Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -9 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -17 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -19 hours ago

Augustus is hier! Koffie en groet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

En so lyk dit vir my  die ergste koue is nou gebreek? 

'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. smiley

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 17/08/2021 - 09:14

Ek hoop julle word nie te ernstig siek nie. Drink maar die handvol pille wat die dokters gewoonlik voorskryf en bly rustig. Die ergste vir my was drie weke in die huis, want ek het laaste positief getoets maar moes isoleer vandat die eerste een positief getoets het. 
 

Terloops, al was julle ingeënt sou dit waarskynlik geen verskil gemaak het nie. Met Pfizer is jy eers redelik gereed om die virus af te weer teen vier weke na jou tweede inspuiting. Niemand in SA onder 60 wat Pfizer gekry het kan al daar trek nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 17/08/2021 - 09:26

Goeie môre kampvriende !

Kan nie glo dit was gister en eergister heerlike sonskyn lentedae nie want vanoggend is dit yskoud en bewolk met reënvoorspelling vir vandag en môre.  Wens ek kon nog 'n geyser in die karavaan installeer want dit was 'n lekker binne-joppie !

Johann jou swembadlek : voor jy pype oopgrawe, maak seker die lekplek is nie onder jou plaveisel by die inlaat-spuitstuk nie.  Volgens die swembad ouens wat my lekplek kom soek het, is dit in 90% van lekke hier waar die probleem is.  Anders het ek meters se plaveisel verniet opgelig.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 17/08/2021 - 14:22

Dankie Len, dit was toe by die "inlet jet".

Anton, het julle positief getoets? Baie sterkte vir julle, dit is erg.

My kinders is nou oor die brug en herstel nou mooi.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/08/2021 - 10:15

Goeie môre kampvriende !

Soos almal reeds weet, het ek drie reënwatertenks wat met 'n drukpomp gekoppel is aan ons huiswater-stelsel, maar ons koop darem ons drink- en kookwater.  Ek het iewers gespog dat ons vir 'n maand eindigende die 15de geen munisipale water gebruik het nie, maar hierdie drie tenks het gister die laaste druppels voorsien en ek moes oorskakel na munisipale water.

Vanoggend word ek wakker met lieflike reën wat buite val en tenk nommer een is reeds propvol  -  dit reën nog vandag en nou is dit vir tenks nr 2 en 3.  Nodeloos om te sê, ons is terug op reënwater.

Ai, reën is darem maar wonderlik en "jack" sommer 'n mens se gemoed weer op.

Ek hoop jy het 'n heerlike dag soos ek vir myself voorspel.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 18/08/2021 - 11:07

Iemand het foto's geplaas van daai pyp klampe en nou kry ek dit nie.

Help asb.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 18/08/2021 - 15:21

Nee Len, daai wat vas klik.

Ek het nou tannie Google gevra en hier is hy.  Pyp Klamp

Dit was een van die gewees.

.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 19/08/2021 - 05:57

Goeie môre mense, geniet die dag voluit.

Ek het oorweeg om oor te gaan na daai klampe, maar teen R70.00 per klamp gaan dit 'n klomp geld kos, meer as 'n midweek by Buffelspoort, in my denke is dit nie 'n verdere oorweeging nie.

Ek sou meer as twaalf moes vervang dit is baie geld, sou ek wel nuwe kampe moet kry, sal ek dit oorweeg om een-een te koop.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus