Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -5 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -6 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Wessel November 2026 Geert -6 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -6 hours ago

Augustus is hier! Koffie en groet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

En so lyk dit vir my  die ergste koue is nou gebreek? 

'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. smiley

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 10/08/2021 - 07:16

Goeiemôre almal!   Terug by die huis en die ander realiteit. smiley

Dit was 'n lekker langnaweek en ek kon een van die nuwe boskampe toets.  Heerlik!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/08/2021 - 07:21

Hier is dit heeltemal toe getrek vanoggend en die SAWB sê ons gaan koud kry vandag, na die af gelope week se hitte verwelkom ek die koeler weer.

Geniet die naweek en ry veilig die wat op die paaie gaan.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 13/08/2021 - 07:41

Môre almal.

Lyk my hier gaan dit ook koel bly vir die volgende twee dae?

Ek sal maar nog hier in my kaphuis bly vir ń tyd, sien nie kans om na die koye binneland te skuif nie!!

Dan het ek natuurlik ook ń groot trekpkeister in die vorm van ń mooi jong langbeen boeremeisie wat maak dat ek met ń swaar hart hiet sal weggaan. 

As ek die dag hier trek sal ek naar een keer per maand die 400 km hierna Mala Drif moet aanpak en dan weer 400 km terug!

Sy het darem voorgestel dat sy ook een keer per maand vir my in Bela sal gaan kuier.

Werklik nogal ń probleem, sy sien nie kans om van haar plaas weg te trek nie, en ek sien nie kans om my te bind om op die plaas te gaan bly nie!?

Tyd sal srker maar leer? (Hoop ek)

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 14/08/2021 - 07:03

Môre almal, geniet jul dag ten volle.

Anton, hier waai die Augustus wind sedert gister in alle erns. Op 'n stadium so 10m per sek, heel verkeerde rigting ook, uit die ooste, waar ons wind hoofsaaklik van wes af kom.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus