En so lyk dit vir my die ergste koue is nou gebreek?
'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. ![]()
Het julle 'n geheime koekie…
Het julle 'n geheime koekie resep?
Kry jy darem nog tyd vir fietsry?
Die resepte het my dogter…
Die resepte het my dogter haar 2 oumas se resepte gevat en word nou gebak. Van ek hier in Bloem is was daar nog nie tyd vir fietsry nie, eers die inperking laas jaar en nou help ons eers met die bakery. Sal seker weer ry as dinge nog verder uit brei en mense hande kan aan stel om te help, altans ek hoop so.
Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
Goeiemore Ons was gister toe vir ons 2de Covid inspuiting sal maar kyk ons enige newe afekte gaan he
As hy jou Covid kaart by Game winkels wys tot die 15de Sept kry jy 10% af op jou aankope
EC Groete
Môre môre! Ek kan die Lente…
Môre môre! Ek kan die Lente hoor aankom.
Lekker dag vir almal ![]()
Neels daar is sprakis'n inenting sertifikaat gaan jou verder bring in SA as ''n matriek sertifikaat.
By by Augustus
Net so Anton lengte is hier augustus begin verby be weeg lekke dag vir almal![]()
Môre sê Kampforum 👋🏻
Weer die stoel Dr. Vandag. 😩
Julle moet jou dag geniet. 👍
SA Weer ...
Gaan 'n draad begin vir Weer (voorspelling of omweer)
M.a.w. ....
.... jy belê in jou mond. Jy praat aanmekaar van die bekmekaniek. Klink my dit is eerder die bek- beleggingsadviseur.
aanlyn TWTFAWC ...
Sien Warren is gereeld aanlyn, wonder hoekom wil hy nie met ons gesels nie ?
Môre vir al die ore, of dan…
Môre vir al die ore, of dan nou oë, geniet die dag.
Ten spyte van die die koue wat net na sewe hier kom in klok het, is dit lekker om te lewe, geniet elke oomblik.
👋 Môre sê Kampforum
Gister aand skierlik raas die dak van water wat val maar net so vinnig het dit weer gestop, dit was klaarblyklik reën wat geval het.
Koel en bewolk hier in Pta. Voel nie soos wat hulle gesê het nie. Maar bygedê ek was nog nie buite nie.
Geniet jou Saterdag.
GM !
Goeie môre kampvriende (ek sien Wessel groet al vir Shaun met "goeie middag" - hy is seker al moeg tuinwerk gedoen).
Ons het verlede nag weer 'n heerlike 16mm reën gehad en ek moes ons swembad in twee dae se tyd al driekeer uitpomp. Saam met die vorige dag se heerlike reën is dit nou 58mm ! Ons Kapenaars is toe ook verras met weerligstrale en donderweer - lekker man !
Dis egter ysig koud, maar ek wens jou 'n aangename Saterdag toe.
Goeie môre groeters en anti…
Goeie môre groeters en anti-groeters, geniet die koue dag, dit is die laaste van die winter🥶
Die laaste dag van die winter?
Sê wie? Iemand wat hier in die Kaap sê dat 1 September is Lentedag is van lotjie getik. Gewoonlik is die vroeë deel van September nog sommer vol winter in die Kaap.





Hallo julle, net so 'n…
Hallo julle, net so 'n bietjie inligting wat hier by ons aan die gang is en my tyd in beslag neem. Ons het van Januarie tot Julie die jaar sover 936kg koekies gebak en verkoop, Augustus sin nog nie by getel nie. Die 3 maande wat ons met die koeksisters besig, het ons net so oor die 1500 dosyn gebak en verkoop. Nou verstaan julle hoekom ek so stil is hier.