Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -3 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -4 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel November 2026 Geert -4 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -4 hours ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Augustus is hier! Koffie en groet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

En so lyk dit vir my  die ergste koue is nou gebreek? 

'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. smiley

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 20/08/2021 - 16:58

Ek hou baie van die Drolpeer beskrywing  -  puik !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 20/08/2021 - 17:33

Wessel ek sien die "gedrog" het 'n kaapse reg. No.

..."gedrog". dit lyk soos iets uit die "science fiction" flieks.

 Dit moet dus 'n SA produk wees?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 20/08/2021 - 18:53

Pieter, ek soek ook spasie om my, gegewe, ons slaap net in die karavaan, maar steeds dit moet ruimte hê.

Wat van so een?

Karavaan
Off Roader!

Ek weet nie of die foto kopie regte het nie, hoop nie so niesurprise

Jy moet die gedoente binne sien, smaak my my mond kwylcrying

0
Uitenhage

neelsec

Sat, 21/08/2021 - 03:44

More ons het gister n lekker warm dag gehad sien uit na vandag , gaan gou n draai by Van Stadens maak n plot bespreek vir Sept

Sou graag n draai by die blomme wou gaan maak het maar nou broei tyd vir Gaanse Eende en dan sit die Ringnek ook nog op eiers

EC Groete

0
Uitenhage

neelsec

Sat, 21/08/2021 - 04:13

More ons het gister n lekker warm dag gehad sien uit na vandag , gaan gou n draai by Van Stadens maak n plot bespreek vir Sept

Sou graag n draai by die blomme wou gaan maak het maar nou broei tyd vir Gaanse Eende en dan sit die Ringnek ook nog op eiers

EC Groete

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 21/08/2021 - 07:32

Môre vriende

1] Ek is verstom toe ek nou die skakel volg en uitvind dat die EDGE, gedrog boontoe wel vervaardig word, onder in die Kaap. Dit mag 'n goeie produk wees, maar heeltemal te futuristies vir 'n konserwatiewe ou soos ek. 

2] Die Kapenaars kan darem maar fyn spog met hulle halwe huisies wat hulle rondsleep. Die spreekwoord is mos---spasie vir 'n nasie. As die nasie dan uit die huis is, het die ouers die heerlike voordeel van al die spasie weer vir hulle self.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 21/08/2021 - 08:06

Len, ek sit en dink nou hoe verkeerd ek was, in my ou kop, is die Exclusive 'n drie slaper, maar op jou foto wys dit, dit is 'n vier slaper?

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 21/08/2021 - 11:29

Johann, dit kan 'n 4 slaper wees deur nie te groot mense op daai 3/4 bed laat slaap.

Daai "Living in the Edge… at EDGEOUT" goed sal my bang maak met daai beknopte spase.  Sien hy is ook nie so lig nie.

Trailer specifications

  • Braked torsion bar suspension on Galvanised and stone chipped Burquip chassis
  • Tara: 750Kg
  • GVM: 1300Kg
  • Axle: 1300Kg

Julle moet die dag verder geniet.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 21/08/2021 - 11:43

Goeie môre kampvriende !

Die wêreld het darem baie verander die afgelope klompie jare.  Ek sit hier in Kaapstad en het nou sopas die begrafnisdiens van 'n oud-kollega in Pretoria virtueel bygewoon.  Ons het saamgewerk in Zimbabwe en hy is aan Covid-19 oorlede na 'n lang, swaar siekbed.

Wessel, ons het die Exclusive aangekoop nadat die "nasie" reeds almal uit die huis was.  Die spasie was dus van meet af aan net vir ons twee beskikbaar  -  heerlik !

Johann,  ons Exclusive het 'n dubbelbed en 'n enkelbed standaard gehad, maar ek het 'n eethoekie omskep soos op die bogenoemde foto. Tydens die verandering het ek die enkelbed verander in 'n 3/4-bed  -  die tafel sak af en aan die kort-sitplek kant voeg ek 'n basis in gestut met paaltjies wat inknip in die twee wit potjies op die foto.  Die kussings word dan rongeskuif om 'n 3/4-bed te vorm.  In die 16 jaar wat ons die wa het, het ons dit egter nog nooit gebruik nie.  As ons kinders/kleinkinders saamkamp, kamp hulle in hulle eie waens.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 22/08/2021 - 06:54

Môre almal, geniet die dag, en sommer die week wat wag ook.

Ek gaan vandag net mooi niks doen nie, ek is besig om die tuin reg te kry na die lang slaap, beplan baie veranderings. Minimum werk en maksimum gras en lae onderhoud struike. Ek is moeg vir fyn tuin, dit is teveel werk vir my so sonder tuin hulp. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 22/08/2021 - 08:44

Dis n mooi plek Jan ek voel om soentoe te trek as ek klaar maak by Sasol ek glo wel huis pryse hoog daar omdat dit n toerimse plek is dankie vir fotos

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus