Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kan ook werk Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 minutes ago
Potjiekos Kuier maaltyd Geert -20 minutes ago
Alternatief Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Ek verskil Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 27/09/2021 - 09:09

n Man is op reis en sy kar breek naby 'n monnikeklooster. Hy gaan na die monnikeklooster, klop aan die door, en sê, 'My kar het gebreek. Dink julle ek kan die nag oorbly?' 
Die monnike nooi hom vriendelik binne, gee hom kos en maak selfs sy kar reg. Toe die man aan die slaap wil raak, hoor hy 'n vreemde geluid. 
Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle sê, 'Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie.' 
Die man is teleurgesteld maar bedank hulle in elk geval en sit sy reis voort. 
'n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly want hy het mos nou vriende gemaak. Die monnike nooi hom in, gee hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy weer dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. 
Die volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord, 'Ons kan jou nie sê nie. Jy is nie 'n monnik nie.' 
Die man sê, 'Als reg, als reg. Maar ek sterf van nuuskierigheid. Al moet ek 'n monnik word om uit te vind sal ek dit doen. Hoe word ek 'n monnik?' 
Uiteindelik doen die man 'n tienjaar-monnikekursus en word 'n volwaardige monnik. 
Na sy inlywing se die ander monnikke: 'Veels geluk. Jy is nou 'n monnik. Ons sal jou nou wys wat die bron van die geluid is.' 
Die monnike lei die man na 'n houtdeur, waar die hoofmonnik sê, 'Die geluid is reg agter daardie deur.' 
Die man probeer die deur oopmaak, maar die deur is gesluit. Hy sê, 'Mag ek die sleutel kry?' 
Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak die deur oop.
Agter die houtdeur is nog 'n deur gemaak van klip. Die man vra vir die sleutel van die klipdeur. Die monnike gee hom die sleutel, en hy maak oop dit, net om te vind daar is nog 'n staaldeur. Hy kry nog 'n sleutel van die monnike. So maak hy altesaam sewe deure oop. 
Toe hy die laaste deur oopmaak, is hy totaal verstom toe hy sien wat eintlik die bron van die geluid is! Maar ek kan jou nie sê wat dit is nie, want jy is nie 'n monnik nie.

0

Middag Johann

Ai man, daai bye is darem aanloklik, word sommer 'n byeboerdevil

0

For people who ride horses slowly ------ We have slow horses

For people who ride horses fast ------ We have fast horses

For people who have never riden horses ------ We have horses that have never been ridden

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 30/11/2021 - 16:35

Hi julle jammer om te pla. Ek weet nie wie om anders te vra nie....Ons kry swaar op die oomblik en nodig asb n paar grouseries.

 Ek wag vir sassa, maar hulle gee ook so min. 
Ek soek  maar kry nerens jop nie. Almal soek kwalufikasies. Ek het my CV al oral ingegee. Ek wil graag n kantoorjop he. Ek kan Atmin en die foone andwoord en die faails doen. Ek hou van met mense werk en praat. So ek weet ek kan n sikses maak van n jop as ek die regte een kry. 
 
Kan julle my dalk net kan help met Stork Magerien. Twinsafer 2 ply toilitrouls.(Met hontkies op lyk mooi) 
Luks seep. Jakops koffie. 
First tjoice melk. Kaas. 
2 broode.(kinders wil nie brein eet nie). 
Testiek ruis. Olie. 
Mekerounie en spigettie. 
Koe blikkies kos.  
Coke (my kinders drink nie anmaakkoeldrienk nie). 
Tresemmi sjampoe. Simba tjips. 
Rainbouw hoener. Mins. 
Wors. Stuik. Pilounie. 
As jul kan bowril of mameit. 
Muijoenuis.  Wortils. Eie. 
Ertappils. Oumou waspoeier. 
Enndan ok n biekie oorskiet Whiskie?

En R12 vodago.  As jy dalk petril gelt kan gee sal ek dit gou kom oplaai. 

Ek sal weer eendag vir julle ook help as ek jop kry.  Kleeere Nr 42. Troewitts, Woelwouts en Foeshienie asb. Ek dra nie enige iets nie. 

Dankie vir julle hulp. En asb moenie my jads nie. Dit kan met julle ook gebeer dan help ek weer julle met kos.....

GROETE
Ekke

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/12/2021 - 09:07

Skrywer onbekend

DIE LEKKERSTE POEP OOIT!
“Jy sal moet gaan vir in kolonoskopie-scan,” sê die dokter terwyl hy drie bottels verf aan my oorhandig. “Drink Maandag soos voorgeskryf en meld Dinsdagoggend halfnege aan vir die prosedure. O, en geen vaste kos in dié tyd nie.”
Nege-uur sluk ek die eerste dosis verf. Nogal nie onaardig nie. So lemoensmaak. Ek wil net gin bygooi, maar Pa swaai sy voorvinger dreigend voor my neus. “Niks vir jou vandag nie!” Hier teen halftien voel ek die eerste draai en laat waai vir die troon. Maak die ketels oop. “Goeie skoonmaak,” dink ek by myself. Maar toe begin die resies na die troon. As ek net by die deur uit is, kom die noodsein en moet ek maak vir die troon! Eenuur moet ek die sement drink. Maar in plaas van toepleister, skaaf hy net die wande skoon. Drie-uur is dit weer lemoenverf. Nou oorval totale uitputting my. Ek smag na koffie en beskuit. Agtuur is dit tyd vir die botteltjie wat lyk soos chloroform, maar my nie uitsit nie… nee, dit raak ontslae van die bietjie wat nog oor is.
Doodmoeg en doodbang meld ek by die slagveld aan. Rondom my sit daar vyf ander beangstes sonder glimlag. Die personeel probeer hulle bes om die klompie te laat ontspan. Maar ‘n hospitaal is doodgewoon nie ‘n ontspanningslokaal nie! In die wagtyd moet ek drie keer weer vinnig kamerverlaat.
Uiteindelik word my naam uitgeroep. In ‘n klein hokkie vra ‘n vriendelike nirs (of is dit ‘n dokter?) my om alles uit te trek. Net my masker moet opbly…! In die hokkie hang so lelike bruin tent wat ek moet aantrek. “Kan ek nie ‘n pienke of bloue kry nie,” vra ek. “Mevrou,” sê die Nirs, “Sal jy die pienke was as ek die pyp uittrek?” Toe trek ek maar die bruine aan.
In die ateljee wag die masjien wat die foto’s neem. “Ek het nie vanoggend gegrimeer nie. Was te moeg,” sê ek. “Kan julle bietjie photoshop?”
Voor my is so halwe enkelbedjie waarop en my enorme liggaam moet neersit. “Draai nou op jou regtersytjie,” praat die Nirsie so mooi met my. “Ek gaan nou ‘n pypie indruk met ‘n ballonnetjie vooraan. Dan gaan ek dit oppomp. Dis effens ongemaklik. Maar ontspan gerus.”
Die pypie is goed geghries en gaan seepglad by die exhaust in. Toe begin sy pomp. In my maag voel ek die eerste kriewels, soos die eerste skoppie van ‘n nuwe baba. Maar baie vinnig vorder ek van vier maande tot nege-maande. Toe ek tot 2 bar opgepomp is, vra Nirsie: “Hoe voel jy? “Nege-maande swanger en in kraam,” antwoord ek. “Knyp nog so bietjie. Nog net so 20 pompies,” sê Nirsie. Ek kry dé-jà-vu van my kraamgeboortes. Daar waar die dokter sê : “Moenie druk nie!” terwyl die baba wil uitval! “Nirs, as jy verder pomp, gaan jy in die spervuur staan. ‘n Poephol kan ook net soveel knyp.” Die nirs is versigtig. “Nou draai op jou maag en sit jou hande bo jou kop, dan begin ons die proses,” probeer sy baie mooi en kalm. Met my volle gewig op die voltydse baba, wil die valve nie meer nie. So saggies en onhoorbaar glip daar van die wind uit. Nou in die tonnel in. “Take a deep breath. Hold it!” My fok! Waar moet nog lug heen gaan? Ek is reeds tot barstens toe vol wind! Na ‘n paar “Take a deep breath. Hold it!”s is dit tyd vir die jodium.
Net daar gaan ek in menopause in – nog voor ek gekraam het! Die warm gloed begin by my gesig en versprei regoor my lyf – met ‘n masker op! In my mond is die frank smaak van ‘n Weegskaal-vrou wat die vorige aand te veel wyn gesuip het. En toe, toe is dit verby.
“Nou net die pypie uittrek. Eers die ballon afblaas,” sê die wonderlikste Nirs. “Nirs, ek sê sommer noual dankie, want as jy klaar is, is ek weg. Bring maar my goetertjies na die aantrrekkamer toe.”
En toe blaas sy die rugbybal af en trek die hosepipe uit! En ek laat waai na die kleinhuisie.
Met die neesitslag vind die aardbewing plaas wat 7 op die Richterskaal meet. Die mure gaan aan’t skud, die pype raas, die masjiene ratlle en die personeel klou vir hulle lewe  aan die deure vas. In die wagkamer begin die verhoorafwagtendes se tande klapper. Mettertyd neem die aardbewing af met net ‘n paar naskokke. In die hospitaaltoilet spoel 500kg skulpvis se jodium weg.
Toe trek ek aan. In die ateljee staan die Nirs- steeds spierwit. “Dit was ‘n dogtertjie,” sê ek en loop Pa tegemoet. “Kom ons gaan huis toe dan vertel ek jou alles,” sê ek. Oppad na die kar, los ek nog drie bomskote. Die eerste laat die karwagte plat op hulle maag val. Met die tweede loer die hospitaalpersoneel deur die vensters en met die derde hoor ons die sirenes van die polisie naderkom.
Ons klim in die kar. “Dit was nou die lekkerste poep ooit, “ sê ek vir Pa.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/12/2021 - 09:22

Kostelike storie Willem (al is dit nie kampverwant nie)  -  dankie !

0

A wife sends her highly qualified (a master’s degree with honors) husband to the supermarket with a list for 10 items, - and says to him “Won’t take long, go through the express line” – and hands him her list with a peck of a kiss on his cheek

HER LIST.....

1   750ml cooking oil

2   1Kg yellow medium fat margarine

3   sliced bread

4  5L Jik

5  10kg pkt Surf automatic washing machine soap powder

6  5kg pkt sugar

7  500g peanut butter

8   2,5 L Coca cola

9   25 kg dog food

10  large watermelon

About 2H later, and just as she is about to call him, he turnes into their driveway, and rather out of breath carries a huge number of  plastic bags into the house ---- “Sorry it took so long but they would not let me through the express line” and goes back to their big SUV ---

More plastic bags get carried in ----- and more---

So the wife starts going through the bags and finds: -

1 bottle of cooking oil

2 1Kg tubs of medium fat yellow margarine

3 loaves of sliced bread

4 5L plastic containers of Jik

5 10kg packets of Surf automatic washing machine soap powder

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 22/05/2022 - 19:00

Ek is nogal in my skik met my musiek smaak, my buurman hou so baie daarvan, hy het nou al twee bakstene deur die vensters gegooi om beter te kan hoor.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus