En so lyk dit vir my die ergste koue is nou gebreek?
'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. ![]()
Wessel ek sien die "gedrog"…
Wessel ek sien die "gedrog" het 'n kaapse reg. No.
..."gedrog". dit lyk soos iets uit die "science fiction" flieks.
Dit moet dus 'n SA produk wees?
Jy is reg Johann, die gedrog…
Jy is reg Johann, die gedrog word in SA vervaardig.
Nie bedoel vir groot ouens soos ek of die wat aan engtevrees ly nie!
Pieter, ek soek ook spasie…
Pieter, ek soek ook spasie om my, gegewe, ons slaap net in die karavaan, maar steeds dit moet ruimte hê.
Wat van so een?
Ek weet nie of die foto kopie regte het nie, hoop nie so nie![]()
Jy moet die gedoente binne sien, smaak my my mond kwyl![]()
Ag neewat....
Ag neewat, vir my kom niks naby my ou waentjie nie.

Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
More ons het gister n lekker warm dag gehad sien uit na vandag , gaan gou n draai by Van Stadens maak n plot bespreek vir Sept
Sou graag n draai by die blomme wou gaan maak het maar nou broei tyd vir Gaanse Eende en dan sit die Ringnek ook nog op eiers
EC Groete
Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
More ons het gister n lekker warm dag gehad sien uit na vandag , gaan gou n draai by Van Stadens maak n plot bespreek vir Sept
Sou graag n draai by die blomme wou gaan maak het maar nou broei tyd vir Gaanse Eende en dan sit die Ringnek ook nog op eiers
EC Groete
Môre mense. Ek dink ek…
Môre mense. ![]()
Ek dink ek moet bietjie gaan fietsry. My pens begin alweer hang.
Kan jy glo!!!
Môre vriende
1] Ek is verstom toe ek nou die skakel volg en uitvind dat die EDGE, gedrog boontoe wel vervaardig word, onder in die Kaap. Dit mag 'n goeie produk wees, maar heeltemal te futuristies vir 'n konserwatiewe ou soos ek.
2] Die Kapenaars kan darem maar fyn spog met hulle halwe huisies wat hulle rondsleep. Die spreekwoord is mos---spasie vir 'n nasie. As die nasie dan uit die huis is, het die ouers die heerlike voordeel van al die spasie weer vir hulle self.
Len, ek sit en dink nou hoe…
Len, ek sit en dink nou hoe verkeerd ek was, in my ou kop, is die Exclusive 'n drie slaper, maar op jou foto wys dit, dit is 'n vier slaper?
Het nou die foto vergroot,…
Het nou die foto vergroot, sien nou dit is tog 'n drie slaper.

👋 Môre sê Kampforum
Johann, dit kan 'n 4 slaper wees deur nie te groot mense op daai 3/4 bed laat slaap.
Daai "Living in the Edge… at EDGEOUT" goed sal my bang maak met daai beknopte spase. Sien hy is ook nie so lig nie.
Trailer specifications
- Braked torsion bar suspension on Galvanised and stone chipped Burquip chassis
- Tara: 750Kg
- GVM: 1300Kg
- Axle: 1300Kg
Julle moet die dag verder geniet.
Waar is dit geneem
Middag Len
Waar is daai 1ste foto hierbo geneem. Dit is 'n pragtige agtergrond.
GM !
Goeie môre kampvriende !
Die wêreld het darem baie verander die afgelope klompie jare. Ek sit hier in Kaapstad en het nou sopas die begrafnisdiens van 'n oud-kollega in Pretoria virtueel bygewoon. Ons het saamgewerk in Zimbabwe en hy is aan Covid-19 oorlede na 'n lang, swaar siekbed.
Wessel, ons het die Exclusive aangekoop nadat die "nasie" reeds almal uit die huis was. Die spasie was dus van meet af aan net vir ons twee beskikbaar - heerlik !
Johann, ons Exclusive het 'n dubbelbed en 'n enkelbed standaard gehad, maar ek het 'n eethoekie omskep soos op die bogenoemde foto. Tydens die verandering het ek die enkelbed verander in 'n 3/4-bed - die tafel sak af en aan die kort-sitplek kant voeg ek 'n basis in gestut met paaltjies wat inknip in die twee wit potjies op die foto. Die kussings word dan rongeskuif om 'n 3/4-bed te vorm. In die 16 jaar wat ons die wa het, het ons dit egter nog nooit gebruik nie. As ons kinders/kleinkinders saamkamp, kamp hulle in hulle eie waens.
Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
Goeie more geniet die dag voluit more weer werk vir meeste van ons
EC Groete
Môre almal, geniet die dag,…
Môre almal, geniet die dag, en sommer die week wat wag ook.
Ek gaan vandag net mooi niks doen nie, ek is besig om die tuin reg te kry na die lang slaap, beplan baie veranderings. Minimum werk en maksimum gras en lae onderhoud struike. Ek is moeg vir fyn tuin, dit is teveel werk vir my so sonder tuin hulp.
Jan Knysna is
Dis n mooi plek Jan ek voel om soentoe te trek as ek klaar maak by Sasol ek glo wel huis pryse hoog daar omdat dit n toerimse plek is dankie vir fotos





Ek hou....
Ek hou baie van die Drolpeer beskrywing - puik !