Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -9 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -17 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -19 hours ago

Desember planne en kampeer

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van Chris se waarskuwing oor Covid en seevakansies, dit kom mos in golwe aangerol, wonder ek wie beplan wat se Desember vakansie. 

Tot en met 2010 het ons see toe gesleep vir 3 weke, want hulle universiteitprogram en eksamens was die bepalende faktor. Nou kan ek gelukkig die vertrapping aan die kus vermy. 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 07/12/2021 - 12:28

Ek sien ATKV Buffelspoort adverteer 30% afslag tot 9 Januarie en Hartenbos tot 18 Desember.  Vakansie-oorde leef swaar.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 07/12/2021 - 12:45

Ek was nog nie self daar nie, maar dit lyk na ‘n lekker plek. Daar is ‘n lekker sandstrand, en ek glo mens sal heerlik daar kan baljaar as jy waterspeelgoed het. Ek het nou die dag op Gumtree gekyk, en mens kan ‘n bootjie met motor en sleepwa koop vir nie te veel nie. My kinders is egter nog so bietjie te klein daarvoor, en ek is bang dit neem oor by kampeer op ander plekke. Dit baat mos nie mens koop ‘n boot en gebruik dit dan nie gereeld nie. En ek is te lief vir gatskuur en toer soos wat Mnr Boucher beplan langs die Weskus, en nie lus om ‘n boot agter die Kavango te sleep nie. 
 

Ek stem terloops 100% saam oor afblaasmatrasse (‘n baie meer gepaste naam). Nie weer nie. 

0

Dis aan die een kant goeie nuus dat almal nou baie afslag gee.  Veral Natal se kampeerkampe het hulle hand begin oorspeel met buitesporige kampeer pryse.  "Price fixing" kan net sover gaan. Kampers soek waarde vir geld en wil nie uitgebuit voel na 'n vakansie nie.

Baie kampers gaan kamp nou by goedkoper kampe in ander provinsies.  Hopelik leer oorde iets hieruit. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 07/12/2021 - 13:38

Ek hoop TO Strand bied weer 'n 50% afslag in Januarie soos hulle begin Desember het - ek sal dit dalk dalk net oorweeg om af te skiet vir 'n kamp en voete in die sand.   Die enigste ding wat my sal terughou is my jongste se arem wat nog in gips moet wees tot einde Januarie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 07/12/2021 - 13:57

Ek dink ek verdien die wegkom met karavaan na die 2020 - 2021 se 2 jaar.  Vernaam die laaste 2 weke het my geknak, die karavaan, huis, swembad plaveisel en die Ford.  🏕🥃🔥🥩

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 07/12/2021 - 14:33

Ons gewone tyd by Drakensville oor Kersfees met al die kinders. 

Hoop net die kinders van Namibië maak dit want hulle moet 500km ompad ry na Upington om Botswana uit te sny.

Alles is al gepak en nou wag ons maar 😁

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 07/12/2021 - 14:46

As ons nie meer kinders in die huis gehad het nie sou ek ook eerder tuis gebly het Desember. Maar ek is opgewonde oor die vooruitsig ten spyte van die astronomiese koste (R980/aand). Ons het mos ons dinge so effens agterstevoor gedoen en eers oorsee gegaan en in die buurlande getoer op ‘n rowwer manier voor ons kinders gekry het. Ons gesinsvakansies het later begin, en die gaan ons eerste strand oord vakansie tydens skoolvakansie wees. 
 

Ek sou dalk minder uitgesien het as ons na ‘n groter en besiger oord gegaan het. Gelukkig het Dwarswegstrand net 38 staanplekke en is dit nie by ‘n openbare strand geleë nie. Glentana is seker die naaste openbare strand. Of  dalk Grootbrak, maar beide is te ver om by te parkeer en strand langs te stap Dwarswegstrand toe. Ek dink die strand heet eintlik Botha strand. 
 

Ek hoop ek kan darem ook bietjie met my kinders speel die vakansie en dat hulle nie net heeltyd met die maatjies wil speel wat ek weet hulle gaan maak nie. Die res van julle wat weggaan moet dit gate uit geniet en ‘n geseënde tyd saam met julle mense deurbring en veilig reis. Willem, jy verdien dit vir seker na alles waardeur jy is!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 07/12/2021 - 16:14

Middag Chris S

Wag so bietjie tot jou kinders groter is, hulle sport gaan bepaal hoeveel tyd jy gaan hê vir kampeer, en wat se toebehore jy moet aanskaf.

My 3 kinders het eers swem as sport beoefen, en ek moes Saterdae die Wes Transvaal platry agter gala's aan. Hulle slaan toe oor na lewensredding, ja as 'n erkende sport. Vir die binnelanders bestaan dit uit 2 aktiwiteite;

1] swembad nommers, soos om poppe te red, van die bodem op te tel, rugslag te swem terwyl pop se kop bo water moet bly

2 oopwater nommers, soos "swem, hardloop swem", vêr swem en met Malibu borde resies roei. Die klubs by die kusdorpe, doen die gedeelte in die see. 

Dit is eintlik 'n baie lekker praktiese sport, met lewensvaardighede. By groot swem geleenthede soos die Roode 1000 en Midmar, doen die lewensredders altyd diens.  Aangesien my 3 dit geniet het, sodanig dat hulle provinsionale kleure verwerf het, het ek vir hulle, hulle eie Malibu bord gekoop, na hulle liggaamsgrootte. Dit was menige kere op die dakrak saam Oos Londen toe. Dan praat ek nie eers van die "wave ski" en "paddle ski" vir branders ry nie.  

Hoekom vertel ek dit, bloot om te toon dat ons kinders ons speelgoed bepaal. Sou hulle wil waterski, dan het jy ander groot kapitale uitgawes.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 07/12/2021 - 16:30

So ek moenie slapende honde wakker maak nie. Dis wonderlik dat jou kinders provinsiale kleure kon verwerf! Dit maak ‘n ouer darem trots as jou bloedjie/s presteer. En ek sal rondry en aankoop binne my vermoë solank hulle nie wil perdry nie. Ek hoor dis ‘n baie duur stokperdjie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 07/12/2021 - 17:58

Wildehont, jy is in die kol met die perdry ding. Op 4 jaar of so wou kleinsus net vir rylesse gaan...sucker wat ek is besef ek nie waarmee sy en Ma besig is nie. Toe word dit deelneem aan skoue, dinge soos spring en dresseer. Ook heel OK, ek ry net agter die skou aan, die ryskool verskaf die perde en vervoer hulle....maar nou is dit effe duurder. O wee en toe word sy (ek?) die trotse eienaar van 'n ponie....nou betaal Pa stalfooie, en allerhande goed soos saal, spesiale ryklere, harde hoed, noem maar op. Nou moet daar 'n perde treiler gehuur word as dit skou tyd is. Voor ek my oge kon uitvee is ek ook die trotse (en nou brandarm) eienaar van ons eie perde treiler. En sus groei uit die ponie uit wat vervang word met 'n vol grootte perd...en nog meer skoue, en 'n saal vir elke item soos spring en dresseer. Toe kleinsus (nou al lankal nie meer klein nie), die vol grootte perd (sy naam was Hurricane Earl, vandaar ook my naam op die forum!) te oud word vir kompetisies moet Pa nog 'n perd koop (julle willie weet wat die toe kos nie), en ou Hurricane is te oud om te verkoop, so nou word dit stalfooie vir twee perde. Ou Hurricane het Juliemaand verkas na die groot weiveld daar bo, so nou darem nog net een perd...Hoekom die lang storie? As een van julle se dogter, kleindogter met Ma of Ouma op sleeptou en mooi glimlaggies vir rylesse kom vra, hardloop ver weg, daai donkies kos baie en hou nooit op met geld vreet nie...as dit koliek is en Tannie perde dokter moet uitkom kos dit aansienlik meer as wat ek dink enigeen van ons se spesialiste kos. O...en kleinsus (ek bedoel nou grootsus) draai steeds die ou man om haar pinkie, betaal steeds en sleep steeds skoue toe....die perde ding...eish 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 07/12/2021 - 20:03

Sjoe, maar julle ouens het presterende kinders.  Myne aard maar na hulle pa, 'n dood gewone ou met gemiddelde prestasies, maar ongelukkig geen medaljes nie.  Een ding is egter seker, almal van hulle hou netsoos ek van kampeer-vakansies !

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 08/12/2021 - 08:03

Ons ry oor minder as ‘n week en skielik klink selfs ‘n week nie meer baie lank nie. Verskoon my as ek hier hardop dink oor wat ek nog moet doen sodat ek oor ses slapies die pad kan aanpak. 

  • Die Everest se wiele moet roteer word. Hopelik kan ek dit Vrydag na werk inpas. Gelukkig woon en werk ek in ‘n klein dorp en is alles naby aan mekaar.
  • Die Jack Russells moet gebad word. Saterdag se weer laat hopelik toe daarvoor. Dan moet ek die mense wat hulle gaan voer sleutels laat kry en wys wat gedoen moet word. Ons verkies om hulle tuis te los en Joyce wat by ons werk en 100% betroubaar is voer hulle gewoonlik as ons weggaan. Sy gaan ongelukkig by haar ma kuier in Prieska Desember so ek moes iemand anders kry. Ons ken haar darem en sy woon naby ons en het vantevore die hondjies versorg.
  • Seker maak alles is in die wa en die ekstra goedjies wat spesifiek tot die see is inpak moet ook Saterdag gebeur.
  • Medikasie gaan aanvul sal ook Saterdag gebeur. Gelukkig stuur mens net vir die apteek ‘n WhatsApp en hulle kry alles reg vir afhaal.
  • Inkopies sodat mens nie daar te veel hoef winkel toe te gaan nie moet ook Saterdag gedoen word. Dit gaan ‘n besige dag wees.
  • Laastens moet die wa gepak word met ons klere. Joyce doen dit gewoonlik die oggend voor ons ry. Ek werk nog tot 12:00 Dinsdag, en wil so gou as moontlik daarna ry sodat ek nie later as 17:00 daar kan wees en tyd oor het om kamp staan te maak voor donker. Die Fordjie is darem klaar vol diesel R1 148 later. 


     
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 08/12/2021 - 08:47

Chris WH laat my sommer verlang na my eie inpak en beplanning voor my vakansies. Maar tot en met Maart 2022 is dit my nie beskore nie.

Geniet die laaste reëlings - maar die belangrikste, geniet die wegbreek saam met jou kinders. Dwarswegstrand is 'n pragtige ou plekkie. Ons het nog nooit daar gekamp nie, maar was gedurende Augustus 2020 daar vir 2 nagte in een van hulle strandwoonstelle. Laasgenoemde het 'n praguitsig oor die strand voor jou deur.

Dwarswegstrand

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 08/12/2021 - 09:19

was gedurende Augustus 2020 daar vir 2 nagte in een van hulle strandwoonstelle. Laasgenoemde het 'n praguitsig oor die strand voor jou deur.

Ek dink woonstel is nie werklik die regte beskrywing nie. Die oord noem dit self so, maar in my oë is ‘n woonstel ‘n eenheid in ‘n gebou met meer as een vloer waarin die eenhede op ‘n vloer almal ‘n muur deel met aangrensende eenhede. As ek reg onthou is die sg seefront woonstelle soos skakelhuisies wat twee-twee langs mekaar staan en is almal enkel verdieping. My suster Anita gaan ook in een van hulle naby aan die karavaanpark tuisgaan terwyl ons daar is. 
 

Volgende keer kan julle gerus daar gaan kampeer. Dis regtig ‘n lekker klein oord met opsies op die seefront en ook bietjie verder weg as jy bang is vir die wind. Volgens voorspellings gaan dit ons eerste paar dae lekker waai van die see af. Dalk later ook, die voorspelling op Windfinder gaan sover net tot 17 Desember. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 10/12/2021 - 16:19

Ons kantoor is vandag 12:00 vir sanitasie gesluit omdat iemand wat Dinsdag laas by die werk was gister positief getoets het. Belaglik as jy my vra, maar alhoewel dit my werk in die rede geval het het dit my tyd gegee om die Everest se wiele te roteer, balansering en wielsporing te doen R640 later. Toe dink ek; as mens een keer ‘n jaar of een keer elke 10 000km dit doen voeg dit maklik amper R6 000 by die koste van die stel bande surprise

Ek het ook die Jack Russells gewas en die Everest is ook gewas. Ek kon ook vir die kinders langmou second skin swemklere koop om hulle teen die son te beskerm (wat min gaan skyn volgens die SA Weerdiens - hulle het gister op RSG gesê hulle en oorsese voorspellings sê ons gaan ‘n buitengewone nat somer beleef oral oor). 
 

Dit het darem vir my ‘n uur of wat gekoop môre, so meer tyd vir voorbereidings. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 10/12/2021 - 17:03

Middag Chris S

Ek roteer my bande elke jaar, of dan ~10000km. Sporing en balansering, slegs as dit nodig is. Mens kan darem voel of die kar skud, en of dit skeef trek.

Daardie onkoste voeg egter kilos by jou bandlewe. Dit is na my mening nie 'n ekstra uitgawe nie, dit is instanthoudingkoste wat optimale benutting verseker.

Geniet julle seevakansie en sleep veilig.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 10/12/2021 - 18:53

Ek het ook die gebruik om my bande van beide voertuie klokslag elke 10 oookm te ruil, balanseer en die wielsporing te doen.  Interessant, elke keer moet die wielsporing volgens die spesiale rekenaar verstel word en die balansering op elke band kort ook 'n verstelling.  Ek aanvaar dus dat dit tog gereeld gedoen moet word soos die bandvervaardigers aanbeveel terwyl hulle nie daarby finansieël baat nie. Trouens, ek kry gereeld 'n e-pos herinnering van Dunlop (vir die Mercedes) en Coopers (vir die Pathfinder) om dit te doen.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 11/12/2021 - 08:50

Daardie onkoste voeg egter kilos by jou bandlewe

Ek besef dit, en dis waarom ek dit ook elke jaar doen. Ek ry nie 10 000km ‘n jaar nie. Ek bedoel maar net dis ‘n “versteekte” koste wat nie by die bande se koop prys ingesluit is nie. Maar die stukkies van die vier bande is jou enigste kontak met die pad, so dis uiters belangrike komponente van ‘n voertuig. 

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sat, 11/12/2021 - 19:50

Met my vrou se heupvervanging in Februarie, gee haar geonde knie toe in Oktober. Die is geopereer November en ma sukkel nog trappe op en af en ver loop. So kamp is uit.

Ons is egter so toegegooi met werk dat ons besluit het om by die huis (en huiskantoor) te bly. Sal maar die wa Januworry afstof vir 'n paar dae weg.

Ons ry darem Maandag Durban toe vir 'n jaareind vergadering en sal darem tone in die see sit terwyl ons die paar dae daar is. 

Ek hoop dat die meeste padwerke op die N3 teen die week afgehandel sal word want met die trokke is dit ook 'n nagmerrie. Die N3 was hoeka al die heeldag van 05h00 af baie besig so vaie mense het vandag al gery

Dan hoop ek ook nie dat Oom Cyril weer die week 'n familievergadering uitroep en die lockdown verskerp nie. Ek glo darem dit sal net beperkings op saamtrekke wees

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus