👋 Môre sê Kampforum lede.
Lekker lees en saam gesels.
Geniet jou dag vouit.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Môre Anton en al die ander.
Geniet die dag voluit.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Lekker gereën hier in Pta. gisteraand.
Geniet jou Vrydag en lekker braai.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Lekker gebraai gister aand, vandag moet ons kinderparty gaan bywoon.
Geniet jou Saterdag voluit.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Lekker rustig, wag vir F1.
Geniet jou Sondag.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Dit is maar stil hier ?
Gaan dié naweek plaas toe.
Begin van laaste skool kwartaal vir 2021.
Geniet julle Maandag.
Is deur 'n hewige haelstorm…
Is deur 'n hewige haelstorm net na Bloemfontein. Geen aftrek plek en heelwat skade later. My aanvanklike (virtual) skadebepaling is +- R17500. Gelukkig is geen ruite stukkend geslaan, alhoewel ons ‘n voertuig by Springfontein Engen Stop gekry het wat se windskerm ook daarmee heen is. Dit het letterlik soos bakstene op die voertuig geklink. Saterdag ook heelwat reën verder op die pad gekry, maar veilig by ons bestemming aangekom.
Ons is weer veilig terug in Roodepoort . Ek het vanoggend my voertuig gevat na ons plaaslike Dent Doctor en die kwotasie vir die herstel is slegs R4500. Nou vra ek myself af. Hoe werk hierdie versekerings maatskappye en assessors saam die paneelkloppers. Nodeloos om te se, het ek my eis gekanselleer.
Lekker dag vir almal
Middag forumiete. Vandag so…
Middag forumiete.
Vandag so 'n lekker "round trip" gehad.
Heidelberg - Harrismith - Heidelberg - Potch - Heidelberg. Amper 750km.
Ek is 03h30 hier weg en was 13h00 terug
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Stephan, dit was 'n rowe "round trip" gewees vir 'n dag.
Geniet julle dag.
Goeiemôre almal!   Ek…
Goeiemôre almal! ![]()
Ek hoop dit gaan goed met almal!
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Geniet julle klein Saterdag braai in die lekker warm weer.
Moet vandag weer die gras snyer opstart.
Geniet jou dag voluit.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Wil kyk om so by 13:00 uit Pretoria weg te kom plaas toe. Vir die naweek.
Geniet jou dag en veilig ry as jy iewers heen gaan.
Goeiedag almal!  Hoop julle…
Goeiedag almal! Hoop julle het 'n lekker Vrydag en naweek.
Jammer dat ek so skaars is, maar tussen die werk wat my nou weer vreeslik besig hou hierdie tyd van die jaar, het ek ook na meer as 20 jr weer my studies voortgesit wat omtrent 4 ure van my tyd uit elke dag vat.
Ek was darem vroeër die week by 'n kampeerplek wat ek binnekort sal gaan kamp-besoek ![]()
Ek moet werk ook en geld verdien want daardie nuwe AT bande wat moet opkom is nogal duur ![]()
Warm en wag vir reen
Môre vriende
Brits is vreeslik warm, en ons sien uit na die voorspelde reen van volgende week.
Ek het 'n ingeboude "heat protector", sodra die kwik oor 25 C beweeg, wil my lyf gladnie iets doen wat beweging verg nie. Deesdae is ek omtrent 'n "sloth".
Kruger---gevaarlike plek
Môre vriende
Ek sien ons gewilde wilde tuin word nou 'n gesondheidrisiko.
Behalwe vir Chris S se verhaal, lees ek nounet van die 36jarige dame wat haar 2 de hartaanval binne 'n paar weke, binne die wildtuin gehad het.
Dit raak nou netso gevaarlik as rolbalbane, blykbaar vind die meeste sport doodsaanvalle vir persone bo 70 juis daar plaas. Gelukkig speel ek nie rolbal nie.
Rolbal
rolbalbane, blykbaar vind die meeste sport doodsaanvalle vir persone bo 70 juis daar plaas.
Ek het baie onlangs vir een van my mede-rolbalspelers gesê dat dit hier in Kleinmond die sportklub is (van al die sportsoorte wat hier beoefen word) waar die klubvlag die meeste halfmas hang. Maar ai, dit bly maar 'n lekker sosiale sport vir ons oumense. Ons gaan dit mis dié week, want ek en Ralie moet in my seun se winkel gaan instaan vir die dametjie wat daar werk, wat met verlof is.
En die Kaapse winter sukkel om ten einde te kom. Sedert Donderdag reën dit amper onverpoos hier op Kleinmond. Maar ons kla nie.
Ons is genooi vir middagete by Houwhoek Inn vanmiddag. Sien nogal uit daarna.
👋 Naand sê Kampforum lede ...
Ons is veilig tuis (17:00) na 'n baie lekker familie kuiet op die plaas daar kort duskant die Eiland. Gister middag laat was ons op 'n "game drive" en pragtige wild gesien, sal kyk om môre dit van my foon af te laai dan dal ek paar deel. Gisteraand so kort voor 24h00 het die wind erg begin waai en vanoggend bewolg na Saterdag se 40°C. Het met George's Valley terug gery om te kyk hoe lyk die pad vir Desember se trip KNP toe, lekker mistig gewees en die pad is goed vir sleep.

👋 Môre sê Kampforum lede ...
Die weer het gesê ons gaan reën kry vandag maar hier is geen wolke ?
Geniet die begin van die nuwe week.





Goeiemôre almal!   Lekker…
Goeiemôre almal! Lekker dag vir ieder en elk