6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Sleep kombinasies ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gespreklyn na ek die op fb gesien het.

Die ou reken die enkelas het teveel gewip en met die paaie se toestand is die dubbelas baie beter en meer stabiel.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/10/2021 - 17:19

Dit was op sy pos van September 2020 op fb.

Ons Penta het 'n totale make over binne en buite gekry, enig in sy soort met dubbel aste, 'n hele agt maande gevat maar was die moeite werd, dankie Gerrit van der Westhuizen vir die ontwerp en maak van die nuwe naam en al die decals, jou werk is puik, Marius vir die afmetings, Klaus vir die aste en Middelburg Campworld vir al die parte wat ons benodig het.... hy sleep puik!

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/10/2021 - 18:37

Die Penta wat ons gehad het terwyl ons in Zimbabwe gebly het, het ook geweldig gewip van die ongelyke paaie in daardie land.  In so 'n mate dat ons gereeld bande gebars het en die rubber-veerstelsel het ook gesak.  Die dubbelas ombouing maak dus beslis sin, maar ek wonder of die koste daarvan laer sou wees as miskien die aankoop van 'n Exclusive.

...so iets laat doen nie. Ek het weinig vertroue in sulke ombouings, daar is meestal goeie ingenieurs redes waarom dit nie so van meet af ontwerp was nie.

Ek aanvaar die hele lisensie proses moet oorgedoen word, weens gewigs veranderinge.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/10/2021 - 19:29

Wessel, ek het hom gevra maar nog nie antwoord gekry nie, hy sê hy het dit self gedoen.

Ek dink dit is 'n beter opsie want dan is jou karavaan baie meer stabiel, maar ja die gewig mag pla.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 06/10/2021 - 06:34

Daar is min dinge in die lewe wat mens soveel genot gee as om so-iets aan te pak . Die  uitdink, beplanning en uitvoering is "price less."  En dit verg deursettingsvermoe om klaar te maak. So give that man a Bells, well done.

Môre neef Herman

Met die lees van jou inset, en my reaksie op die 4-wiel Penta, het ek net weer besef hoe persoonlikhede verskil. Wat vir een persoon koud laat, is die grootste genot vir 'n ander.

Ek beny, en haal my hoed af, vir ouens soos jy wat sulke projekte aanpak en voltooi. Dit verklaar seker maar hoekom ek met 'n Hilux-promise tevrede sal wees.smiley

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 06/10/2021 - 16:19

Ek het vir Christo gevra of ek dit hier mag deel.

Het hom ook gevra of hy die gewig verander het.

Willem Brits jy kan dit deel, ek het hom laat oorweeg en gewig aangepas, laat verander na dubbel as, my lesensie gelde is nou bietjie duurder.

Ek het ook gevra wat het hy binne verander.

Ek het binne ook klein bietjie verander deur die wasbak kas en mikrogolf kas reguit te maak ....

Dit was sy terug voering gewees.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus