Hello,
Ons het eers 'n Sprite Swing gehad en dit laat gaan vir 'n boswa. Die boswa gebruik ons nou nog. Ek blaai so nou en dan deur die karavan brosjures en wonder kry mens nog karavane met 'n dubbelbed en twee enkelbeddens?
Groete,
Feetline XL
Ek vermoed mens sal dit kry as 'n gebruikte wa. Ek glo nie mens sal 'n nuwe in daai uitleg kry nie.
Ek het 'n Fleetline XL gehad, met 'n dubbelbed voor, 2 staple bedjies links agter, en 'n eethoekie regs agter, wat in 'n 3/4 bed kon plat slaan. Na my mening die mees ideale wa vir 'n gesin met klein kinders .
Dan was daar die Sprite Sport wat amper 'n soortgelyke uitleg gehad het
Nuut, kan mens seker een…
Nuut, kan mens seker een laat bou by 'n plek soos Custom Canopies in Pretoria? Hulle bou nogal groot waens op versoek.
twee enkelbeddens ...
Quantum bou twee met bunk beddens, die Infinity en dan die Oasis. Klik op die naam om na die web te gaan.
Infinity

Oasis

Dankie! Kan jy dalk onthou…
Dankie! Kan jy dalk onthou watter jaar modelle dit was? My beste google pogings lyk dit asof die laastes hier by 1996 gemaak was.
Jurgens Fleetline
Middag ????
Ek hou nie van skuilname nie.
As u vraag gaan oor die Fleetline XL, dan;
myne was 'n 1997 model, wanneer dit van die mark verdwyn het, kan ek nie sê nie.
Dankie! Darem nie 'n…
Dankie! Darem nie 'n skuilnaam nie, van en voorletters
Groete,
Andries Doman
Sjoe ok, Het nie geweet dat…
Sjoe ok,
Het nie geweet dat een naam so baie verskillende maniere uit gespreek kan word nie![]()





Nou wonder ek self want ek…
Nou wonder ek self want ek kyk nie meer na ander karavane nie, ek is getroud met myne