6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 minutes ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -13 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago

BATMAN - Dis Vrydag, Wat Braai jy Vannaand?

Submitted by BATMAN on
Forums

Vrystater het mos so'n draad op die vorige forum begin oor Woensdae. Niks verhoed ons mos om dit op Vrydae te doen nie.

Vanaand by ons is dit lekker lam lointjoppies en wors met 'n braaibroodjie en nog so paar dinge en slaai. Kan nie wag nie - veral vir die glasie(s) sauvignon blanc wat saam geniet word!

VOOTREKKER: Klink heerlik.  Julle moet dit geniet!

FRIKADEL:  Vannaand is dit hoender sosaties en Escort se vark prego steakies wat lekker gemarineer, Koedoe kaaswors met gebraaise mielies en groenslaai.

FREDA:  Ons braai nie vanaand nie, maar sal beslis 'n vuur maak hier by die kamp.   More gaan ons braai!!   Vriende kom kuier en ons gaan braai en rugby kyk.   Lamtjops, wors en hoendervlerkies.

VW: Kerrie lam sosaties, lam tjoppie, kaas worsies en n braai broodjie, natuurlik gepaargaande met n paar koues!

WILLEWILLEMIEN:  Gaan vir ons 'n lekker stuk boerewors koop hier by Rembrandt Slaghuis in Linden....saam met 'n riwwertjie.

BATMAN:  Ons is maar bietjie boring vanaand. Net 'n ou hoendertjie en 'n worsie.

Het 'n groot braai Dinsdag met vriende gehad........'n gammon in die Weber met 'n soet mostertsous en 'n heel picanha rump op die kole met 'n lekker Nando pepersous. Dit was nou lekker!

HARRY Du RANDT: Die tyd van die maand sit ons Topper in n sykous en braad dit dan

BATMAN:  Ha Ha Harry!

BATMAN: Kom ons se liewer He He Harry! Anders klink dit of ek hakkel

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 05/08/2017 - 09:56

Ai, Voortrekker, waar is die dae wat ons groot skottels vleis kon braai?   Enige vleismaaltyd ruk jou sak deesdae.   Ek gaan netnou 'n beesstert opsit.   My kos moet klaar gekook en reg wees voor die groot rugby vanmiddag begin.   Dan moet daar geen steurings wees nie.  More sal ons maar weer 'n hoendertjie braai.....

Secunda

Sleep nou

Sun, 06/08/2017 - 15:07

Het gister lekke kaaswors en bout tjop gebraai saam n rooi wyn lekke

Centurion

Voortrekker

Fri, 11/08/2017 - 09:40

nee ek weet nie.  Lolla koop gewonlik die braaigoed. Sy sal dit dan ook alles reg kry tot op die punt waar ek net die braai bak na die vuur toe hoef te vat.

my job is om die vuur te maak en die braai werk te doen.

So... Lolla   Wat braai ons vannaand?

Centurion

Dusty

Fri, 11/08/2017 - 12:02

Sal seker oon more laat middag braai. Wil eers my dogter se ford se nokasband (cambelt) vervang. Agente se prys is te duur om dit te vervang.

Broer kom ook more kuier dan dink ek ons gaan braai en nie offerande maak nie.

Centurion

Lolla

Fri, 11/08/2017 - 18:51

Eerste speel ons tennis teen koedoepark.... En dan word daar gebraai! Anton se lekker tjoppies, worsie (boere worsie) en n hoendertjie met braai broodjies en n lekker slaaitjie! So daarsy my Voortrekker maak seker die kole is ready. 

Centurion

Voortrekker

Fri, 11/08/2017 - 18:54

Dankie Lolla, dit klink heerlik.

 

Jy is die kaas in my braai broodjie, die sousie op my slaai, die suiker in my koffie, die turbo in my diesel motortjie!

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 11/08/2017 - 20:02

Ag my moeder, kyk nou net hoe oulik en liefdevol is Voortrekker en Lolla!  

Hmmm. julle sal ons oueres van dae sommer weer djonk en djukkerig laat voel.......

heart  Love is in the air !!

 

Vaalpark

Johann L

Fri, 11/08/2017 - 21:18

Frik, daai stronke is verseker 'n wenner, ongelooflik hoe lekker kole dit maak. Hoe gaan die hand aan na die operasie?

@Freda, die tweetjies vry nou sommer so openlik oppie forum, sal ons vir hulle sing....?

Centurion

Voortrekker

Sun, 13/08/2017 - 09:37

Dankie Lolla dit was heerlik.  Skaap tjoppers met 'n heeeerlike vark ribbertjie en 'n dun karoo boereworsie.  Afgerond met aartappel slaai, mengelslaai, knoffel broodjie en natuurlike braaibroodjies!

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 29/09/2017 - 16:21

Nee, ons braai nie vanaand nie.   Sal more vuur maak met die rugby en tjops en wors braai.  Vanaand maak ek Kassler varktjop in die pan.   Met stirfry kool en spicy rys.

Centurion

Voortrekker

Fri, 29/09/2017 - 16:34

Hehe - ons braai ook nie. Lolla oefen tennis tot laat en ek speel met 'n toddler en kleuter.

ek is seker hier het nou so 'n paar druppels begin val

Centurion

Voortrekker

Fri, 05/01/2018 - 17:26

Dit is die eerste Vrydag van 2018!    Wat braai jy vannaand?  Dit is rede om weer fees te vier! 

Lolla het vir ons lekker skaap tjoppies gekry saam met boerewors en ek hoor daar gaan ook braai broodjies en aartappel slaai by kom! smiley​​​​​​

Lekker Vrydagaand vir almal! yes

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus