Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -14 minutes ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -51 minutes ago
Sterkte Verskoning Geert -1 hour ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

Oktober 2021 - Mooiste maand, kom groet en drink koffie

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

👋 Môre sê Kampforum lede.

Lekker lees en saam gesels.

Geniet jou dag vouit.

Middag Willem

Julie maand toe ek daarlangs KNP toe gesleep het, was dit plek-plek so effe grof, maar tenminste was daar nie toe slaggate nie. Dit was aan die begin van die pas, lank voor mens by Heannertsburg kom.

Ek vind die pad 'n gerieflike sleep-roete, en nie hard op mens se remme nie.

 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 18/10/2021 - 15:56

Goeiemiddag almal!   Ek hoop dit gaan goed met almal.

Ek moet die naweek alweer gaan tent opslaan by Voortrekker byeenkoms om sterrekunde kursus aan te bied.   Ek geniet darem die kinders - hulle is almal so stout!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/10/2021 - 09:59

Laasweek het die voorspellers gesê ons gaan reën kry ?  Nou is dit eers volgende week.  ☹

Soos als gaan ons hoes om vakansie te hou, seker maar op hou beplan en net om die huis plek soek ?

Geniet jou dag voluit verder.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 21/10/2021 - 05:32

Goeiemôre almal!   

Iemand gehoor van die skietvvorval langs Sytze Wierda Voortrekker kommando Maandag middag?  Altwee my seuns was daar.  Vrou doodgeskiet in haar voertuig 10m van die een Voortrekker span af...

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 21/10/2021 - 05:45

Ek het gelees van die voorval en selfs 'n foto gesien van die motor waarin die slagoffer was. Toe ek die opskrif lees het ek dadelik gedink aan jou.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 21/10/2021 - 06:33

Dit was vreeslik. My vrou was daar om te wag vir die seuns.  My oudste het gesien hoe word die vrou doodgeskiet.   Sommer net so.  Die snaakste van die hele storie is dat hulle vir haar gesit en wag het ...  Dit was nie 'n hijacking wat skeefgeloop het nie....

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 21/10/2021 - 08:19

Goeie more.

Anton, het daai kiddies van jou nie dalk nou berading nodig nie. Dit is nie lekker vir 'n kleinkind om so iets mee te maak nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 21/10/2021 - 08:38

Nee, het nie van dit gehoor nie maar dit klink nie goed nie.  Ek stem saam met Hennie ood die berading.  Sterkte daar.

Julle moe julle dag geniet.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 21/10/2021 - 13:31

Die laaities het al gegaan vir berading met iemand wie ions ken.  Die kommando bied ook vannaand 'n sessie aan maar ons het daarteen besluit.   Ek het gisteraand ook weer 'n sessie met hulle gehad om ook die positiewe dinge te bevestig wat so 'n ondervinding op hulle lewens kan hé.   Hulle gaan vanmiddag deur plaas toe vir  bos berading.    Ek is maar die tipe persoon wat ook gereeld met hulle praat oor lewe en dood en die realiteit daarvan -  party mense hou wel nie daarvan nie...

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/10/2021 - 09:10

Goeie môre aan die paar kampmaters wat nog hier groet !

Hier by ons waai die noordweste wind ons onderste bo, maar dit word verdra want dit is ons reënwind.  Moes eintlik al vannag begin reën het volgens die verskillende voorspellings, maar nog geen druppel het geval nie.  Gelukkig lekker dik bewolk en dit lyk darem of die reën tog vandag en môre sal opdaag.

Ons het gisteraand 'n klompie kamppelle gehad wat hier by ons kom kuier het  -  ons ou gryses kan dit mos op 'n Donderdagaand ook doen.  Ek hoor toe 'n oulike storie wat met een van hulle twee weke gelede in die Kgalagadi gebeur het en sal dit later op 'n nuwe draad vertel.

Geniet jou Vrydag  -  ek gaan myne binneshuis geniet.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 22/10/2021 - 09:15

Len ja vanmôre is dit ook weer koel hier en het ons al paar druppels gekry van die reën voorspelling van vroër die week.  Lyk of ons volgende week weer gaan reën kry.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 23/10/2021 - 09:52

Dag sê Kampforum-maters !  Skaam vir julle wat hier lees en nie eers teruggroet nie !

Dis 'n lekker nat Brackenfell vanoggend na heerlike reën oornag, maar ai, die wind het geblaas !  Ek is so dankbaar vir die heerlike 22mm reën wat deur die nag geval het en my drie reënwatertenks van 2200 liter elk, is tjok en blok vol !  Dit is heerlik vir my om die munisipale stopkraan te gaan toedraai en die tenkwater-pomp te aktiveer  -  om nie eers te praat van daardie lekker laaaa..ng storte met vars reënwater nie !

Dis netso wonderlik om van die heerlike reën te verneem wat in die Karoo geval het en ek sal graag wil weet of Neef Herman daar op sy plaas naby Oudtshoorn roei of ry van punt A na punt B.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 23/10/2021 - 09:58

Ons het gister net 3mm 🌧 gehad, maar die vooespelling sê Maandag behoort ons lekker reën te kry.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 23/10/2021 - 13:37

Middag maters. Len ons het 54mm hier gemeet, dit was lekker aanhoudende reen vir 12 uur. Geen vloede of skade nie. Ek is so dankbaar ons het Woensdag n pragtige blok hawer gehark en gebaal en die laaste vrag was so met die eerste druppels onder dak. My suster op Montagu het video's gestuur van die riviertjie wat daar deur die dorp loop,dit was sommer rof daar.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus