Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -53 minutes ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -1 hour ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Wessel een van my vereistes… November 2026 Voortrekker -1 hour ago

November 2021 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

 Vir die wat wil kom groet oor 'n beker boeretroos.

👋 Môre sê Kampforum lede.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 01/11/2021 - 20:45

... en ken ek nie daardie straat (6de Straat) baie goed nie. My seun het in 6de Straat gewoon - skuins oorkant die grys huis aan regterkant. Ek vermoed my kleinseun is daar "gemaak".

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 02/11/2021 - 07:10

😉 Het aan julle gedink toe ek die foto sien Chris.

Ja dit is 'n kort week vir die wat nog werk, sterkte.

Julle moet julle dag geniet.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 02/11/2021 - 07:56

Môre môre manne en maninne.

November kom nou goed op spoed en bring ook vir ons die verhoging in petrol pryse om die wonderlike regering verder te help om so mooi na ons om te sien.

Julle moet die week geniet!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 03/11/2021 - 09:11

Nou ja ek groet weer soos gewoonlik.

Surette het gister besluit aangesien Wijan se skool vandag nie skool het nie (meriete dag) gaan sy hom die res van die week uit haal en ons 2020 TO Strand geld gebruik voor dit einde November verval.  So ons is oppad TO Strand toe, was nou net by Warden verby.

Geniet jou res van die klein Saterdag.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 03/11/2021 - 09:31

Goeie môre kampmaters !  Ek hoop ons siele kom nou stadigaan tot ruste noudat die stemmery en gepaardgaande dramas hopelik agter die rug is.

Willem, fantastiese nuus dat die Terry weer aan die sleep is  -  ek aanvaar die Gypsey is op sleeptou.  Geniet die wegbreek en stuur maar so 'n bietjie fotos om ons lus te maak.

0

Lank uitgestel maar môre moet ek Maputo toe ry. Laas keer nogal besig by Kosibaai grenspos gewees en swaar voertuie gebruik nou die nuwe pad. 

Die grenspos maak eers 8uur oop  so vroeg daar wees help nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 03/11/2021 - 14:51

... is daardie hele roete (tot Maputo) 'n teerpad?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 03/11/2021 - 16:15

Dankie, na amper 800km is ons net na 15:00 hier en teen 4 uur rustig met 'n koue b&c 🥃 met ys in die hand.

Nee ek spaar daat petrol vir Desember se wegbreek.  Surette het vir hazr 'n Opel Corsa 1.0L Turbo (2017 ? Met 39,000km) gekoop waarmee ons gery het, tot hier met 1 tenk, sal soen as ons môre vol maak wat was die verbruik.

Sy en Wijan is see 🌊 toe, ek gaan vuur maak brandstof kry en rustig wees tot later se braai 🔥🥩🥃.  Cheers. 👍

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 03/11/2021 - 17:52

Laat hy val waar hy wil. 'n Braai weg van jou huis af is meestal maar net lekkerder.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 03/11/2021 - 19:18

In reply to by Chris Boucher

Chris, ja daar is 'n nuwe teerpad deur die Sjineese gebou van Kosibaai grenspos tot in Maputo. Indrukwekkende hangbrug oor die hawe ingang gebou.

Pragtige pad wat deur 'n wildreservaat gaan en het al heelwat wild daar gesien. 

Van die grenspos tot in Maputo so 105 km. 

Van die grenspos is die pad ook geteer tot by Ponta D'Ora. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 07/11/2021 - 07:44

Môre vriende

Ek sien Jan noem van die paaie in Mosambiek wat deur Sjinese gebou was. Dit is insiggewend, waarom deur hulle, waarom kry hulle sulke kontrakte oral in Afrika. Wat is die verskuilde agenda en belang van hulle daar.

Hoekom kon 'n SA instansie nie daardie kontrak gekry het nie, ek aanvaar Mosambiek het nie sulke vaardighede nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 07/11/2021 - 14:39

Wessel ek twyfel of daardie pad onder "kontrak" gebou was.  Ek was 'n rukkie terug in Madagaskar se hoofstad, Tana, en daar is ook so 'n sjinese pad en brug - ek is toe vertel dat hulle dit basies "gratis" gebou het om sodoende in te koop in ander kontrakte en besigheids geleenthede.  Die pad is dan heel mnoontlik 'n belegging wat die Sjinese maak om hulle toekoms in die land te verseker.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 07/11/2021 - 17:55

Dit destyds ook in Angola gesien, selfs baie hoë woonstelle (amper dorp grote) dit het egter leeg gestaan want die plaaslikes kan dot nie bekostig om daar te bly nie.  Ander het gesê hulle doen dit en wag net tot die plaaslikkes oorgee dan kom die Sjinese in en bly plek is klaar gebou.

???

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 07/11/2021 - 19:56

Die plaaslike mense in Mosambiek sê dat al die ontwikkeling wat in Maputo deur die Sjinese gedoen word - en daar is baie - word deur mense wat in tronke in Sjina aangehou was en die keuse gegee is om in in Afrika te kom werk. 

Kan dit nie bevestig nie maar kan waar wees.

Daar is 'n groot sement fabriek langs die nuwe pad gebou.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus