Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -29 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -53 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel November 2026 Geert -1 hour ago
Hoedspruit November 2026 Geert -1 hour ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago

November 2021 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

 Vir die wat wil kom groet oor 'n beker boeretroos.

👋 Môre sê Kampforum lede.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 18/11/2021 - 11:08

Middag vriende

Sit ek hier met 'n seer dooie mond. Nounet van die tandarts af, die ouman se gebit mos poleer word, om ontslae te raak van die tandsteen. 

Ek noem toe aan die tandarts, daar was 'n tyd wat hulle mens se tande met flouried behandel het. Ek is oortuig dat dit aanleiding gegee het tot minder tandarts besoeke, hetsy vir stopsels of  polerings.  

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 18/11/2021 - 20:04

En soos julle al nou teen hierdie tyd weet, 8mm reën vul net mooi een van my 2200 liter watertenks. 

Dit moet 'n groot dak wees ?  Sink of teëls ?

Ek gooi my Noode dak se water in die swembag en ons het gister 9mm ⛈ gehad en die swembad het nie baie gelig nie ? (Die teëldak vat baie as hy droog gebak is voor water in die geut val.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 18/11/2021 - 20:29

Willem, ek het my huis se teëldak wat noord-oos kyk asook die dak wat noord-wes kyk se geute verbind en dit loop alles uit bo-op die karavaan se garage-dak (sink) en vandaar in 'n aflooppyp na een van die drie watertenks.  As hierdie tenk vol is pomp ek dit na die ander twee tenks wat hoër-op, naby die swembad staan.  Dis al plek wat ek gehad om die tenks te plaas.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 19/11/2021 - 06:08

Gister aand weer 'n lekker bui ⛈ reën hier gehad saam vreeslike wind, as die reën stop is die wind ook weg.

Len, ja by my is die meeste dak aas die Suide kant en daar is nie plek vir 'n water tenk nie, so ek verloor baie water. ☹

Julle moet die Vrydag geniet.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 20/11/2021 - 08:14

Voor ek gaan slaap het, het dit nie veel gereën nie maar volgens die voorspellers gaan ons vandag 🌧 kry.

Geniet jou sport en die dag.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 22/11/2021 - 07:39

Gister so 3mm 🌧 gekry.  Vanoggend steeds bewolg met nog 🌧 wat voorspel word.  Saterdag se wolkbreuk was erg binne 30 min. 42mm gehad.

.

.

Daai geut kom van die buurman links (Wes), wat op sy afdak gelê het.  Daai water wat van daai dak af kom is die buurman Noord van my.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 22/11/2021 - 09:21

Ek merk op dat ons vriend van Kleinmond skitter in sy afwesigheid. Ek wonder of hulle met hulle grondpad toer in die Wes- en Suidkaap besig is. Dit sal 'n aanvaarbare verskoning wees. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 22/11/2021 - 10:03

.. ek loer darem so hier en daar wat gaan hier aan. Dit is maar net 'n geval van sinvolle bydraes wat my ontbreek. En ten spyte van die feit dat ek veronderstel is om nou 'n voltydse professionele leeglêer te wees, is daar van my oud-kliënte wat dit nog nie wil aanvaar nie. Ek het dus die afgelope 3 weke meer tyd in die Swartland deurgebring as wat ek by die huis was. En soos ek nou hier sit en tik, begeef ek my in die Whalecoast Mall in Hermanus. Die Hilux is in vir sy 20k diens en ma soek somersklere. Ek is seker nou-al baie na-aan sooibrand gedrink aan Mugg & Bean se "bottomless" koffie.

Darem 'n lekker naweek agter die blad. My seun het Vrydag verjaar en 'n prag-wegbreekplek op 'n appelplaas in Grabouw (Oak Lane Cottages) gehuur vir die hele naweek. Dit was sommer net rustig onder die eikebome tussen die peer-en appelboorde. Saterdagaand het ons o.a. 'n lekker lam op die spit gehad en lekker geskoffel in die saal.

As ons die pad vat op ons voorgenome sloertoer, sal dit nie geskied voor die nuwe jaar nie. Dan moet ek ook nog rekening hou met 2 weke se hengel in Henties vanaf 12 Feb asook 2 weke by Ebb & Flow in Maart.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 22/11/2021 - 11:15

Goeiste die tyd het gevlieg. Dit is nou omtrent 'n jaar[ 11maande] wat jy dit het, dan het jy nogal rondgerits.

Teen die tyd kan jy seker maar oorslaan na 'n biertjie, dis nou om sooibrand te voorkom, Ralie kan mos die stang vat terug huistoe.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 23/11/2021 - 08:37

Nou ja, die lang en vervelige wag het begin hier by Aurinia Ford in Silverton.

Vanoggend weer 10mm 🌧 uit gegooi. 👍

Julle moet die dag beter as myne geniet.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 24/11/2021 - 06:57

Gister het hulle my 'n voertuig gegee om huistoe te gaan, so nou wag ek by die huis tot hulle laatweet hy is klaar.

Vanoggend kom hulle om die dak voorberei om te seël en verf.

En nog ...

Geniet jou dag.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 24/11/2021 - 14:50

ChrisB,  jy moet 'n besonderse mens wees  -  swyg so vir 'n wyle en die manne wonder wat het van jou geword.  Ek is nie so gelukkig nie, niemand mis my nie  -  ek sal maar in 'n ou hoekie gaan sit.

My hoekie is toe Cape Gate Medic-Clinic wat ek toe, noodgedwonge, Saterdag besoek het en vyf dae later, vanoggend, is ek uit dié hoekie ontslaan.  Die stuk van my kolon wat oor is het gelol en moes eers reg gedokter word.

Maar nouja, hier is ek in lewende lywe weer en groet julle graag : "Goeie middag !)

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 24/11/2021 - 15:25

....ons weet mos jy raak nooit vir lank weg nie.

Ek is dankbaar dat jy weer terug is, van jou besoek aan die kliniek.

Dalk moet jy so 'n impulsiewe wegbreek maak met jou wa. Sleep sommer tot daar waar Chris S was, en gaan teug aan rooibostee, of iets anders ook rooilaugh

Daar is ook 'n plek genaamd Rondeberg by die Bulshoekdam. Ek het die eienaar ontmoet in Pilansberg, die afgelope September.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 24/11/2021 - 16:17

Len, ek wou wragties al begin rondvra ! Nee jong, jy laat my dink dat ek iets simpel, maar onskuldig kwytgeraak het, en nou is jy moerig, en kruip in jou dop. Gelukkig is jy nie so man nie, ken jou te goed al.  Ek sal vanaand n glasie Raka op jou gesondheid skink. Vars van die plaas af.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 24/11/2021 - 17:33

... ek moet sê dat ek darem jou teenwoordigheid gemis het. Ek kyk gewoonlik wie's aanlyn en het opgelet dat jy vir 'n paar dae nie aanboord was nie.

Ek sluit by Neef aan om 'n glasie vanaand op jou gesondheid te klink. Dit is mos darem Klein-Saterdag en ons braai hoeka 'n ou lamstjoppie. Dus is die skink van 'n lekker rooiwyntjie vanaand darem mos geregverdig.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 24/11/2021 - 17:48

My menu in die hospitaal was flou, deurskynende sop en flou swart tee  -  erger as erg !  Ek stel toe voor maar 'n wittetjie is mos ook deurskynend  -  ongelukkig wou die dokter niks weet nie.  Dus vanaand gaan ek sommer 'n rooie gooi om hulle almal te "spite"!

Lekker aand aan almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus