Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Len Verskoning Rona du Plessis -9 minutes ago
Len Verskoning Jan Meyer -17 minutes ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 minutes ago
kan nie wag.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -24 minutes ago
Len... Verskoning Wessel Strydom -28 minutes ago
Spur se Hot Rock Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago

Oktober 2021 - Mooiste maand, kom groet en drink koffie

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

👋 Môre sê Kampforum lede.

Lekker lees en saam gesels.

Geniet jou dag vouit.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 30/10/2021 - 20:03

Omdat ek lanklaas gekamp het kan ek nie oor huidige kampe verslag gee nie, maar probeer ook maar om die Kampforum aan die gang te hou al is dit dan net om te kom groet.

Gaan kyk na die nuwe plasing wat ek gemaak het, ek het ook gedink daar sou meer reaksie teen nou gewees het, maar geen. ☹  Dalk trek die opskrif nie kyke nie ?

Hier is die skakel.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 30/10/2021 - 20:09

Hi ChrisB, klink of dinge mooi loop daar by julle. Het nou die dag gewonder of hulle toe jou bakkie se trekstang vervang het na hy so losgekom het vroeër met jou wildtuin toer. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 30/10/2021 - 20:31

.... nee, daar's nog niks aan gedoen nie. Ek wag maar totdat die Hilux ingaan vir sy 20 000 km diens. Ek het die agente (Hermanus Toyota) darem deeglik op hoogte gehou van my probleem. Intussen is die sleepstang darem in Phalaborwa vasgesweis en sedertdien het ek nog nie weer probleme ervaar nie. Ek sal nie 'n klipsteen-hardegat houding inneem t.o.v. die vervanging nie - want ek reken hulle gaan dit beswaarlik beter kry met vervanging.

Ja  - dit gaan voor die wind hier in Kkeinmond. Ek geniet die finale aftrede alhoewel een van my kliënte dit nog nie wil ervaar nie en aandring dat ek nog hulle saadbehandelings- toerusting diens. Maar ek geniet dit om te gaan rolbal speel wanneer ek wil.

Groete vir Nellie. Sien uit daarna om weer 'n ou Wimpy-brekkie saam met julle in Bloemfontein te kom geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus