Ek begin hierdie gespreklyn na ek die op fb gesien het.
Die ou reken die enkelas het teveel gewip en met die paaie se toestand is die dubbelas baie beter en meer stabiel.

Stem saam....
Die Penta wat ons gehad het terwyl ons in Zimbabwe gebly het, het ook geweldig gewip van die ongelyke paaie in daardie land. In so 'n mate dat ons gereeld bande gebars het en die rubber-veerstelsel het ook gesak. Die dubbelas ombouing maak dus beslis sin, maar ek wonder of die koste daarvan laer sou wees as miskien die aankoop van 'n Exclusive.
Ek sal nie...
...so iets laat doen nie. Ek het weinig vertroue in sulke ombouings, daar is meestal goeie ingenieurs redes waarom dit nie so van meet af ontwerp was nie.
Ek aanvaar die hele lisensie proses moet oorgedoen word, weens gewigs veranderinge.
Daar is min dinge in die…
Daar is min dinge in die lewe wat mens soveel genot gee as om so-iets aan te pak . Die uitdink, beplanning en uitvoering is "price less." En dit verg deursettingsvermoe om klaar te maak. So give that man a Bells, well done.
So verskil ons almal
Môre neef Herman
Met die lees van jou inset, en my reaksie op die 4-wiel Penta, het ek net weer besef hoe persoonlikhede verskil. Wat vir een persoon koud laat, is die grootste genot vir 'n ander.
Ek beny, en haal my hoed af, vir ouens soos jy wat sulke projekte aanpak en voltooi. Dit verklaar seker maar hoekom ek met 'n Hilux-promise tevrede sal wees.![]()
Ek het vir Christo gevra of…
Ek het vir Christo gevra of ek dit hier mag deel.
Het hom ook gevra of hy die gewig verander het.
Willem Brits jy kan dit deel, ek het hom laat oorweeg en gewig aangepas, laat verander na dubbel as, my lesensie gelde is nou bietjie duurder.
Ek het ook gevra wat het hy binne verander.
Ek het binne ook klein bietjie verander deur die wasbak kas en mikrogolf kas reguit te maak ....
Dit was sy terug voering gewees.





Penta ...
Dit was op sy pos van September 2020 op fb.