Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -3 hours ago

Oktober 2021 - Mooiste maand, kom groet en drink koffie

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

👋 Môre sê Kampforum lede.

Lekker lees en saam gesels.

Geniet jou dag vouit.

Centurion

Voortrekker

Mon, 25/10/2021 - 07:53

Goeiemôre almnal.   Jinne maar ek was die naweek uitgeput!  Die Vootrekker kinders weet hoe om 'n volwasse man te breek -  hulle slaap mos nie en dit is heeltyd speeltyd.  EK moes die naweek 50 kinders van graad 4 en 6 hanteer -  maar hulle is almal dierbaar - die klein mensies  smiley

0

Middag vriende

Verlede Maandag sukkel ek so in die reen met sekuriteitsheining wat heeltyd vals alarms uitskree. Gryp 'n Aluminiumleer, sonder skoene en begin drade inspekteer. So met die afklimslag, trap ek 'n sport mis en donder na benede. My groottoon hak egter agter 'n sport vas, en so sny ek dit omtrent aan die onderkant oop. 

Reguit dokter toe, spuit die man omtrent 'n halwe gelling ontsmettingsmiddel en teramaison in die wond, net om al die turf uit te kry. Gelukkig is geen bene beseer nie, ook geen senings nie. Nou hop ek rond soos 'n spreekwoordelike buffel met 'n seer toon.

Die les is;

1]moet verkieslik nooit tuinwerk sonder skoene doen nie

2] moenie oor die tuinmuur loer as jy op 'n leer werk nie.devil

  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 27/10/2021 - 19:55

Wessel, jy moet nou daarmee vrede maak dat jy ook 'n outoppie is en 'n outoppie klim nie meer op 'n leer nie !

As daardie sport op die leer wat jy misgetrap het, hoër op was, dan was jy nou in die hospitaal besig om te herstel van 'n heupvervanging operasie.  Ek praat nie weer nie !

0

Middag vriende en vriendinne

Skielik klink my groet so effe onvanpas.

wil julle nie asb maar net gaan kampeer, of dan net ernstige beplanning daarvan, kom deel nie. 

Die forum kort rerig opwindende insette, soos byvoorbeeld die sloertoer insette. Ek is eerder jaloers op ander se lekker tydverdrywe, as om blokkiesraaisels te voltooi.

0

Lank gelede bly ons in 'n PTA voorstad, almal omtrent in splinternuwe huise. So kom ek agter dat my garage se nokteels nie juis goed vas is nie. 

Daardie dae het ons nog 'n dag 'n maand ekstra af gekry omdat ons bus gery het Pelindaba toe. Die idee was dat mens dan al jou dorp dinge, soos lisensies, geboorteregistrasie kan doen. Gebruik ek toe so 'n namiddag om 'n emmer sement aan te maak, en met 'n leer tot op die garagedak te gaan teëls vasmessel. 

Nou die garage was op die grensdraad met die bure. Kom my buurvrou mos uitgestap, getooi in die aanskoulikste mini. Dog toe om baie beleef te wees en te groet, daar uit die hoogte uit. Met die groetslag draai sy mos haar rug op my, ---en wag daarvoor, buk kamtig om die hond se bakkie op te tel. 

Nodeloos om te sê, die emmer sement neuk na benede, die troffel glip gelukkig uit my hand, dus kon ek die geut beetkry voordat ek voor die emmer op die grond val. Die storie het 'n gelukkige einde gehad, die emmer en sy inhoud het my misgevaldevil 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 30/10/2021 - 11:45

Ja dit sal lekker wees as ons kon aangaan soos tot 2019.  Kan egter nie onthou of almal toe net ook kamp gepraat het nie. (Sit die blaan maar op die virus 😉)

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 30/10/2021 - 17:55

Goeie middag die een of twee vrinne wat wel hier lees.

Ek sukkel om nie 'n klakous te wees nie, maar hier gaan nou al vir maande feitlik boggerol aan op die forum.  As dit nie was vir ChrisB se interessante vertellings en en 'n paar ander ouens se kommentare daarop nie, dan was die forum morsdood.  Nogal teleurstellend want omdat ek weier om blokkiesraaisels te voltooi, is die enigste alternatief tuinwerk of karwas.

Ek het darem vandag my 6-jarige kleindogter se fiets wat sy by haar boetie oorgeneem het, splinternuut oorgedoen - lyk nogal spoggerig.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 30/10/2021 - 18:18

Ja Len,  ek kom loer gereeld in, dit is nou so tussen my gewerskaf of daar nie n lekker hewige debat aan die gang is nie. Chris, het die Sandhaai/Over bite windhondbrakkie vergelyking net so in die verbylees van die swartbord afgevee. En arme Wessel dink sy Promise gaan nie soos n Ortodontis se nagmerrie lyk nie. Hoop hy sit ook swart wiele op.

Ek is so verveeld ek begin sommer drink. Nie dat ek nie besig is by die kamp nie, of in die groentetuin wat net nie wil vat nie, die dae is nog heel deurmekaar. In die week was dit yskoud, en vreeslike wind, more gaan die kraaie braai hier. Ons het n wegbreek nodig om die kop weer in lyn te kry. En om sout op die wonde te vryf, Whatsapp gisteraand n maat met sy verjaardag net om te hoor hulle is in Zanzibar en eet heerlik aan n seafood platter. En.. die po..ol stuur n 15 fotos van hulle gesnorkel en koktyls drink op die strand.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 30/10/2021 - 19:35

.... ek nie op hierdie stadium iets kan deel t.o.v. kampering nie, het ek besluit om maar iets te sê van dit wat ek beplan (my voorgenome sloertoer). Ek vind ook die forum skrikwekkend stil.

Ek kan nie juis insette lewer i.v.m. tegniese aangeleenthede nie - by gebrek aan belangstelling van meeste sulke aspekte, hetsy dit met my karavaan of sleepvoertuig te doen het. Gevolglik poog ek maar om my te bepaal by bydraes wat handel oor vakansies en toere. En ek probeer om dit so volledig moontlik te doen -soms verveel ek seker maar menige forumlesers.

Ekself lees lekker aan sulke toer- en vakansieverslae wat op 'n interessante wyse aangebied word - daarmee bedoel ek geensins dat my verslae noodwendig vir andere interressant is nie.

En verder reageer ek bykans nooit op hierdie draad nie. Inteendeel, ek lees selde wat hier staan, want ek volstaan daarmee dat die groetery na my mening 'n sinnelose draad oplewer. Maar soms gaan hier wragtig so niks aan op die forum dat ek maar genoodsaak voel om wel te lees wat hier gesê word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus