Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -16 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Augustus is hier! Koffie en groet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

En so lyk dit vir my  die ergste koue is nou gebreek? 

'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. smiley

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 29/08/2021 - 10:14

Chris, ek stem, Wijan verjaar 2 September en nog elke jaar is dit of winderig of somer koud.

Geniet julle koue Sondag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 29/08/2021 - 14:59

Gewoonlik is die winter eers middel September verby, ek kan onthou van ryp wat ons nog in laat September gehad het, dit was maar tong in die kies gesê wink

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/08/2021 - 09:33

Goeie môre kampmaters !

Geen teken van lekkerder weer hierdie Lentedag-week hier by ons in die Kaap nie  -  net nat, koud en stormwinde wat voorspel word.  Ons kla nie, sal net meer waardering hê vir die warmer weer wanneer dit eendag aanbreek.

Hier is darem maar 'n doodse stilte op die forum  -  kom gesels 'n bietjie man, asseblief.

Ek hoop jy het 'n lekker dag vandag want ek sal maar hier binneshuis iets soek om my mee besig te hou.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 10:36

Stem saam met jou.

Ek het al paarkeer op die ander form gaan rond kyk maar dit is nie vir my meer lekker daar nie en dit is nie so gemaklik soos op ons Kampforum nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 30/08/2021 - 10:42

Môre Willem

Praat jy van Senior kampers? Ek loer soms daar, maar dit is asof die uitleg en gebruik netnie so maklik is as op die Kampforum nie.

Moontlik is ons maar net gewoond aan ons forum se bladuitleg/en indelings.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/08/2021 - 10:57

Ja dit is beslis een van die redes maar hier gesels ek net meer gemaklik al is dit maar soms stil.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/08/2021 - 11:24

Terwyl ons nou so oor ditjies en datjies praat, Wessel wanneer sluit jy by ons afgetredenes aan ?  Is jou annerhelfte gereed daarvoor ?  My ervaring is die vrouens ervaar dit 'n groter skok om ons heeldag in die omgewing te hê.  Met my eerste dag tuis merk ek op 'n venster wat nie mooi skoon is nie en kry die nodige toerusting gereed om dit mooi skoon te maak.  Liewe land, na 13 jaar se aftrede onthou ek dié dag nog goed  -  my kop is behoorlik gewas omdat ek "inmeng" met huishoudelike sake !  Nodeloos om te sê, sederdien lol ek nie meer met sulke goed nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 30/08/2021 - 11:48

Môre Len

Na 38jaar en 8maande in die tuig by slegs 1 werkplek, breek die dag more aan. Ek sit nou juis hier en bedink my laaste toespraak in werk hoedanigheid.

Ek bespeur 'n senuweeagtigheid by die beterhelfte, want dit beteken ek gaan baie onder haar voete wees. Aangesien ons al geruime tyd sommer self die huistakies verrig, is ek die bekommerde ene---daai lysie van, aan die huwelik werk.

"Hie wil ek" dit gedoen hê, skuif dit, gooi jou ou tuinskoene weg ensovoorts. My probleem is, 'n totale gebrek aan 'n stokperdjie. Ek sal/kan klein instanthouding takies verrig, maar is nie ingerig vir houtwerk, metaalwerk en dergelike dinge nie. Tuinwerk beskou ek as 'n verpligting, voertuie was is net lekker vir my.

Ons gaan beslis poog om meer gereeld te gaan kampeer. Ons bedink noual die aanpassing om vir langer periodes sommer om Brits te kamp. Plaas van 'n naweek, sommer nou 'n mid-week.

 

  

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/08/2021 - 12:18

Wessel, dit is beslis 'n groot dag om die tuig te kan neerlê na soveel jare se werkverpligtinge.  Myne het nou nie met afskeidstoesprake op die laaste dag geëindig nie, maar vir my was dit 'n heuglike dag.  Ek is twee jaar voor my aftrede deur die Bank vanaf Zimbabwe na Angola verplaas en ons het egter besluit om direk Kaap toe trek en dan sou ek maar alleen die twee jaar in Angola deurswoeg.  Gelukkig kon ek gereëld heen en weer vlieg, maar was naderhand gatvol vir die vliegery.  Op my heel laaste dag klim ek op die vliegtuig Kaap toe en wat 'n wonderlike gevoel was dit nie  -  nooit weer in 'n "boardroom" nie en beslis nie gou weer op 'n vliegtuig nie !  

Is jou eerste kamp as afgetredene al gefinaliseer ?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 30/08/2021 - 12:28

Middag Len

Nee, maar ons het reeds besluit om sommer vir 'n mid-week Pilansberg toe te gaan. Ek weet 'n paar van julle gaan reageer met----ou voorspelbaar.

Ek sal seker meer ontspan sodra ek sien dat al die papierwerk betreffende aftreebeplanning, fondse konsolideer en herbelê, suksesvol afgehandel is, en die maandeliks "pensioen" vloei korrek in my rekening in.

Onthou, ek kampeer vanweë vooropgestelde persepsies bitter moeilik rondom Brits in die maande Oktober tot Maart. Dan wag ek nog steeds vir my nuwe speeding, sonder 'n snorkel!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 31/08/2021 - 06:25

Goeie môre Kampforum vriende, geniet 'n lekker warm dag, altans, hier is dit warm.

Neels, baie geluk met jou 80ste op die 28 ste, 'n baie geseënde jaar vir jou.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 01/09/2021 - 06:58

Goeie môre Kampforum, lekker ou lente dag, geniet hom.

Warren, were you in hiding and just returned or is there a normal explanation for your disappearance wink welcome backyes

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 01/09/2021 - 07:15

morning, jou need some explanation to do!! You cant just disappear like that. I thought that you really "wip jou gat" for us. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus