Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -51 minutes ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -3 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

Ford en ratkaste

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on

Ek wil nie graag 'n bek-geveg begin nie, maar wil tog graag sinvolle kommentare oor die onderwerp verneem.  Ek is nie van plan om my Nissan Pathfinder te vervang voor ek my karavaan-kamp-skoene oor 'n klompie jare ophang nie, maar ek dink dikwels daaraan wat sal ek doen as my P/F gesteel of om een of ander rede vernietig word.  Ek wil graag steeds 'n SUV hê en hou baie van die Ford Everest en die Toyota Fortuner.  My dogter en haar gesin het 'n Ford Ranger 3,2 diesel en my seun en sy gesin het 'n Fortuner, V6 petrol.

Op sosiale media lees 'n mens dikwels van Fords met ratkas probleme, maar in die onlangse verlede het ons hier op ons forum ook van Ford ratkas probleme verneem.

  • Ek weet Koos Mol ry 'n Ranger 3,2 en is tot vandag toe baie tevrede, maar hy het eendag in die Wildtuin met sy Ranger se ratkierie wat losgekom het, in die hand gesit
  • Ons ken almal Willem se Ford Terry se duur ratkas herstelkoste
  • So-pas verneem van ChrisWH (oppad Wildtuin toe) se Ford Everest se ratkas wat oorverhit het en olie-druppels onderaan die onderstel
  • My dogter en skoonseun se Ford Ranger staan nou al vir twee weke waar die voorste deel van die "transfer casing" vervang moet word as gevolg van 'n ernstige olielek. Hierdie Ford het maar 40 000km op die klok

Al die Fords hierbo sleep karavane.

Is dit wel 'n algemene probleem dat Fords ratkas-probleme ontwikkel as gevolg van karavaan-sleep ? 

Middag Len

Daai enkele faktore wat jy teen die Prado opper het my ook teen die bors gestuit, en op die ou ent maar weer besluit dat 'n dubbelkajuit beter by my behoeftes pas.

Chris S: Moenie vaskyk teen die R3000 per volmaak nie. Daai man gooi seker amper 150l in op 'n slag. Die voordeel is, hy stop net minder om vol te maak.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 29/07/2021 - 12:10

Wessel. Die Prado het ‘n 180l tenk. Die petrol enjin kry egter maar so 5km/l (sover op die toer kry die Everest met ons al vier en die Kavango op sleeptou 7,2 buite die wildtuin - binne tel nie want dis nie normale ry nie) en petrol is gewoonlik duurder as diesel per liter. 

0

Hello Chris

"En hoor jy die magtige dreuning…."

Man, as daai V6 daar voor begin gesels, en alles kom in snelle beweging, dan raak die pad kort en lekker!!!

Ek het as kind eenkeer saam met my Pa gegaan toe hy na die nuwe Ford Fairlane [1972] gaan kyk het. Staan daar toe 'n vermoënde wynboer ook, maar hy kyk na die v8 Fairlane. Seg my onderwyser Pa vir hom----daai ding is seker maar dors. Sy antwoord was---ai meneer, as 'n man wil lekker ry, gooi jy maar die petrol.

My reistyd van Berg en Dal tot in Brits was 6ure gewees, 450km afstand. Eseltjie het my so gemiddeld 6km/l gegee.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 29/07/2021 - 14:28

My Pa het 'n Chevy Caprice Classic gery jare terug toe ek 'n snotkop was.  Dink dit was 'n 5L V8  met 3spoed auto boks.  Desembers lekker wa gesleep Ceres dennebos toe my daai V8

Daarna was dit 'n Datsun Laurel V6  2.8 L  met 'n 5 spoed.  Net so lekker getoer en sleep, maar ek weet my pa het die V8 gemis.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 29/07/2021 - 16:14

Daai V8 klink darm maar mooi en gaan 'n Exclusive rekmerke trek ?

video
0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 29/07/2021 - 18:28

Gelukkig het die klank van 'n V8-enjin my nog nooit juis geïmponeer nie, juis omdat die brandstof verbruik ver buite my bereik is.

Wessel, jou Eseltjie se verbruik laat my heel goed voel  -  my ou Pathfindertjie se dieselverbruik met die Exclusive agterna is ook in daardie omgewing van 16 liter per 100km en selfs soms iewat beter  -  moet egter sê, dis oor lang afstande en baie brandstof gemeet, alhoewel nie noodwendig baie akkuraat nie want ek het sommer die brandstof-rekenaar se syfers gebruik.

Ek ken van die Cruiser 200  -  ons gereëlde kampvriende sleep hulle Bushlapa met 'n Cruiser 200.  Fantastiese voertuig, maar te dors.  Ek kon dit nog nooit uit my pêl kry om te sê wat die dieselverbruik is nie !  Iets waaroor hy egter baie beswaard is, is die verskriklike hoë versekeringskoste.

0

Middag Morne

Enige terugvoer oor jou Ford se rokery?

Ek hoop jy het goeie nuus daaromtrent.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 23/01/2022 - 20:18

Ons het die naweek by Die Eike privaat kamp buite Tulbagh gekampeer vir my 50ste verjaardag gister en ‘n vriend se 41ste Vrydag. Wanneer ons tuiskom na ‘n kampeer naweek stoot ek eers die karavaan in die erf in om afpak te vergemaklik. Toe ek vanmiddag na die afpak die wa wil bêre in die motorhuis wil die Fordjie nie in P gaan sodat ek dit kan aansluit nie. Die hefboom is in P maar die liggie wys die kar is in 2. Ek dog eers dis die die uitermatige hitte (43° gewees en sy het in vol son gestaan) wat haar kop deurmekaar maak en los dit om af te koel. Dit bly egter in 2. Toe klim ek onder die kar in  en sien ‘n plaat wat die selector beskerm het gebreek. Simpel ontwerp, want omdat dit net op een plek vas was het dit maklik gebreek en die selector werk nie as die plaat los is nie. Toe skuif ek die selector met my hand in P om aan te sluit en toe na 1 om die kar (wat toe nog halflyf buite die hek staan) net in die erf te kan parkeer. As ek die plaat as onderdeel kan kry sal ek dit self kan vervang. 
 

Die rooi pyl op die eerste foto toon waar die plaat gebreek het en op die tweede toon die rooi die breek en die geel die selector self. 
 

A

B

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 23/01/2022 - 21:21

................dat Koos Mol (ook somtyds op die forum) se 3.2 Ford Ranger ook 'n probleem gehad het met die outo-ratkas se rathefboom.  As ek reg onthou het syne losgeglip en toe sit hy met die hefboom in sy hand !

Chris, kan 'n ingenieursfirma in Worcester nie vir jou 'n sterker plaat maak nie ?  -  dit lyk redelik eenvoudig.

0

Môre Chris S

Die liewe Vader beskerm julle voorwaar. Elke keer haal julle die huis, sonder om langs die pad te sukkel/staan. 

Gelukkig het jy nie langs die pad gestop, of handrat gesleep nie. 

NS: Geluk met jou verjaarsdag, mag jy net 'n voorspoedige jaar beleef. 

0

Ouerige plasing deur Vories, maar daar is 'n ligte mistakie! Die 2.8l Datsun enjin was 'n reguit 6 nie 'n V6 nie  smiley ...basies dieselfde ontwerp as die bekende Datsun 1600 en 1800 enjins van die 70's, net 'n ekstra 2 silinders bygelas, as ek reg onhou was baie van daai enjins se onderdele ook uitruilbaar met mekaar

0
Irene

Grootwind

Mon, 24/01/2022 - 08:01

Om terug te kom na Len se oorspronklike vraag laas jaar rondom Ford ratkaste, meeste van die vrae is reeds beantwoord. Wat Wildehont se probleem aanbetref lyk dit soos goeie outydse "metal fatigue"? Daarmee saam kom daar ook sekerlik vrae. Bv daai skroef wat in die een foto wys lyk of dit die plaat vashou? Indien wel, was dit behoorlik vas, maw daai "bracket" kan nie beweeg elke keer wat die rathefboom gebruik word nie? Uiteraard kan dit ook 'n swak onderdeel wees, swak ontwerp, ens. Stel voor hy plaas dit ook op die 4x4 forum en hoor wat ander eienaars se ondervinding met min of meer dieselfde model Everest was wat sy probleem aanbetref. Terloops, Wildehont se Everest, as ek reg onthou, is die ou model, sekerlik rondom 2020/11 of so? En op hoeveel km het die ding gebreek? Rede vir die klomp vrae is dat mens by enige faling altyd die "root cause" moet probeer bepaal, die spreekwoord sê mos dat dood altyd 'n rede het. 

0

Môre G-wind

Foutanalise word mos gedoen volgens die 4 of 5 W's, te wete

wat, waar, wanneer, wie

As daar 'n 5de W is, kan ek dit nie onthou nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/01/2022 - 08:38

As daar 'n 5de W is, kan ek dit nie onthou nie.

Die 5de een is seker "woekom"  

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 24/01/2022 - 10:15

"Thu, 29/07/2021 - 14:28" Ek het dit daai tyd gesie want ek het self 'n 260C gery met die reguit 6 en 'n Chev 4.1 met 'n reguit 6.  Nie gedink sis nodig om hom reg te help nie, gedink dit was net 'n pen probleem (tik) 😉😂🤐

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/01/2022 - 10:54

kan 'n ingenieursfirma in Worcester nie vir jou 'n sterker plaat maak nie ?  -  dit lyk redelik eenvoudig

Goldwagen het nie die onderdeel nie so nou gaan ek by die agente hoor. As dit te duur is (waarskynlik) sal ek ‘n Everest soek wat vir onderdele verkoop word. Ek het die kar vanoggend by ‘n ou gehad wat dit kosteloos met ‘n TIG sweis masjien probeer sweis het. Die plaat is egter te dun, so dit sit nou so op ‘n manier en die ratte werk maar ek gaan die plaat eerder vervang.

Ek dink ek weet nou hoekom dit gebreek het. Toe die kar nou-nou op die hyser was, sien ek die cross member onder die ratkas sit vol modder en gras. Dis reg agter die plaat wat gebreek het. Dit het natuurlik gebeur toe ek tydens my kinders se skool se 4x4 dag deur ‘n hindernis vol modder gery het. Die plaat het seker ‘n hou gevat toe wat dit verswak of dalk al gedeeltelik laat breek het. En die herhaaldelike ratverwisselings sedertdien het die res gedoen tot dit heeltemal deur gebreek het gister toe ons by die huis stop (want toe ek dit daar in trurat sit het dit nog gewerk en daarna nie weer nie).  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus