Hier is die kinders se Gypsey 3B toe ek hom gekoop het.
Ek sal hier 'n paar foto's plaas van wat ek als gedoen het.

Willem .....
... sien my antwoord op die "ander" forum. Ek sien nou-eers jy plaas dieselfde inset hier.
Om op te som - my "portable" werk fantasties.
Draagbare lugversorger ...
Len, ek het JC Aircons se prys gekry wat meer as dubbel as die los een gaan kos om 'n 9000btu agter op die 3B te sit. Dis wat ek wou (wil) doen, maar daai koste. ☹
Chris, net om dit reg te stel, ek het dit eers hier geplaas en omdat ek die klomp wat aktief is ken weet ek wat gesleep word en toe dit oor die draad gegooi. Ek weet jy is tevrede met joune se werking.
Ek dink die grootste verwaring kom met die "air cooler" wat nie 'n lugversorger is nie.
Draagbare lugversorger ...
Ons het toe een gekoop, getoets by die huis en hy werk goed. Nou moet ek net die pas stuk maak vir die warm lug wat by die vloer gat moet uit blaas.

Nie ‘n slegte prys nie
En hoe baie raas hy? Ek moet dalk vir die kinders se kamer een kry.
Midea 9000BTU Portable Aircon ...
Chris, vir my loop hy redelik sag.
Prysverskil
Maar die Game een is aansienlik duurder. Salomien het egter vir my ‘n oulike ding oor Game geleer wat ek nie geweet het nie. As dieselfde produk elders vir goedkoper as by Game beskikbaar is, is Game verplig om dit vir jou goedkoper te gee as wat dit by die ander plek kos. Hulle bevestig die goedkoper prys, en gee dit dan vir jou vir klein bietjie minder - R10 as ek reg onthou. Dit vat so paar minute maar is die moeite werd.
Ek dink egter ek gaan eerder vir die kinders ‘n nuwe trampolien koop. Die son het die oue so gepiets dat die lussies waarin die vere haak uitskeur. ‘n Lugversorger vir hulle kamer is ‘n nice to have maar hulle het tot hier gekom daarsonder, en sal ‘n nuwe, groter trampolien baie meer geniet. Dit lyk in elk geval asof die somer weer weg is. Dit reën asof dit winter is buite. Ek is dankbaar daarvoor, maar ek weet die boere soek nie reën op die verkeerde tyd nie.
Prysverskil ...
Ek sien nou Game se prys, gedink hulle is deel van die selfde groep as Makro ? ![]()
Massmart
Game en Makro is deel van Massmart, maar ek het ‘n paar jaar gelede ‘n tuimeldroeër vir Salomien gekoop, en dit was goedkoper by Makro as Game. Aangesien Makro in die Kaap is, het ek toe vir Game hier gesê dis goedkoper by Makro. Hulle het gebel en vir my toe afslag gegee.
Die 3B ...
Was effe besig gister en vandag.
Die yskas se "rely kit" gekoop en ingesit, maar 🤷♂️ dit het gevoel of hy loop maar na 2 ure voel hy binne steeds nie koud nie en die motor is warm ☹. Hom laat afkoel en nou-nou weer aangesit en dit voel weer of hy loop. 🤞

Ek het 'n plug boks onder teen hom vas gesit want hy was dierek aan die DB gekoppel.

As julle onthou het ek 12v punte by die yskas lug gat gesit vir al die buite ligte met 'n sigaret aansteek punt (dit was een jaar handig vir Robbie wat langs ons gekamp het en sy foon 220v laaier by die huis vergaat het en net sy kar laaier saam gebring Eiland Spa toe). Met ons laaste kamp het ek gesien dit pla want die yskas se lug gat sit agter die 3B se deur as hy oop is en dit pla want die lug gat moet oop wees. Ek het toe aan 'n plan gedink en dit verander.

Dit was nie al nie, ek het 2 van daai opvou rakkies wat teen die kant aanhaak. Die een wat ek op die agterkant gebruik het op die Exclusive by die wasbak het ek 'n liggie aangesit. Die 3B het nie die selfde rail om hom aan te hak nie maar 'n boer maak mos 'n plan. Die 3B se opwas bak het ek gemaak om voor links van die deur te werk want dit is die enigste plek waar dit sal werk met die water en afloop, so die rakkie se plek is die enigste logiese plek want in die middel is die blad wat teen die kant kom vie die ysmasjien en oond. Gelukk8g pas hy net mooi in daai plek.

Net die liggie se draad korter gemaak en 👍
Die 3B ...
Kom vandag agter die verdomde bouers het hulle goed langs die 3B gestoor en die karavaan se uitlaat af gebreek. (Sal môre foto neem van die gebreekte pyp)

Lyk nice Willem
Die Gypsey 3 kom mooi aan jammer van die pyp wat stukkend is
Handig
Willem, jy is 'n lekker handige ou en jy rig die Gypsey mooi in vir jou behoeftes. My pa het ook 'n 3B gehad. Nouwel 'n ouer model as joune maar dit was 'n baie lekker wa gewees. Ek het hom paar keer geleen en met 'n Audi 100 gesleep. Dit het maar geslukkel maar ons het altyd ons bestemming gehaal.
Servaas ...
Ek het hom destyds vir die kinders gekoop, maar hy staan nog altyd by my en ek betaal nog altyd die versekering en lisensie en nou dat die Exclusive nie meer met ons is nie het ek geen ander opsie om hom te gebruik nie as ek wil gaan kamp. Nou dat ek hom gebruik doen ek maar so ietsie om die kamp vir my lekkerder te maak.
3B se Yskas ...
My karavaan yskas.
Slegte nuus, die krag het net na 00h30 getrip. Het toe die karavaan se krag ontkoppel en die krag aangesit.
Vanoggend weer die krag gekoppel toe trip die earthleakage weer, so lyk my die kompresor het gegroet. 😩
Het maar die rivits uit geboor en hom uit gehaal om te laat reg maak.
So R2,500-2,800, nuwe een R4,300 by Makro wat 500mm breed is om deur die karavaan deur te pas.
Het nou weer die ouens gebel, hulle sal môre uitkom en ondersoek en dan regmaak. 🤞
Hy moet reg en moet weer ingesit word want volgende naweek gaan ons kamp.
3B se Yskas ...
Die yskas is uit, nou wag ek vir môre.

Dit is waar hy staan. Die strepe is soos wat hulle hom teen die kas geplak het, dit lyk sleg maar as hy terug is sien jy dit gelukkig nie. Sal maar weer silikon smeer as ek hom terug sit en weer vas rivit.

3B se Yskas ...
Saterdag het die ou toe 'n nuwe kompressor ingesit en ly loop nou weer mooi. Ek is vanplan om die eenkant en voorste twee deure oor te verf maar die weer is nie tengunse van dit nie want dit is maar goed koel en nat hier in Pretoria. Na die week se arbeid rus ek vandag soos 'n sleg witman. Moet die kas en karavaan binne skoon maak na ek die yskas uit gehaal het en paar veranderings gedoen het soos die vloer te teël waar die yskas staan. Die kragdrade beter ingesit wat alf onder die yskas was en die buite krag boks se draad mooi verlê.
Die nuwe kompressor kan nie die oue se drip tray vat wat op die ou kompressor was vir die "defrost" water van die yskas nie. Sal maar net die pypie moet verleng en dan deur die vloer sit anders gaan dit die vloer laat vrot.
Het 'n bak met water in die yskas gesit met 'n termometer se probe in om die temperatuur te neem en reg te stel, hy is op 3°C. 👍
Dan moet ek die yskas terug sit en weer teen die kas vas sit soos hy vas was.
Ons plan is om dan vroeg Vrydag tot in Brits te ry en Surette se broer en suster hulle daar te kry om saam Thabazimbi se kant toe te ry vir ons kamp.
3B se Yskas ...
Ek dink vir nou is my werk klaar binne (yskas) die yskas is terug op sy plek en werk. 🤞


Ek het hom weer teen die kas vas gesit, maar ek het aluminium strips in die kas gesit en 4.8mm "peal rivits" gebruik. 3 Rye met 3 "rivits" per strip en tussen die kas en yskas so silikon goed gebruik (sal môre foto neem, motor huis is klaar toe) om hom soortvan vas te hou.

Toe die vorige ouens die klein yskasie uit gehaal het het hulle die boonste (dak) lug gat toe gemaak. Ek het gewonder of dit nie deels van rede was dat hy nou gegroet het nie ? Ek kom toe in die motor huis se kas af op 'n nuwe 220v "panel extractor fan" en besuit ek gaan hom op die onderste lug gat in die verste deel weg van die deur om te help om van die warm lug uit te trek. Kyk mooi jy sal hom daar diep sien. Ek het ook die drade wat in die ou gate was wat half onder die groot ydkas se raam was geskuif.

Die ou motor se "drip tray" wat bo op die motor is kon nie her gebruik word vir die ontvries water van die yskas nie. Ek het toe die drein pyp vervang met 'n glade een en hom dierek deur die vloer gesit want daar kom moa nie baie water uit nie. Moet net die pyp korter sny.

Die yskas se inligting, lekker groot ?

Op die yskas staan KIC, op die ou motor staan Samsung en binne die yskas se plakker staan Whirlpool. 🤷♂️🤷♂️🤷♂️ Wat is dit nou ?





Willem....
Daar is 'n verskeie opinies oor die werking van 'n draagbare lugversorger, positief sowel as negatief. Jy ken ook vir Jacques Rousseau, hy is een wat 'n draagbare lugversorger probeer het en dit nie suksesvol gevind het nie. Maar jy kan gerus steun op Chris Boucher se positiewe ervaring in sy Caravett 6B en ek stel voor jy probeer dit. As ek dit nie mis het nie is die Gypsey 3B se dubbelbed agter en jy kan die eenheid nes ChrisB aan die voorkant staanmaak. Netsoos hy, kan jy die lugpyp deur die gat in die vloer deurlaat - ek het iewers 'n foto gesien dat daar wel so 'n gat met roostertjie is.
Dit lyk vir my ek en my annerhelfte waardeer nie altyd die feit dat ons wel 'n ingeboude lugversorger het nie. Ons s'n wat op die stert gemonteer is, is nou al 8 jaar oud, het al amper 35oookm saamgesleep en ons nog nooit 'n greintjie probleme gegee nie.
"Go for it" Willem !