My eerste kamp was saam met …
My eerste kamp was saam met 'n girl en haar ouers by Aldam, (as ek die naam reg onthou?) tussen Welkom en Bloemfontein, dit was 1971. Kan nie eers meer onthou wat se karavaan dit was nie, maar die oom het met 'n Vallient Rebel gesleep.
My "werklike" eerste "kamp" was 1960, saam met my oupa in 'n skoolbus af kaap toe, ek tel dit nie regtig nie want ons kinders en die vrouens het in die bus geslaap en die manne onder en langs die bus.
My eerste karavaan het ek 1982 gekoop, Alpine, maar die ou Datsun Laural 2.8 outo het swaar gesleep aan daai hoë karavaan. Dit het nie veel gekos om my vrou te oortuig ons moet maar 'n "pop up" koop nie. In 1984 koop ons toe 'n Sprite Sport, en daar het die ding regtig begin.
Ons eerste self kamp was by Groenoewers tussen Denysville en Saslburg in 1982 maar het baie saam met my skoonouers by Rusteburg Kloof en Rob Ferrari by Christiana gekamp.
As jong seun het ek en my broers baie met vistokke langs die plaas dam met kombers tente gekamp. Ook dit tel ek nie regtig as kamp nie want dit was so 1/2 myl van die huis af.
Ek is....
Ek is op 2 Augustus 1969 getroud en op 3 Augustus 1969 kamp ons die eerste aand op ons wittebrood in ons splinternuwe Sprite GT wat die vorige week gekoop is. Hier staan ons by ons nuwe wa net voor ons vertrek na Balito aan die Natalse Noordkus :-

En hier het ons klaar kamp opgeslaan by die see (kyk net daardie spierwit ankertoue) :-

Dit was ons heel eerste kamp en sederdien het daar nog altyd 'n karavaan op my werf gestaan.
My eerste kamp, waarvan ek…
My eerste kamp, waarvan ek kan onthou was so in die omgewing van 1976. Dit was so jaar of wat voor ek skool toe is. Ons het in van Der Hoff weg gebly reg langs 'n hasie (Caltex) vulstasie. My pa het daai tys juis vir Caltex gewerk, seker so kuins oorkant waar Willem nou bly.
My pa het 'n groot V8 Chef El Camino bakkie gehad en die karavaan daarme gesleep. Wat ek kan onthou is dat my ma 'n spons vir agter in die bakkie oorgetrek waar ons kinders gele/sit het. Ons het baie vroeg die oggend gery na die see toe. Dit was die eerste en enigste keer dat my pa by die see gekamp het. As ek reg kan onthou was dit by Sordwanna. Ek dink dit is naby St. Lucia.
Daarna was daar baie gekamp, meeste in die Kruger Nationale Park.
My eerste kamp(e) vandat ek…
My eerste kamp(e) vandat ek uit my ouerhuis en weermag was, was ' n stap en kamp roete met klein een man tentjies. 4 weke stap en wild kamp al langs transkei kus saam met my broer. 1994
Nou dat oom Voortrekker dit…
Nou dat oom Voortrekker dit noem...
My en moeder se eerste kamp as wettige getroude paartjie was in 1995 by Port Edward. Ons was die enigste kampers in die oord gewees.
My pa het daaityd 'n 1990's Sprite Scout gehad, daai "half loaf" model wat agter oopmaak. Ek het hom gesleep met my 1.6 Opel Monza.





eerste kamp ...
My eerste kamp, ek en 'n vriend het Durban toe geryloop en ons het die 2 man tent in die bosse weg gesteek toe ons sy meisie hulle op die strand gaan soek het met die terugkom was als weg. Ek het net my swembroek aan en Koos het nog 'n hemp ook aangehad. Dit was in 1973 en daar waar U-Shaka van dag is was net so 1.5m(+) bos.
My eerste regte kamp was toe ek in Secunda gebly het (1982-1987). Ek het 'n ou oom se Sprite gehuur (dink dit was iets soos R5 per dag) so dit was seker in 1984 gewees. Ek het plek bespreek by Leslie Falls (as ek reg onthou) my X se een broer hulle was oppad Kaap toe (sy vrou het 'n vlieg trip met Surf gewen) en hulle het deur gekom vir die kamp. Die plek het jy in 'n gat af gery en aan die een kant was daar 'n grot wat agter 'n waterval was as dit gereën het waar hulle musiek gemaak het. Daar is baie kampvuur stories oor daai naweek.
Ek het my eerste karavaan Jan. 1987 gekoop, Gypsey 4 gekoop.