Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -2 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -3 hours ago

Augustus is hier! Koffie en groet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

En so lyk dit vir my  die ergste koue is nou gebreek? 

'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. smiley

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 25/08/2021 - 21:05

Hallo julle, net so 'n bietjie inligting wat hier by ons aan die gang is en my tyd in beslag neem. Ons het van Januarie tot Julie die jaar sover 936kg koekies gebak en verkoop, Augustus sin nog nie by getel nie. Die 3 maande wat ons met die koeksisters besig, het ons net so oor die 1500 dosyn gebak en verkoop. Nou verstaan julle hoekom ek so stil is hier. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 25/08/2021 - 21:19

Die resepte het my dogter haar 2 oumas se resepte gevat en word nou gebak. Van ek hier in Bloem is was daar nog nie tyd vir fietsry nie, eers die inperking laas jaar en nou help ons eers met die bakery. Sal seker weer ry as dinge nog verder uit brei en mense hande kan aan stel om te help, altans ek hoop so. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 26/08/2021 - 06:44

Môre môre!  Ek kan die Lente hoor aankom.

Lekker dag vir almal  smiley

Neels daar is sprakis'n inenting sertifikaat gaan jou verder bring in SA as ''n matriek sertifikaat.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 26/08/2021 - 19:16

Gaan 'n draad begin vir Weer (voorspelling of omweer)

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 26/08/2021 - 19:20

.... jy belê in jou mond. Jy praat aanmekaar van die bekmekaniek. Klink my dit is eerder die bek- beleggingsadviseur.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 28/08/2021 - 09:03

Môre vir al die ore, of dan nou oë, geniet die dag.

Ten spyte van die die koue wat net na sewe hier kom in klok het, is dit lekker om te lewe, geniet elke oomblik.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 28/08/2021 - 09:23

Gister aand skierlik raas die dak van water wat val maar net so vinnig het dit weer gestop, dit was klaarblyklik reën wat geval het.

Koel en bewolk hier in Pta.  Voel nie soos wat hulle gesê het nie.  Maar bygedê ek was nog nie buite nie.

Geniet jou Saterdag.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 28/08/2021 - 11:00

Goeie môre kampvriende (ek sien Wessel groet al vir Shaun met "goeie middag"  -  hy is seker al moeg tuinwerk gedoen).

Ons het verlede nag weer 'n heerlike 16mm reën gehad en ek moes ons swembad in twee dae se tyd al driekeer uitpomp.  Saam met die vorige dag se heerlike reën is dit nou 58mm !  Ons Kapenaars is toe ook verras met weerligstrale en donderweer  -  lekker man !

Dis egter ysig koud, maar ek wens jou 'n aangename Saterdag toe.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 29/08/2021 - 09:13

Sê wie? Iemand wat hier in die Kaap sê dat 1 September is Lentedag is van lotjie getik. Gewoonlik is die vroeë deel van September nog sommer vol winter in die Kaap.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus