Vir die wat wil kom groet oor 'n beker boeretroos.
👋 Môre sê Kampforum lede.
👋 Môre sê Kampforum lede
😉 Het aan julle gedink toe ek die foto sien Chris.
Ja dit is 'n kort week vir die wat nog werk, sterkte.
Julle moet julle dag geniet.
Môre môre manne en maninne. …
Môre môre manne en maninne.
November kom nou goed op spoed en bring ook vir ons die verhoging in petrol pryse om die wonderlike regering verder te help om so mooi na ons om te sien.
Julle moet die week geniet!
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Nou ja ek groet weer soos gewoonlik.
Surette het gister besluit aangesien Wijan se skool vandag nie skool het nie (meriete dag) gaan sy hom die res van die week uit haal en ons 2020 TO Strand geld gebruik voor dit einde November verval. So ons is oppad TO Strand toe, was nou net by Warden verby.
Geniet jou res van die klein Saterdag.
GM !
Goeie môre kampmaters ! Ek hoop ons siele kom nou stadigaan tot ruste noudat die stemmery en gepaardgaande dramas hopelik agter die rug is.
Willem, fantastiese nuus dat die Terry weer aan die sleep is - ek aanvaar die Gypsey is op sleeptou. Geniet die wegbreek en stuur maar so 'n bietjie fotos om ons lus te maak.
Hou petrolprys ingedagte
Hello Willem
Moet nou nie daai Ford vrye teuels gee nie.
Stem saa, foto verslag sal gaaf wees.
Lank uitgestel maar môre…
Lank uitgestel maar môre moet ek Maputo toe ry. Laas keer nogal besig by Kosibaai grenspos gewees en swaar voertuie gebruik nou die nuwe pad.
Die grenspos maak eers 8uur oop so vroeg daar wees help nie.
Lag ek nou oor die Terry ...
Dankie, na amper 800km is ons net na 15:00 hier en teen 4 uur rustig met 'n koue b&c 🥃 met ys in die hand.
Nee ek spaar daat petrol vir Desember se wegbreek. Surette het vir hazr 'n Opel Corsa 1.0L Turbo (2017 ? Met 39,000km) gekoop waarmee ons gery het, tot hier met 1 tenk, sal soen as ons môre vol maak wat was die verbruik.
Sy en Wijan is see 🌊 toe, ek gaan vuur maak brandstof kry en rustig wees tot later se braai 🔥🥩🥃. Cheers. 👍
Chris, ja daar is 'n nuwe…
Chris, ja daar is 'n nuwe teerpad deur die Sjineese gebou van Kosibaai grenspos tot in Maputo. Indrukwekkende hangbrug oor die hawe ingang gebou.
Pragtige pad wat deur 'n wildreservaat gaan en het al heelwat wild daar gesien.
Van die grenspos tot in Maputo so 105 km.
Van die grenspos is die pad ook geteer tot by Ponta D'Ora.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Die weer lyk goed vir vandag hier by TO Strand.
Julle moet die dag geniet.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Die dag lyk pragtig vanoggend. Môre weer oppak. ☹
Geniet jou Vrydag.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Nou ja, dit het so effe gereën hier gister aand, maar binne 30 min. toe is die swembad se rand stene weer droog.
Geniet jou dag voluit.
Sjinese in Mosambiek
Môre vriende
Ek sien Jan noem van die paaie in Mosambiek wat deur Sjinese gebou was. Dit is insiggewend, waarom deur hulle, waarom kry hulle sulke kontrakte oral in Afrika. Wat is die verskuilde agenda en belang van hulle daar.
Hoekom kon 'n SA instansie nie daardie kontrak gekry het nie, ek aanvaar Mosambiek het nie sulke vaardighede nie.
Wessel ek twyfel of daardie…
Wessel ek twyfel of daardie pad onder "kontrak" gebou was. Ek was 'n rukkie terug in Madagaskar se hoofstad, Tana, en daar is ook so 'n sjinese pad en brug - ek is toe vertel dat hulle dit basies "gratis" gebou het om sodoende in te koop in ander kontrakte en besigheids geleenthede. Die pad is dan heel mnoontlik 'n belegging wat die Sjinese maak om hulle toekoms in die land te verseker.
Angola ...
Dit destyds ook in Angola gesien, selfs baie hoë woonstelle (amper dorp grote) dit het egter leeg gestaan want die plaaslikes kan dot nie bekostig om daar te bly nie. Ander het gesê hulle doen dit en wag net tot die plaaslikkes oorgee dan kom die Sjinese in en bly plek is klaar gebou.
???
Die plaaslike mense in…
Die plaaslike mense in Mosambiek sê dat al die ontwikkeling wat in Maputo deur die Sjinese gedoen word - en daar is baie - word deur mense wat in tronke in Sjina aangehou was en die keuse gegee is om in in Afrika te kom werk.
Kan dit nie bevestig nie maar kan waar wees.
Daar is 'n groot sement fabriek langs die nuwe pad gebou.





Willem .....
... en ken ek nie daardie straat (6de Straat) baie goed nie. My seun het in 6de Straat gewoon - skuins oorkant die grys huis aan regterkant. Ek vermoed my kleinseun is daar "gemaak".