Vandag is 19 Desember 2021. Ek is nie 'n kamper nie (moet my asb nie stenig nie), maar my dierbare skoonouers is MALKAMPERS. So vir Kersfees gaan ons vir hulle kuier en saam met hulle kamp.
Ek hou van lekker kos en ek hou daarvan om lekker kos te maak en lekker kos op te dien vir my vriende en familie.
My idee vir Kersete is 'n ontbeende gerookte varknek, beestong en 'n pasta slaai (met Peppadew, Feta, Biltong en Olyf olie)Skoonma se Aartappel slaai (vir Skoonpa wat nie die Pasta ding doen nie) en dan die Potbrood, meer 'n "Partybread", met klein balletjies deeg wat met versillende variante gedek word soos sesame saad, knoffel botter, gekarameliseerde uie, kaas, ens.
Sal julle fotos stuur van die ete.
En waar is....
....die dam nogal. Mens kan dalk as dagbesoeker daar opdaag![]()
Nie Kamper ...
Eerstens baie welkom hier op ONS Kampforum. 👏👍
Dit wil vir my voorkom of jy tog uitsien na die kamp by die dam ?
Dan wil ek vermoed jy gaan lekker resepte met ons deel ?
Geniet die kamp en ek hoop dié gogga gaan jou byt. 😉





Nooi
Miskien moet jy ons liewer nooi....fotos kan nogal bedrieglik wees🤣