

0

Hou ons asb op hoogte

Ek maak so. Dit was maandag wat verby is 'n week. Ek sal nog rustig wag en weer volgende week maandag bel en hoor as ek niks verder die week hoor nie.

 

Ja Voorrie dit is maar as jy jou ore uitleen hoor mens van so baie gevalle waar die handelaar oor nonsens se jou waarborg is "void". 

Voor ek die kappie laat opsit het, het eers gaan hoor by die handelaar of ek mag en dat dit geen  invloed op die waarborg sal he nie. volgens my het ek als gedoen volgens boek.  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 28/07/2021 - 11:59

Goeie môre Morné !  Dis heerlik om jou en jou pispot-army hoed weer 'n bietjie hier te sien !  Jy moenie so skaars wees nie en gesels gerus meer kere hier saam.  Dis iewat gevrek hier op die forum, so jy kan help om 'n bietjie lewe hierin te blaas.

Ek het julle rondry-trippie met pragtige fotos wat Natasha op FB geplaas het gevolg en geniet.  Ek het ook daar (of was dit nou op die WhatsApp-groepie gesien) van jou drama rondom die Ford.  Dis jammer dat dit gebeur het maar ek is vol vertroue dat Ford jou behoorlik gaan ondersteun om die probleem uitgesorteer te kry.

Ek is nou nie 'n kundige met enjins en ratkaste nie, maar stel tog altyd belang in wat het fout gegaan met iets soos in jou geval.  Jy moet hulle asseblief druk vir 'n deeglike verklaring wat het gebeur en dit dan met ons ook deel  -  so leer ons almal.

Ek raai Johann Lock hier op die forum sal bly wees om te hoor Natasha is 'n offissier in die polisie daar in Ermelo want sy dogter is ook in die SAPD

Ns. Ek het Morné en Natasha in 2011 by 'n WegSleep-kamp by Gariepdam ontmoet en sederdien "sien" ons mekaar op sosiale media en e-posse.

0

Oom Len, ja dit was baie lekker al was dit maar moeilik met die inperkings en om iets te ete te kry en die groot teleskope daar op die knoppie by Sutherland was toe, SALT. Dit noodsaak ons om maar net weer te gaan.laugh

 

Ek het nou sommer gou die handelaar gebel. Hulle het nog nie vir my 'n verlag in skrif nie maar wat die tegnikus se is dat die EGR gekraak is (wat dit ook al mag wees) en die "piston schuckles" of so iets. Ek is mos nou nie juis vreeslik tegnies as dit by motors kom nie. Hulle wag nog vir iets van die waarborg om goedgekeur te word.

0

Met die nuwe enjin gann jy 10000000 km nog ry

Ja Shaun ek dink ook so of dalk as die kontrak met my werk verby is hom verkoop en dan 'n probeer om 'n SUV deur die werk te bekom. Tyd sal maar moet leer.  

0

Was die eerste keer nie Sep. 2010 by De Voetpadkloof nie ?

Nee willem die eerste keer was met die nationale saamtrek by Gariep dam toe ek my enkel ligmente geskeur het in 'n bar daar op Colesberg. Ek het nog die Polo gery met die vlentertjie en in tente gekamp. De Voetpadkloof was die 2de keer. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 28/07/2021 - 13:12

Willem, Morné is reg (ek was ook verkeerd)  -  dit was wel by Gariep-dam, maar dit was in Oktober 2009.  Ek het gou gaan kyk na die fotos wat ek daar geneem het, se datum.

Ns. Ek wonder hoe skeur 'n mens jou enkel ligament in 'n kroeg van alle plekke ?  Miskien moet die Kaptein die vraag beantwoord.

0

 Ek wonder hoe skeur 'n mens jou enkel ligament in 'n kroeg van alle plekke ?  Miskien moet die Kaptein die vraag beantwoord.

Dit is soos 'n Ford se "EGR valve" dit gebeur maar net, mens vra nie baie vrae nieangellaugh 

0

Môre Len

Terug na jou oorspronklike navraag;

as jy jou voertuig moet vervang, moenie sukkel met Match Box of Dinky Toys nie, skaf dadelik vir jou 'n Prado aan. Dit en sy groter ouboet is die SNV vir grootmensedevil

0

Ns. Ek wonder hoe skeur 'n mens jou enkel ligament in 'n kroeg van alle plekke ?  Miskien moet die Kaptein die vraag beantwoord.

Die omgewing daar in en om Gariep is maar klipperig, n man kan maklik n besering opdoen.......cheeky 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 29/07/2021 - 09:28

Ons is eitlik met 'n Ford ratkas debat besig.

Prado : Wessel, ek ken Prados goed via vriende wat dit besit.  Sodra die Prado se 6de en 7de sitplekke wat teen die kante opslaan verander is, asook sodra die Prado 'n plat laairuimte het as die agterste sitplekke opgeslaan is en sodra die Prado se prys meer billik raak, dan sal dit tog vir my 'n opsie raak.

Dit en sy groter ouboet is die SNV vir grootmensedevil

Wessel/Anton : Ek is nie 'n grootmens nie, weeg maar 79kg. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 29/07/2021 - 10:29

200 reeks (wat eersdaags vervang word met 300) of Prado; die goed is te belaglik duur. Dis ‘n huis se prys! Ek het my verstom Desember in Kgalagadi en nou weer in die wildtuin oor hoeveel mense met die voertuie ry en sleep. Hoe op dees aarde bekostig mens dit? Om nie eers van die brandstof rekening te praat nie! My skoolvriend wat in Shingwedzi was terwyl ons nou daar was het ‘n 2005 4l V6. Dit het hom meer as R3 000 gekos om dit vol te maak in Shingwedzi. Ek is seker dit sleep soos ‘n droom, maar ek is te arm vir een. 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 29/07/2021 - 10:39

Edward Bath overlanding hy ry met so 200 dis n awesome voertuig toe ek bank bestuurder gister bel vir lening vir die 200 begin hy te lag en se toe vir my droom maar verder cheeky

0

Middag mede "armgatte"

Ek het my ook verstom aan die groot hoeveelheid duur voertuie in die wildtuin. Opvallend het die meeste Cruisers nommerplate uit die wynland gehad.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus