Siende dat ek gereeld by Elmarie raas kry oor klere wat ek aantrek wil ek hoor wat die manne sê.
Daar is veral sekere hemde en broeke wat as dit gewas en gestryk is dit weer gedra word. Ander klere word baie selde gedra. Elmarie steek al my "favourites" weg omdat sy moeg word vir dit.
Tot die kinders terg my dat ek in foto's gewoonlik dieselfde klere aanhet.
Persoonlik is ek 'n netjiese mens -of altans probeer- maar ek mag ook nie as ek met iets besig is en net gou moet winkel toe gaan met die selfde klere aan nie. Moet glo netjies lyk.
Laat my terug dink aan 'n tannie wat altyd gesê het dat as sy die dag doodgaan moet ons asseblief seker maak haar voete is skoon voordat mense haar kom haal.
T- Hemde en Golf Hemde
In my kas sal jy gladnie n T- Hemp kry nie, dit laat my ongemaklik voel en as jy hom eenkeer gewas het dan krimp hy sommer met 2 "sizes" en ons met die pense, dan lyk die bier pens sommer 2 keer groter as wat dit werklik is. Die golf Hemde of jy hom laat uithang of insteek verteek hy n bietjie daai bier pens en wys nie soos n t-hemp nie.
My klere drag 6 dae n week is my werks Golf Hemde wat my besigheid adverteer met n Denim kortbroek, op n Sondag trek ek n Chino Langbroek aan met n knopies kort mou hemp aan, gaan kerk toe en as ek by die huis kom dan trek ek weer my werks klere aan.
As dit by broeke kom hou ek nogals van Trappers se khaki kort broeke maar is net te duur, so toe slaan ek oor na Denim toe, teen R250 n broek, in Modimolle is daar n winkel met die naam van Out There, dan koop ek sommer 2 op n slag, het darem n denim kort broek ook vir elke dag en n werks hemp ook.
As ek toer en is nie baie bedrywig nie dan dra ek soms n kortbroek tot 3 dae, maar my hemde maksimum 2 dae. Kouse en onderbroeke moet elke dag verander word, kan dit nie 2 dae agter mekaar dra nie.
Blikskottel Voories
Jy lyk soos n "midget" tussen daai 3 ander manne![]()
Ek bedoel nou in Lengte en nie in Size nie![]()
As jy mooi kyk sal jy sien…
As jy mooi kyk sal jy sien ek staan eintlik in 'n gat
Genugtig....
Genugtig, van daardie ouens op die laaste foto sal 'n bra moet begin oorweeg !
Weet jy die koste....
daaraan verbonde om so 'n lyf te hê!! Len, jy soek alweer moeilikheid.
Vra ek mos nou die dag vir die knaap by die Gym--watter masjien moet ek gebruik om die poppies te beindruk. Seg hy vir my--- die OTM in die foyer![]()
Toe ek nog gewerk het by die…
Toe ek nog gewerk het by die kantoor was dit hemp das en baadjie, deesdae is my pote so uitgetrap van die kaalvoet loop hier by my werk-huis, glo nie n John Drake sal ooit weer aan my voete kom nie.
Somer is dit PT broek en T-shirt met plakkies/sonder plakkies.
Winter is dit sweetpakbroek met fleezies en tekkies.





Ek sukkel maar...
... om my pens so mooi groot te kry