Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -56 minutes ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -4 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -14 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -16 hours ago

Augustus is hier! Koffie en groet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

En so lyk dit vir my  die ergste koue is nou gebreek? 

'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. smiley

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 01/08/2021 - 10:02

Ek kry steeds koud, maar glo die ergste is verby.

Voorie julle moet veilig terug ry en Johann mooi ry Buffelspoort toe en geniet dit.

Geniet jou Sondag

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 01/08/2021 - 17:06

Goeie middag hier van Buffelspoort se kant af, ons het 9 uur gery en so net na 12 hier in geklok, regtig lekker rustig gesleep teen 90 kpu. Kan dit sien aan die diesel meter.

Hier is dit kort broek en t shirt warm.

Geniet jul Augustus maand.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 02/08/2021 - 07:41

Goeie more Mede Kampeerders.

Geseende dag en week vir almal.

Bly maar warm daar waar dit nog koud is, Vaalwater voel lekker vanoggend.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 02/08/2021 - 08:08

Johann, julle moet dit geniet, waar staan julle ?  Daar onder by die spruit kan dit koud word as die son sak.

Geniet die Maandag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 02/08/2021 - 08:09

Goeie môre mede lede, geniet die dag, week en maand. My maand het puik begin.

Pou
Die voorstitter van die verwelkomings kommittee het self kom groet.
Vuur
Boma vuurtjie om tuis te raak.
Houtkape
Houtkappertjie ook sommer vroeg kom groet vanoggend 

Wat meer soek mens?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 02/08/2021 - 08:17

Willem ek glo jy het nou jou antwoord van ons staanplek, lekker man, ons het ons eie privaat ablusie.

A blok het so 15 karavane C en D is leeg, B blok is dit ons en 'n Destination Journey (CEY registrasie) maar die mense is nie hier nie, hul karavaan staan alleen.

Chris waar is CEY?

0
Uitenhage

neelsec

Mon, 02/08/2021 - 16:23

Ek beplan om n nuwe Matras vir my te laat maak nou soek ek hulp , ek weeg 110kg en ma weeg 92kg beide van ons het n rug wat somtyds pla

Wat dink julle van die Bambo matras

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 07:40

Goeie more Kampeerders,

Voories, dit is waar, dit is besig om warmer te raak, gister by ons gemeet deur die dag 27 grade en vanoggend uit die huis uit sonder n baadjie.

Geseende dag verder vir almal

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 03/08/2021 - 07:48

More almal die koffie loop soos stroop en die weer raak al weer warmer somer jou lekke ding

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/08/2021 - 08:14

Goeie môre mense, ai dit is so lekker rustig hier waar ek nou is, ek geniet elke oomblik. Julle moet ook  die dag geniet.

Ek maak vandag lam skenkel potjie vir tweesurprise

Die voels hier weet die weer is besig om te draai, daar is 'n vrolikheid in die gestirp en geskarrel.

Hier het gister nog 'n wa in getrek in B blok en die Destination (Strand bewonerswink) kom slaap net snags in hul wa. Hulle kom donker in, en verkas weer donker.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 03/08/2021 - 09:07

Vandag is dit weer heelwat koeler hier.  Die Augustus winde moet nog kom en dan in September weer so 1 of 2 koue vlae.

Vanmiddag is dit die bek mekaniek wat my gaan straf.

Geniet jou dag.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus